Kerk in vlamme ná betoging oor grondbesetting

vuurvlamʼn Kerk is Sondagaand aan die brand gesteek gedurende ʼn gewelddadige betoging in Kalkfontein naby Kuilsrivier in die Wes-kaap.

Kol. Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die kerk deur betogers aan die brand gesteek is. “Soos ek verstaan, is die betoging ʼn voortsetting van die grondbesettingbetogings wat oor die naweek plaasgevind het,” het Kinana gesê.
Niemand is in die brand beseer nie en die polisie het nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

Kinana kon nie bevestig of die betogings gekoppel is aan soortgelyke betogings wat in Maart vanjaar plaasgevind het nie. ʼn Stadsraadhuis wat deur ʼn polisiebeampte gehuur was, is met ʼn petrolbom bestook deur ʼn groep grondbesetters wat uitgesit is nadat hulle onwettig grond beset het. Sedert Maart is verskeie stukke grond in die area wat aan die stadsraad behoort, beset.

Lede van die openbare orde polisie-eenheid sal op die toneel bly, het Kinana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marie Botha ·

Wat ek nie kan verstaan nie is DAT die sap weet dit is die eff maar daar word..sal..kan of wil niks daaraan doen nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.