Kerk instrumente kwyt ná geraas-klag

Foto: Verskaf.

Daar is Sondag op die Forward in Faith Ministries-kerk in die Alberton-omgewing se kerkinstrumente beslag gelê ná verskeie geraasverwante klagtes.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie (EMPD), het gesê die voorval het omstreeks 10:15 op die hoek van Helston- en Voortrekkerstraat plaasgevind.

“Daar is beslag gelê op tromme, luidsprekers, klankmengers en ’n klawerbord,” het Mokheseng gesê.

Die kerk is ook ’n boete van R1 500 opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

jan_alleman ·

hoogtyd , party van die sogenaamde kerke is net geldmaak foefies en hulle hou van geraasmaak en om dan te probeer skuil agter christendom , Christus en die apostels het dit juis duidelik gemaak jy moet nie ander aanstoot gee nie , so hulle moet maar bietjie stiller gospel volgende keer

Rina Coetzer ·

Dan moet jy maar hoop jy maak nie die hemel nie. Volgens die Bybel wat ek.lees word daar 24 uur deur miljoene engele gepraise en worship. Eish. Klink vir my reg. ???

Anneline L ·

Jan-alleman.. dan wonder ek wat jy van Dawid sou se wat kaal gedans het terwyl hy die Here aanbid het.. of het jou Bybel nie daardie gedeelte in nie?

Willem ·

As jy God prys , moet jy teenkanting verwag. Dus normaal. Amen !

Leahim ·

Ek weet nie wat die rede is dat die kerk se musiek instrumente gevat word op n sondag nie maar wat nou van die oom van 80 wat ontvoer was.Ek weet die polisie sien dit as n vermiste persoon .

Theo Baumann ·

Dit is reg dat hierdie geldmakers vasgevat word……

Boerseun ·

En wat van vrydae 12 uur se geskreeuery op luidsprekers?

Sarel Strydom ·

Kla oor bure wat lawaai dan gebeur niks want is kamtig hulle reg om partytjie deurnag partytjie te hou. Of die ou start sy grassnyet 6 uur Sondagoggend want het nie tyd in die week nie.

mae jardine ·

Stem saam daars glo nie meer so ding soos rusverstoring nie wys jou hoe siek ons samelewing geword het die bure mag raas maar jy mag nie God aanbid nie nee ai tog

Pieta ·

Ek sal my beuel kom blaas daar waar jy woon ….ons verheerlik God as die son opkom met beuels en trompet en dromme.

Mariska ·

Wat is dan foud met ‘n bietjie worship vir die Here?

Make a joyful shout to the Lord, all you lands!
Serve the Lord with gladness;
Come before His presence with singing. – Psalm 100:2

Let them praise his name in the dance: let them sing praises unto him with the timbrel and harp. – Psalm 149:3

Make a joyful noise unto the Lord, all the earth: make a loud noise, and rejoice, and sing praise. – Psalm 98:4

Patrick ·

Het jy die klanktoerusting op die foto mooi bekyk. Dis die tipe wat jy gebruik om ‘n stadion soos Ellispark met klank te voorsien, nie ‘n kerk nie. Jy kan “praise” en “dance” tot jy flou neerslaan maar die hele dorp hoef nie saam te luister nie.

Ballingskap ·

Amos 5
23) Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.

Amos 6
5)Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!
6) Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.
7) Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal ’n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.
8) Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het ’n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
Hoséa 5
14) Want Ek is soos ’n leeu vir Efraim, en soos ’n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.
15) Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek In hulle nood sal hulle My soek.
Hoséa 6
1) KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.

johan ·

Ja daar moet seker musiek wees maar wat is fout met orrel. Hierdie luidsprekers hoort by n rockband soos Ac Dc of so.

O aarde ·

Mariska, haal sommer die versies in Afrikaans aan. Dan kan ek dit ook verstaan. Die Engels is regtig nie nodig nie.

