Kerk verwerp Zuma se versoek dat kerkmanne uit politiek moet bly

St George-katedraal in Kaapstad

St George-katedraal in Kaapstad

Die aartsbiskop van die Anglikaanse kerk in Kaapstad het Sondag in sy Kersdienspreek gesê die kerk sal pres. Jacob Zuma se versoek, dat kerkmanne uit politiek moet bly, ignoreer.

Die aartsbiskop Thabo Makgoba het ook die vraag gevra of geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika hul morele ondersteuning vir die regering moet terugtrek.

“Kan jy dit glo?” het hy aan die gemeente, wat die middernagdiens by St George-katedraal in Kaapstad bygewoon het, gesê. “ʼn President van ʼn demokratiese Suid-Afrika sê aan ʼn kerk om uit politiek te bly? Jy sal vergewe word as jy dink jy het in ʼn tydmasjien geklim en 30 jaar na die verlede gereis, toe apartheidspresidente dieselfde ding gesê het.

“Ek is baie tevrede dat die biskoppe in die drie Wes-Kaapse bisdomme, Kaapstad, Valsbaai en Saldanhabaai, pres. Zuma se kommentaar verwerp het en vir hom gesê het dat hulle nie sal huiwer om die politieke terrein te betree nie. Ons mense woon, werk, ly, huil en struggle hier. Ons leef ook hier en ons kan nie en sal nie ophou om te reageer op dit wat ons sien en wat in ons mening onregverdig, korrup en onaanvaarbaar is in vergelyking met God se hoë standaarde van opofferende liefde nie.

Makgoba het gesê die gemeenskappe smag na hoop en moedige leiers wat sal opstaan en die waarheid sal praat.

“As ons na 2017 kyk, sien ons ʼn regerende party wat met homself baklei, en gebuk gaan onder verdeeldheid tot só mate dat lede in die kabinet glo dat die president moet uittree. Ons sien hoe ʼn regering lamgelê word deur ʼn onvermoë om beleidsekerheid te bereik en ʼn duidelike pad vorentoe te wys.

“Gelowiges moet die vraag begin vra: in watter stadium onttrek ons as kerke, moskees, sinagoges, ons morele ondersteuning vir ʼn demokraties-verkose regering?

“Dit voel of ons terug is in 1963, binne ʼn noodtoestand, wat afgedwing word deur sorgelose en korrupte leiers wat van ons vergeet het, en ons van ons waardigheid gestroop het.

“Ek het tot dusver nog nie aangesluit by die groep wat die president vra om te bedank nie, maar gesê dat hy eenkant toe moet staan terwyl sy partyleiers die krisis aanspreek. Ons situasie dwing ons egter om te vra wanneer praat ons oor die gulsigheid, die onvermoë om die strewe na oortolligheid te beheer? Wanneer maak ons die name van die bedrieërs bekend wat nie hul onversadigbare honger kan stil vir onbetaamlike welvaart ten koste van die armstes van die armes nie?

Makgoba het egter gesê Suid-Afrika se demokrasie is lewendig. “Suid-Afrika is nie gebreek nie. Ons het ʼn gesonde Grondwet en ons het die afgelope jaar gesien dat ons weerstandige instansies het. Die howe, veral die grondwethof, burgerlike samelewing, die media, fluitjieblasers in die regering en privaat sektor, en die talle eerlike en hardwerkende staatsdiensamptenare wat ons wel het, hulle doen alles in hul vermoë.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Stem vir: ·

Stem vir Thabo Makgoba as president. Maak plek Zuma want jy is oortollig en ongevraagd met jou onbenullige voorstelle.

Cherokee ·

‘….30 jaar na die verlede gereis, toe apartheidspresidente dieselfde gesê het.’
Ek is nou nie lus om met Makgoba ‘n stryery op te sit nie want miskien praat hy die waarheid en miskien lieg hy omdat hulle graag enigiets waarvan hulle nie hou nie na apartheid terug verwys of daarmee vergelyk. As daar kommentators is wat daarop wil wys dat hy die waarheid praat (wat ek nie betwis nie maar ook nie bevestig nie) sou ek graag ‘n verwysing wou sien van enige van die ‘Verwoerds’ wat so iets sou gesê het. En indien dit gesê sou gewees het, was daar buitendien geen apartheidtisme in nie want dit sou gemik gewees het op alle rasse. En nòg ‘n rede waarom ek dit eintlik betwyfel, was omdat die susterkerke was die’s wat hulle by politiek sou inmeng en waarskynlik is dìt presies waarvan die vorige regering se leiers lede was. Een van ons vorige (eerste ministers?) se broers was selfs moderator van ‘n groot kerkgenootskap.

Jan ·

Ek het die berig net tot daar waar hy dit gesê het gelees, toe gaan presies dieselfde deur my kop en verloor ek belangsteling om te weet wat hy verder gesê het. Plaas dat hy ook name genoem het met datums en per watter geleenthede dit gesê sou gewees het by. Nou weet mens nie of hy dit uit die duim gesuig het en of hy een van die tien gebooie oortree het nie. Dan noem hy homself ‘n aartsbiskop.

Chris ·

Ek glo dit is nogal waar in daardie tyd het kerke apartheid regverdig en toegepas. Laat my dink die destyde eerste ministers het wel n aandeel daarin gehad.

Jan ·

Chris, is ek reg as ek lees jy sê jy glo dat in daardie tyd die kerke deur die eerste minister gemaan is om uit politiek te bly? Ek sal bly wees as jy dalk so ‘n langer sin of twee kan skryf.

