Kerk vies oor Twee Oseane op Paassondag

(Foto: Twee Oseane Marathon/Facebook)

’n Groep kerke in Vishoek in die Kaapse Skiereiland is ontevrede daarmee dat die Twee Oseane-marathon op Paassondag plaasvind en wil ’n stokkie voor hierdie gewilde wedloop steek.

Volgens die Vishoekvallei-kerkegroep – wat meer as 5 000 gemeentelede verteenwoordig – sal die wedloop ’n impak hê op gemeentelede wat op dié dag nie in staat sal wees om die oggenddienste by te woon nie. Dit is weens talle paaie wat vir die wedloop gesluit sal wees.

Die Kaapse stadsraad het teen Woensdagoggend nog geen nuus gehad nie oor die permitte wat hy moet toestaan vir vanjaar se Twee Oseane-marathon.

Maroela Media het vroeër berig die stadsraad is reeds in gesprek met die organiseerder van die marathon, nadat hy klagtes van kerke en ander organisasies ontvang het in dié verband.

Deel van die stadsraad se permitteproses vereis dat organiseerders van ʼn byeenkoms deeglik met betrokke partye sal konsulteer. Organiseerders moet ook verligtingsmaatreëls aan betrokke partye voorhou.

Dié kerkegroep het op 18 Maart ’n brief geskryf aan Geordin Hill-Lewis, burgemeester van die Kaapse-metro, en gesê dat hy nie by die gesprekke om die marathon op Paassondag te hou betrek is nie.

Die kerkegroep het in ’n verklaring gesê hy is uiters teleurgesteld oor die onsensitiwiteit waarmee die wedloop se organiseerders en die Kaapse stadsraad die besluit geneem het om voort te gaan om die wedloop op “hierdie spesifieke heilige Sondag” te hou.

“Daar is absoluut geen verskoning vir die doelbewuste uitsluiting van die Vishoekvallei-kerkegroep in die besluit om voort te gaan met die wedloop nie,” het die groep in ’n verklaring gesê.

Volgens die groep word die kerke reeds verontrief met ander geleenthede – soos die Kaapse-fietstoer – wat gewoonlik op die tweede Sondag in Maart geskeduleer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marius ·

Daar is tans geen erkenning of ontsag vir Christelike vakansie dae nie. Die wat deelneem is net so skuldig. Jy het ‘n keuse…

Phillip ·

Daar is mos n Saterdag daar is n Maandag om dit tereel hoekom op n Sondag dis erg genoeg dat motersport op n Sondag ry

Christine ·

Daar is nie meer eerbied vir God nie, sport en vermaak is die gode van die dag. Ek is self ‘n atleet maar ek sal op ‘n ander dag verniet langs die see gaan hardloop. Ons is só bevoorreg om nog in ons land vrylik te mag aanbid op hierdie fondasie van ons Christelike geloof. Wees ons genadig Here.

Swerwer ·

Stem heel hartig saam met die Kerke. Paasnaweek is baie spesiaal en moet eerbiedig word. Ongelukkig vir die kommunis bestaan daar nie so ‘n woord soos “eerbied” nie. Maar so maak ons ou nasetjie hulself ook skuldig om deel te neem. As daar geweier word om op Paas Sondag deel te neem aan so ‘n massa Sport byeenkoms of enige ander Sondag sport, sal die Organiseerders genoodsaak wees om dit op ‘n Saterdag te hou. Dit is deel van ons land se ondergang, die feit dat alles maar net aanvaar word en ons as Christen nie meer Sondae en Christelike Vakansiedae eerbiedig nie, wat nog te sê van 16 Desember om ons Voorvaders se Gelofte aan God te verontagsaam.

Catherina ·

Behoort GEEN sport op n Sondag of Helige Dag te wees nie

Arno ·

Die kerke het al jare terug net soos die politieke partye geword, elkeen glo in sy eie storie, so doen wat julle moet doen en los die mense wat die dag in die buite lug wil geniet. Die marathon is nou al jare aan die gang hoekom nou ‘n boo-haa van dit maak, wragtag!

Tante Toekie ·

Saterdag is die Sabbat – die 7de dag. Sondag is die 1ste dag.

MakersMark ·

Is die kerk so vies vir stand van sake in die kerk as buite die kerk?

Gideon ·

Dan wonder mense nog hoekom dit gaan soos dit gaan, want hulle respekteer nie hulle Skepper en wat Hy vir ons gedoen het nie…Dan wil julle eendag by die poorte nog genade ook ontvang…????Baie mense gaan n “wake-up call” kry, hopelik voor Sy wederkoms

Jacques ·

Volgens Maroela Media se eie meningsopname voel bykans 40% van die lesers nie genoop om die tradisionele rites vir die komende openbare vakansiedag op religieuse wyse te vier nie.

Dit lyk asof die internasionale trant is ook onder Afrikaners bespeur kan word.

Hans ·

Ina, jou uitleg van die drie dae maak heeltemal sin! Ek het nog nooit só daaraan gedink nie. Dankie vir jou inset.

Frank ·

God se bedoeling met die Sabat was sodat ons EEN dag in die week kan wy aan Hom. In die ou-testamentiese kerk was Sabat op die Saterdag, die sewende dag.
In die nuwe-testamentiese bedeling het die eerste kerke besluit geneem, om die dag wat hulle aan die Here wil wy op ‘n Sondag te maak, die eerste dag. Sodat hulle elke Sondag ook as Opstanding Sondag kan vier in erkentenis van Jesus se Offer.
So, hou jou Sabat op watter dag van die week soos jy wil, net solank jy ‘n dag van die week SPESIFIEK aan Hom afstaan (ons moet ook tog elke dag tot Sy eer leef). Maak net seker jy ervaar die rustigheid en vrede saam met jou gemeente en bring dit so deur soos wat die Vader se bedoeling met die instelling van die dag was, sodat jy dit met oorgawe kan doen. Los van die wereld se gewoel en werskaf. As jy dit op ‘n Woensdag of ‘n Saterdag kan regkry, “go for it”!!

Frank ·

God se bedoeling met die Sabat was sodat ons EEN dag in die week kan wy aan Hom. In die ou-testamentiese kerk was Sabat op die Saterdag, die sewende dag.
In die nuwe-testamentiese bedeling het die eerste kerke besluit geneem, om die dag wat hulle aan die Here wil wy op ‘n Sondag te maak, die eerste dag. Sodat hulle elke Sondag ook as Opstanding Sondag kan vier in erkentenis van Jesus se Offer.
So, hou jou Sabat op watter dag van die week soos jy wil, net solank jy ‘n dag van die week SPESIFIEK aan Hom afstaan (ons moet ook tog elke dag tot Sy eer leef). Maak net seker jy ervaar die rustigheid en vrede saam met jou gemeente en bring dit so deur soos wat die Vader se bedoeling met die instelling van die dag was, sodat jy dit met oorgawe kan doen. Los van die wereld se gewoel en werskaf. As jy dit op ‘n Woensdag of ‘n Saterdag kan regkry, “go for it”!!

Jack ·

Ek glo jy kan die Here ook op die manier dien. Hoekom is die kerke nie vies oor al die moorde en misdaad by hul voordeur nie. Hoor niks daarvan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.