June ·

Ek woon op n klein dorpie waar die selfaangestelde pastoor party Sondagoggende kwart voor vyf begin lawaai oor n luidspreker, dit is senutergend. Allerhande moordgedagtes kom in jou kop op. As sy preek nog sin gemaak het, maar al wat jy hoor is ‘broer, suster en amen. Ongelukkig is dit nie n ‘amen’ wat die einde van sy preek aankondig nie.

bgj van der westhuizen ·

wel as jy naby van die so genaam de kerk bly sal jy verstaan hoekom dit gedoen is

Oom Koos ·

Waarom al díé “entertainment” om die kerk vol te kry? Is toewyding aan die Here nie meer belangrik nie? Ek weet van talle jongmense wat die NG Kerk vol sit en saam “praise and worship”, maar tuis is dít saamwonery buite die huwelik, drankmisbruik en selfs dwelms. Daarteen preek die NG Kerk nie; lok net met orkeste mense om Kerk toe te kom, maar preek net “liefde”. Oor God se haat vir sonde word stilgebly.

tannie Stienie ·

kolskoot. beste van alles is, ds se kinders bly ook saam. dan staan die jong mense tot stilte geskok. want hoe kan liefde dan sonde wees? n saamwonery resorteer nie volgens hulle as egbreek nie.

msp ·

Nou wat van die oyens wat veral die uinde van die maand party tot wat se tyd van die oggend en dan sit hulle buite hul huise met hul karmusiwk kliphard. Suip hulle dronk. Pis op die sypaadjies bemors dit met biwrbottels en as jy die polisie bel dan word daar niks gedoen nie. Dis duidelik dat die mense wat kla oor die kerkmusiek nie die probleem bure het nie want dan sal hulle op hul kniee gaan en eerder bid vir die kerk musiek.

fm ·

Sommige van die gemeentelede gaan selfs in ‘n beswyming of val flou neer van opwinding of verloor beheer oor hulle blaas van euforie wanner die orkes begin speel met groot geraas en die Prediker begin gil en skree. Dit duur somtyds baie lank voordat hulle oë weer normaal raak na so ‘n opsweep tot die beswyming stadium en broek natmaak sessie in die Kerk. Miskien is die maar seker wat opregte geloof is.

Pocahontas ·

Of die duiwel se manier om ons christene goedkoop en maklik te laat lyk…

Meraai ·

Vriende van my het oorkant een van die opskiet kerke gebly. Kerk het begin in ‘n tent in die park voor hulle huis. Later is ‘n sink struktuur opgesit. En hulle het begin dromme slaan en raas op ‘n Saterdagoggend en dit het aangehou tot Sondag wie weet watter tyd. As jy daar kuier kan jy nie buite sit en lekker kuier nie. Self in die huis was dit ‘n geraas gewees. Dit het tot die besluit gekom hier moet ons weg en kla by die stadsraad het nie gehelp nie. Hulle het verkoop en getrek. Nou kan mens rustig by hulle kuier sonder die gedoef van iets in die verte.

MM ·

In Bloemfontein gebeur die geraas ook. Bly oorkant ‘n skool wat se saal nou gebruik word vir koor en dromme musiek.
Daar staan net +- 5 karre maar die geraas klink soos ‘n skare …

Ballingskap ·

Dink julle hulle sing David se Psalms (“boring” vir sommige mense maar tot eer van God) of lekker gees opwerk lietsjies met ritme (pop musiek met ydele herhalings)?

Speedguard ·

Nie meer lank nie dan gaan hul die Kerk klokke ook afhaal, soms pla dit as jy naby ‘n Kerk woon , so beweer hulle !, Pasop vir Wolf-Wolf skree !!

Die Skriba ·

Lekker lag ek nou vir sommige kommentare :))

Vir kennisname: ‘n “Ministry” (Bediening) is nie eintlik ‘n Kerk in die strengste sin vd woord nie. ‘n Bediening is ‘n Christelike besigheid wat ‘n eienaar of hoofaandeelhouer het, byna soos ‘n Pty of BK.

‘n Kerk behoort aan die gemeente en “eienaarskap” word van geslag tot geslag oorgdra, soos bv by tradisionele Kerke soos NGK, Hervormers, Anglikane, Baptiste, AGS ens.

‘n Leraar moet natuurlik leef en verdien ‘n salaris. Maar kyk gerus na die instansie se grondwet, bv wat gebeur met bates indien die instansie sou ophou bestaan en luister mooi na waarvoor die fondse gaan. As dit is vir ‘n Bediening se nuwe geboue ens, is die kanse baie goed dat die gebou aan die kerkleier, en nie aan die gemeente nie, behoort.

edward Shawe ·

Wat jy waar kry? Mensig maar dit is nou waaragtig n opmaakstorie.

