Kerkdiens vir Potch-rugbylegende; drie in hof vir moord

Sias Willemse en sy vrou, Tobianna (Foto: Facebook)

ʼn Kerkdiens sal Dinsdag gehou word vir die bekende oudrugby- en oudkrieketspeler van Potchefstroom, Sias Willemse (74), op dieselfde dag dat sy drie vermeende moordenaars in die hof verskyn.

Willemse is einde September dood in sy huis op die dorp aangetref. Die diens vind om 08:00 in die Gereformeerde kerk in Wolmaransstraat in Potchefstroom plaas.

Luidens ʼn verklaring van die DA sal Chris Hattingh, kiesafdelingshoof van die party vir die JB Marks-munisipaliteit, ook die diens bywoon ter ondersteuning van die Willemse-familie. Hy sal deur mederaadslede van die JB Marks-munisipaliteit vergesel word.

Die diens is ter herdenking aan Willemse en ʼn eerbetoning van die groot bydrae wat hy in die gemeenskap gelewer het. Volgens lede van die gemeenskap laat sy dood ʼn groot leemte.

Ná die diens gaan almal dan na die Potchefstroomse landdroshof beweeg waar die drie verdagtes ook verskyn in verband met Willemse se moord. Meriam Mahlapa (20), Petrus Mahlapa (24) en Andries Mahlapa (28) is aangekla van moord en sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.

Die drie is sowat twee weke gelede in Ikageng in hegtenis geneem. Volgens berigte is een van die verdagtes ʼn voormalige werknemer van Willemse.

Willemse se liggaam is op 22 September in sy huis in Bailliepark in Potchefstroom gevind. Hy is met twee skietwonde in sy nek aangetref. Daar was ook verskeie dasse om sy nek vasgebind.

Willemse is beskryf as ʼn “groot rugbygees en ywerige krieketman” en ʼn ware “Potch-legende”. Hy is ʼn oud-Puk- en Wes-Transvaalse krieketspeler. Hy het ook op sy dag die Potch Dorp-rugbyklub as kranige speler op die veld verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

LiveAndLetLive ·

Teiken ou mense op plase, weerlose mense wat hulself nie kan beskerm nie.
Nes Dingaan destyds wat vroue, ou mense en kinders gaan dood maak het na die mans nie meer daar was nie.
Rus in vrede en alle strekte aan die familie.
Dankie vir jou bydrae in ons samelewing Mnr Willemse.

Thelsa ·

Nag ou Grote ! Hoef maar nooit vêr van die huis te soek na die betrokkenes nie. My Sendingbydrae gee ek nou maar aan arm blanke gemeenskappe.

Vriendelike Frikkie ·

Ek het nog altyd gewonder oor sendelinge wat wêreldwyd gaan rondry op gemeentes se onkostes, wanneer in hul eie land, baie keer binne loopafstand, daar ‘n geweldige behoefte vir sendingwerk is. Beide blank en swart

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.