Kerk sluit sy deur vir vlugtelinge

Vlugtelinge slaap op die trappe van die Metodiste-kerk in Johannesburg Foto: Austin Andrews, Dokters Sonder Grense

Vlugtelinge slaap op die trappe van die Metodiste-kerk in Johannesburg Foto: Austin Andrews, Dokters Sonder Grense

Die Metodiste-kerk in sentraal Johannesburg sal teen die einde van Desember sy deur sluit vir vlugtelinge, het die New Age Dinsdag berig.

Die kerk bied ʼn tuiste vir vlugtelinge sedert erge xenofobie-aanvalle ʼn paar jaar gelede in Suid-Afrika. Biskop Paul Verryn het gesê hulle sal poog om alternatiewe behuising vir die 500 mense te vind. “Ons is aktief op soek na alternatiewe akkommodasie,” het hy gesê. “Die leierskap het gesê die kerkgebou moet uitsluitlik vir aanbidding gebruik word.”

Die vlugtelinge is egter ontevrede met die besluit en het gesê hulle sal die proses teenstaan, aangesien hulle geen ander heenkome het nie en werkloos is. Blessing Mutezo het gesê hy sal teen die proses baklei. “Dink hulle hulle kan ons net uitskop? Ek dink nie so nie. Ons sal wag vir hulle. Hulle het gesê hulle soek ons nie meer hier nie, maar wat van al die ma’s en hul kinders?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leona ·

Ek kry hulle jammer, maar die soustrein is verby. Die kerk moet ook oorleef, hulle moes mos lankal ander plan en heenkome gesien het. Maar ons bly in ‘n lekker land waar almal vir jou sorg en jy hoef nie te werk nie.

adrian ·

500 vlugtelinge, die meerderheid is van Zimbabwe dus is hul geen vlugtelinge nie inteendeel die meeste wat vlugtelinge is het iewers iets verkeerd gedoen nou is hul ontevrede en sal die proses teenstaan, van hul is al jare in daai kerk en het gewoond geraak om gevoer te word en niks verder te doen nie. Die biskop is verantwoordelik vir die toestand en die gemeentelede het nou gatvol geword nou soek hy weer plek vir die mense sien die kerk was ‘n ,, one stop” vir die die sogenaamde vlugteling. Daar is ‘n antwoord …… stuur hul terug.

anet ·

Nee, die vlugtelinge moet vir Zuma gaan sien, hy moet nou vir hulle sorg. Zuma het die landsgrense oopgegooi en hulle ingenooi. Ek kan nie sien hoe hulle dit wil teenstaan nie.Gaan terug van waar julle gekom het. Net nog ‘n klomp parasiete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.