Kerk ook besorg oor haatspraakwetsontwerp

Argieffoto

Argieffoto

Die NG Kerk het in sy nuusbrief, die Kerkbode, gesê die kerk is bekommerd oor die voorgestelde wetgewing waardeur die regering haatspraak en haatmisdaad wil bekamp.

“Die waardigheid, vryheid en gelykheid van individue moet beskerm word. Die NG Kerk is egter bekommerd oor die voorgestelde wetgewing waardeur die regering dit wil doen,” lui ʼn rubriek.

Die kabinet het in Oktober aangekondig die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade is goedgekeur vir openbare kommentaar. Die wetsontwerp, wat oorspronklik opgestel is om net voorsiening vir haatmisdade te maak, is later aangepas nadat verskeie voorvalle van haatspraak wyd opslae gemaak het op sosiale media.

Die publiek het nog tot Dinsdag, 31 Januarie, die geleentheid om kommentaar te lewer teen die voorgestelde wetsontwerp teen rassisme, wat daarop gerig is om haatmisdade en haatspraak te hanteer.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, skryf in die rubriek “haatspraak” word in die konsepwet baie wyd omskryf. “’n Vae en wye definisie het die gevolg dat inbreuk gemaak word op ander regte soos vryheid van spraak wat maklik gebruik kan word om kritiek teenoor die regering en ander instellings te onderdruk,” het hy gesê. “Die kerk meen huidige wette teen “haatspraak” in Suid-Afrika behoort voldoende te wees, en bykomende wetgewing in hierdie verband lyk oormatig en oorbodig.”

Volgens Claassen het dié wetsontwerp die potensiaal om die hele geloofsgemeenskap van Suid-Afrika negatief te raak. “Terwyl dit die klaarblyklike bedoeling van die wetsontwerp is om rassisme en xenofobie te bekamp, kan die breë definisie van haatspraak ’n ernstige impak op vryheid van spraak hê, veral op vryheid van geloof. In dié opsig word die integriteit van die Grondwet in gedrang gebring,” het hy verduidelik.

Hy meen die vryheid van uitsprake deur die kerk oor omstrede sake met betrekking tot
geslag, seksualiteit, voortplanting, huwelik, genadedood, dissipline en straf, etiek en moraliteit, sal ook ernstig beperk word.

Die kerk is van voornemens om beswaar aan te teken teen die wetsontwerp. (Lees die volledige rubriek hier.)

Maroela Media het vroeër berig die vakbond Solidariteit verwerp ook die wetsontwerp teen rassisme omdat dit onvolledige beskerming aan minderhede bied teen mense in magsposisies wat hulself skuldig maak aan haatspraak. “Die wetsontwerp, soos hy nou daaruitsien, hanteer haatspraak en rassisme tussen landsburgers op ʼn horisontale vlak,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Ons probleem in Suid-Afrika is juis op die vertikale vlak waar politici, amptenare en parlementslede rasse-uitsprake maak, soos in die geval van Julius Malema. ʼn Wet soos hierdie moet ʼn Julius Malema tronk toe stuur. ʼn Wet soos hierdie moet sorg dra dat iemand soos Julius Malema sy rooi oorpak vir ʼn oranje oorpak verruil.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum het gesê sy organisasie staan ook die wetsontwerp teen. “Binne hierdie konteks van dubbele standaarde rakende rassisme, behoort daar groot kommer by wit mense te heers dat die nuwe Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak net ʼn nóg groter stok is wat die regering soek om wit mense mee te slaan,” het hy gesê. “Veral noudat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) met die bekookte klagtes teen min. Pravin Gordhan duidelik getoon het dat hulle polities gedienstig is aan Zuma en sy bondgenote, is dit hoogs waarskynlik dat die NVG ook nie sal huiwer om selektiewe vervolging toe te pas om gedienstig te wees aan die Zuma-regering se pogings om wit mense as die enigste ‘sondebokke’ uit te sonder nie.”

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling het in November 2016 aangekondig daar is besluit om, in belang van alle rolspelers en die publiek, die sperdatum vir die indiening van kommentaar op die wetsontwerp te verleng. Die publiek het nou tot 31 Januarie 2017 kans om hul insette na die departement te stuur. Die vorige sperdatum was 1 Desember 2016.

Die publiek kan beswaar aanteken teen die wetsontwerp deur ʼn e-pos te stuur aan T Ross by [email protected].

Die Christen-organisasie ForSA het in ʼn verklaring op sy webwerf die publiek genooi om hulle by die e-pos in te sluit by [email protected].