Die Skriba ·

@edward

Persoonlike ervaring

Het situasie van kerksplit beleef toe ontdek die gemeente die kerkeiendom behoort aan die leraar in persoon, deur sy Bedienings-besigheid, nie aan die gemeente wat eintlik daarvoor betaal het nie.

Vergewis jou van jou kerk/gemeente/bediening se grondwet.

Kyk maar na dinastie-tipe Bedienings soos Oral Roberts, John Osteen, Rhema ens. waar die prediker altyd deur sy kind opgevolg word. “Keeping it in the family”

KOOS HARMSE ·

as dit rustige kerkmusiek is geen probleem maar as dit kom met hier gedoef doef dan glo ek nie dat dit meer net kerkmusiek is nie. wat van al die gedoef in die motors wat gery word deur jonk en oud. partymaal ratel alles in jou huis as hulle verby ry.maar dit is ok.by ons sodra die klok lui begin honde te tjank wat is dit anders as rusverstoring.ek se net vee eers voor jou eie deur voor jy oor iemand ander sinne kla

nannie ·

Nou-ja ek het naby n kerk gewoon wat n horlosie het. Die horlosie het die half uur en uur geslaan vir jare vandat ek n kind is. Nou het die bure om die kerk gekla oor die afslaan van die ure en die kerk moes dit stop. Nou n doodstille horlosie.

Chris ·

Hier in Alberton doen die Metro Polisie hulle werk. Die kerk het heel waarskynlik n skriftelike waarskuwing ontvang maar as jy die ignoreer kry jy n boete en jy is jou geraas toerusting kwyt. Wel gedaan Ekurhuleni Metro Polisie. Mense gebruik die rede hulle het regte en baste met die ander se regte. Bure lanks ons het ook n skrikbewind met hulle harde musiek gehou toe kla ek skriftelike. Hulle het toe hul waarskuwings brief gekry en nou is dit weer rustig. Mense moet gaan kla want daar is by wete en ook n nationale wet oor geraas besoedeling.

Anoniem ·

Ek glo ook in Christus Jesus. En ek wil Hom ook loof en prys met jubel en sang maar regtig mense kom ons wees eerlik party gemeentes doen dit so hard dat jou ore dit nie kan he en dit is ook n rede hoekom ek nie meer dienste by ons gemeente in Kempton Park bywoon nie. Ek is seker dat daar munisipale regulasies is wat moet gevolg word. Dan het party kerke nog n bord buite wat se Stilte asseblief maar hulle maak die meeste lawaai. Kom nou wees redelik se die bybel nie dat ons orderlik moet wees.

Irene ·

Geen wonder SA is in so a gemors nie mense kla en kla elke dag vir nonsens nie
Gaan liewers op jul kniee en bid maar nee wil ook nie bid nie bid net wanneer iets in hul lewe skeef loop

Christen ·

mooi so Irene !!!!! as hulle begin bid, verhouding met die Here het. n Werklike diepe verhouding. Sal SA n plek wees van vrede, blydskap en Liefde.

Koos B ·

Mariska kom kuier op ‘n naweek by ons en kyk of jy ‘n normale gesprek kan voer hetsy binne of buite ons huis,Om die lawaai te raporteer help niks so ons kyk maar om verhuis voordat iets lelik gebeur.Terloops ons bly in Pretoria-Wes so ‘n kilometer vd die kerk af.

Alida ·

Of jy die Here dien in stilte en ordelikheid aan die dag lê of in jou binnekamer alleen is presies dieselfde. Hoekom ‘n rockband gebruik.

Amvi ·

Baie weet nie rerig van die sogenaamde kerke nie. Dit is meer soos ‘n tipe social club. Die musikante kan nie juis noot hou nie en die area buite die kerk perseel word bemors en so gelaat wanneer almal uiteindelik vertrek.
Hulle parkeer op sypaadjies en staan die strate vol en gesels. Kyk die “kerkgangers” wat verlede week twee metro lede aangeval het na kerk?

oerman. ·

Niemand sal ooit oor selfde onderwerp saam stem nie. Dis altyd net n gemoan en groan. Dis grootword tyd mense.