Jan ·

Chris, ek het vegeet om te vra, was dit Verwoerd, Vorster, PW, FW?

andrea van vuren ·

Cherokee, ek deel jou vertwyfeling. Goed gestel!

Carl Schoeman ·

Nie baie jare terug nie het die Anglikaanse Kerk en WRK geaffillieërde lidkerke om 12:00 elke dag met kerkklokke wat lui gebid vir die val van die destydse regering. Die kerk kan gerus nou bid vir die val van ‘n korrupte President en Parlement.

al ·

Ek stem saam. Ek bid elke dag dat ons gewone mense verlos word van die Zumas, Malemas en Mugabes van hierdie wereld. Ek is trots op die aartsbiskoppe se siening dat hul nie bereid is om terug te sit sodat morele verval verder plaasvind nie. Suid-Afrika se mense kan saamstaan en doen dit soms, dis die wat sekere politieke leiers dit vrees en probeer verdeeldheid saai. Ons as landsburgers moet wys ons sal ons nie onderkry nie en regoor kultuur en ras saamstaan om die gemeenskaplike vyand te verslaan.

Cherokee ·

al, ons kan nie met die gemeenskaplike vyand saamstaan om die gemeenskaplike vyand te verslaan nie. Dit is soos om geld te leen om skuld mee te betaal. En van wanneer af is die ‘Zumas, Malemas en Mugabes van hierdie wêreld ‘ nie ‘gewone mense’ nie?

Johann ·

Die arrogansie van Jakob die BEDRIËR! Watter vlak van vermeteld “funksioneer” hy vanuit? Sy dae is min en getel…hy WEET hy moet als en orals cover voor sy selfbehepte magsbasis ontbloot word. Desperaat om die waarheid te omseil. Veral as dit by geloof en gebed kom; totale vreemdheid vir hom! En blykbaar n bron van VREES vir sy gewetenlose karakter as hy vra dat die wat waarheid aanhang van hom af wegbly. Hou aan met bid vir sy val!!!!!

John ·

Zuma praat gereeld by kerkbyeenkomste en begrafnisse oor politiek. Tydens die Paasfees het hy op Goeie Vrydag ‘n groot byeenkoms toegespreek. Nou preek hy vir die predikante… nie dat hulle verwysings na apartheid my beindruk nie. Die vyandigheid van die anti-apartheidsgroepe het swaar gesteun op kerke om apartheid af te skiet en ‘n vreeslike heilige houding ingeslaan. Ek voel vere vir beide want apartheid en rassisme is hul enigste afgesaagde en opgeroeste wapentuig en lankal uit die mode… gaap… vervelig verby…

andrea van vuren ·

Ja, onthou net hy gaan regeer tot “Jesus weer kom!”

Hendrik 2 ·

zuma dink nie self nie. hy laat dink. hy praat nie self nie. sy toespake word vir hom gedoen. omrede hy net staan en sukkel om dit af te lees en groot werk het om sy bril in passisie te hou, kan hy geen woord onthou wat hy gelees het nie. mô praat hy heel anders en ons weet dan ook nie wat hy regtig bedoel nie. so gaan dt met al sy toesprake. ek dink hier is geen mens meer wat in die regering gaande is nie. did duidelik dat zumpie veghol van Godsdiens. Ons sien dit in die parlement,skole.in hul vergaderings wat bo alles op Sondag gehou word. happy hollidays afskaffing van 16 Desember ens.

Johann ·

Politiek en kerk meng werk nie, plaas dat Zuma daar wegbly, hy gee beide net ‘n slegte naam, ‘n stiegma wat daaraan kleef.

al ·

Cherokee, ons gemeenskaplike vyand is moord, korrupsie, verkragting, molestering, magsmisbruik, selfverryking. Ek stem nietemin saam dat hy nie nodig gehad het om apartheid voor te gooi nie maar miskien is dit ook n angel vir zuma wat graag apartheid op haal en nou vergelyk word met apartheid leiers.

Mhlato ·

Zuma sal meer ondersteuning kry indien hy sou vra dat politiek uit sport uit bly!

Slimjan ·

Hoekom is daar nog steeds mense wat terug verlang na apartheid, dit verdedig? Dalk verlange na die vleispotte van gister?

Bruno Stef ·

Zuma se oggend en aandpraatjies kom ook nie ooreen nie.Ray mc Cauly van die Rhema kerk het die einste Zuma dan aangestel as n Ere pastoor in sy kerk of hy moet bedank as leraar of dan as politikus homself ontrek.

Anoniem ·

Die datum van 1963 word verwys na die Groepsgebiedewet wat ingestel is en weer in 1992 afgestel is. Deur daardie jare was gedurige onmin en twis gesaai en was daar ALTYD moeilikheid. Zuma verbeter nie die situasie deur die Gondwet behoorlik te implimenteer of te verstaan nie, maar maak deeglik gebruik van daardie tydperk en blameer die Blankes (Wittes), soos in sy toespaark van 16 Desember genoem is. Hy will alle finansiele instellings uit die Wittes se hande kry om verder korrupsie te pleeg deur sy kabinet te kies wie vir hom is. Solank aswat hy in die kabinet en as president van die land is sal daar nooit vrede kom nie. Iemand moet hy blameer, al is dit die kerke. Dit is sy laaste poging om onmin in die land te veroorsaak. Instede om self sy siel en gewete en alles wat in hom steek aan die Here op te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.