Lees alle vorige berigte oor die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frederik ·

Wat is haat misdaad anders as moord en slagting op ‘n ander ras. Nie woorde wat geuiter word nie maar waar kosbare lewens vernietig word. Dan word die sogenaamde toepassing net op een ras afgedwing.

Jan maak n Plan ·

EK stem volkome saam met Kallie Buys se sienning. Dis net die wittes wat aan die pen sal ry. Die ANC regering maak maar dieselfde soos die Nazi’s met die Jode gedoen het. Maar hulle moet op pas die wiel draai al draai hy stadig.

snoefie ·

aan gesien kallie buys nie in bostaande berig genoem word nie, neem ek aan sy kommentaarwas alweer as polities inkorrek geag.

Sune van Heerden ·

Dagsê Snoefie

Daar was nie enige leser met die naam “Kallie Buys” wat kommentaar gelewer het nie. Ons vermoed Jan maak ‘n Plan verwys na Kallie Kriel van AfriForum en het sy van net verwar met Flip Buys van Solidariteit.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

spykerman ·

So word die Suid Afrikaanse burger of dalk net die Afrikaans sprekendes aan bande gele. My liewe aarde. Wat is dit anders as gewetensverkragting? Om te swyg as verkeerde dade gepleeg word, is baie erger sonde as om die verkeerde dade te bespreek en uit te wys. Wat is haatspraak? Om die waarheid te praat? Die waarheid in gekruide taal? Om te se wat jy voel? Om te se wat jy elke liewe dag beleef? Dit getuig mos van die waarheid. Self al kom dit in gekruide taal.

Johann ·

Dr Claasen pedaal jou liewer by jou kerksake wat hand uitruk en los die politiek vir die politiekuste

SusanC ·

Ek stem dit gaan net teen ons tel. Want die “rassisme” kaart word oral betrek. Dit gaan lankal nie meer oor rassisme nie. Hul haat ons en dis hoekom hul ons uitmoor dag na dag. Begin liewer aan ñ oplossing dink om die moorde op ons te stop

John ·

In alle kommunistiese diktature word monde gesnoer en eiendom gegryp. Waarheen is ons oppad? Raai. Dink aan ‘n lekker dik sigaar…

Paul ·

En jy het seker die hele wetsontwerp aandagtig deurgelees, Johann, né?

Pete ·

In Kaapstad keur die Stadsraad dit goed dat mense, selfs met hulle kinders, jaarliks poedelnaak in die strate mag ry. Dis banale openbare onsedelikheid en verseker onwettig. Die NG Kerk was tot dusver doodstil daaroor, soos ook die res van die geloofsgemeenskap. Vreem dat hulle nou ontsteld raak.

Poedelnakend kaal. As julle my nie glo nie, google dit.

Paul ·

O wee! En hoeveel mense is al dood weens hierdie verskriklike optrede?

wilma ·

Net wittes sal vervolg word. Ons sien dit reeds. God please safe us from this Communist Govt.

Daan ·

Ek is eintlik nie bekommerd nie, lees vandag dat tot kruisie om jou nek in die moeilikheid kan laat beland met die wet, maar wat dan van die Moslems met hulle kleredrag? ek kan nie sien dat die wet van die grond af gaan kom nie en dan indien moontlik, hoe gaan hulle dit hanteer as mens vergelykings begin doen tussen gelowe?
Die belangrikste, die Here sal dit nie toelaat nie

Dan ·

Kallie Kriel se opsomming is raak. Die plan agter die Wetsontwerp gaan egter oor baie meer as net sg. haatspraak en die inperking van spraakvryheid – dit is net die begin van die tweede laaste aanslag. Die kommunistiese outjies is te slim vir die “polities korrekte” blankes van wie meeste so jaag na geld en plesier. Die ogies is toe en bly gesluit, die direkte gevolg van ‘n vervalle volk.

Elizabeth ·

Rassehaat is iets wat deur families oorgedra word en in Suid-Afrika sal dit staan totdat Families van alle rasse soos een sê, kleur is net dit; kleur en ons moet mekaar begin aanvaar en saambou aan n toekoms vir die Jeug, want met die stand van sake sal ons kinders se kinders nie n plek he in hierdie pragtige land waarin ons geseen is om te woon nie. Laat God dan ingryp en almal uitroei soos in Noag se tyd en vanvoor begin met die hoop dat Sy volgende skeppings in vrede kan saamleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.