Mandie ·

Hoop hulle doen dieselfde met kroee in woonbuurte wat tot 3uur in die oggend kliphard musiek speel. En vang dan sommer die dronk blikskottels wat dan huistoe ry ,en almal op die paaie se lewens in gevaar stel. Lekker dubbele standaarde

AMANDA ·

In stille eerbied sal ek my GOD wat HEILIG is ontmoet. Party hou jeans en tekkies kaal en skrale bandjies geen hoof is toe…. Maar kom dit by troue hou dan word daar gedress dat dit bars…. Dit is asof lofprysing ontaard het in party hou. ONS GOD IS DAN GEORDEN………. HEILIG HEILIG HEILIG IS ONS GOD!!!!

Fanus ·

Ha ha stem saam oor die lawaai makers. Was al in van die lawaai makers sektes se babaloniese gewarboel tot my spyt toe ek nog onbekeerd was waar daar geen verskil tussen n rock vertoning en sogenaamde kerk vertonings is nie!

Albertonian ·

Daardie kerk huur hulle plek in ‘n gebou reg in die dorp. Oorkant hulle is ‘n parkeer area en langs hulle, winkels wat nie eers oop is op ‘n Sondag nie.
Hulle is al jare daar.
Die gebou het nou nuwe eienaars, wat heel duidelik nie ‘n kerk daar soek nie.

Edward Shawe ·

Loof Hom met die Tromme, loof Hom met die Harp. Alles wat asem(Konsertina, Trekklavier trompette)het loof, loof die Heer. Alle attehiste en antichriste sal ons Christene haat. Maar wat maak dit saak. God bly ons Verlosser. Die ewige Koningryk is vir Sy kinders. Die hel en ewigbrandende vuur is vir jou attehis en antichris.

J. J. O'Kelly ·

Almal wat so vryelik kommentaar lewer, wanneer laas was jy op ‘n Sondagoggend/aand indie kerk, dan sal die ander kerke se “lawaai” jou nie steur nie, want jy sal self in die kerk wees?

Pocahontas ·

Ek stem. Polisie doen net hul werk. As n christen neem mens hou medemens in ag.

Penellope Jones ·

Sjoe, die berig en kommentare laat mens sprakeloos.

Anneke ·

Hoog tyd dat daar iets aan gedoen word. As hulle so wil raas moet hulle eerder hulle plek van geraas skuif uit die woonbuurte uit. Die verdomde kerkklokke op ‘n Sondag is net so pes. As die christene (en ook ander gelowe wat dit gebruik) gaan lees waar die gebruik van die lui van die kerkklok eintlik vandaag kom, breek hulle dit vandag nog af maar omdat hulle geleer het dis hoe dit is in die gang-opvoeding wat hulle gekry het, dink hulle dis reg en aanvaar hulle dit maar. Alles een siek spul wat “geheilig” word namate die denk vermoë.

Wil net sê ·

Julle is baie gelukkig. Volgens my is dit ook ‘n Munisipale Wet (in Mbombela) dat geen luidsprekers of harde musiek in woongebiede mag gebeur nie, Mbombela se Polisie voel glad nie dieselfde hieroor nie. Ek moet eerlik sê dat die Moskee in Nelspruit nie onder hierdie Wette bedryf word nie…..blykbaar het hulle, hulle eie stel reëls. Verder is daar ‘n nagklub wat reg langs een van die ouetehuise in Nelspruit oopgemaak (Macadamia naby Valencia) het en dit is blykbaar ook nie ‘n probleem nie aangesien die Munisipaliteit ‘n permit uitgereik het. Hulle word toegelaat om ‘n hele naweek vanaf ‘n Vrydag tot Sondag tot en met Maandag oggendure GROOT te gaan met partytjies ens. Polisie mag blykbaar niks daaraan doen nie want hulle het ‘n permit………….dis darem lekker om somtyds aan niemand om jou hoef te dink nie en jou eie reëls te volg. Sê maar net……………

ELLA ·

ek is nou mooi gatvol vir geraas. my buurman werk inni garage met elektriese skaafmasjiene tot wie weet watter tyd inni nag. kanie verstaan hoe kan mens nie ander mense in ag neem nie , maar as jy lawaai is die hel los, wens almal wat geraas beoefen as ‘n stokperdjie moet maan toe imigreer,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.