Kerkdienste kan voortgaan, maar met voorwaardes – Ramaphosa

Pastore woon ʼn erediens by in die Yoido Volle Evangelie-kerk in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Kerke, moskees en ander plekke van aanbidding sal op beperkte wyse toegelaat word om onder vlak 3-afsondering met geloofsaktiwiteite voort te gaan.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand tydens ʼn toespraak aangekondig. Kerke was tot nou nog verbied om eredienste of enige vorm van byeenkomste te hou en sou aanvanklik eers onder vlak 1 toegelaat word om hiermee voort te gaan. Verskeie geloofsgroepe het egter ʼn versoek aan die president gerig om op beperkte wyse en onder streng voorwaardes met eredienste en ander funksies voort te gaan.

“Die pandemie het ook emosioneel en spiritueel sy tol op Suid-Afrikaners geëis en mense is angstig en bang vir wat die toekoms inhou. Ons is nie blind vir die maatskaplike rol wat geloofsleiers in die gemeenskap vervul nie. Daarom het ons versoeke van geloofsleiers af oorweeg en besluit om aan van hierdie versoeke gehoor tee gee,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa sal beperkte geloofsaktiwiteite onder vlak 3-afsondering die volgende behels:

  • Plekke van aanbidding kan dienste hou, mits nie meer as 50 mense dié dienste op een slag bywoon nie. Hoe kleiner die ruimte waar die diens plaasvind, hoe minder mense word toegelaat.
  • Sosiale afstand moet tydens dié dienste gehandhaaf word en almal teenwoordig moet ʼn gesigmasker dra.
  • Die regte stappe moet gedoen word om te verseker plekke van aanbidding word behoorlik voor en ná ʼn diens skoongemaak.
  • Enige godsdienstige aktiwiteit wat ʼn risiko vir die oordra van Covid-19 inhou, moet liefs vermy word.
  • Godsdienstige leiers kan as noodsaaklike werkers beskou word vir die doeleindes van berading en die lei van begrafnisse.

Bykomend tot dié vergunnings het Ramaphosa ook ʼn nasionale biddag vir Sondag 31 Mei aangekondig. Op dié dag word Suid-Afrikaners van alle gelowe versoek om, maak nie saak waar hulle hul bevind nie, ʼn oomblik te neem en te bid vir dié wat geraak is deur die Covid-19-pandemie, dié wat geliefdes weens die virus verloor het en ook dié wat onverpoos veg om die verspreiding daarvan te bekamp. Ramaphosa sê die tyd wat voorlê, sal aanhou om opofferings van Suid-Afrikaners te verg. “Ons moet gelei word deur die breë beginsels om te doen wat ook al nodig is om lewens te red,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

JACF ·

Met dank aan die wat meegehelp het vir die begin van eredienste wat mag plaasvind!

twaalfboor ·

Man mnr Ramaphosa….. dit sal seker werk as mens onder ñ boom kerk hou. Belaglik!!!!

Fae Fubar ·

Vodde, mense! Het ons uit die oog verloor dat die virus juis soos ‘n veldbrand versprei het na twee kerkdienste. Ja, vyftig mense klink heel aanvaarbaar in bv. ‘n kerk in die dorp. Maar onder sommige mense word dinge anders gedoen. My huis-engel bedryf ‘n kerk vanuit haar huis: daar word elke Sondag mense om die hals geval van blydskap. God word aangeprys dat die spoeg so spat. Daar word gedans en fees gevier in die Heilige Gees. Soos wat ons maar by ons kerk in die dorp ook doen. Ek weet darem nie of hierdie ‘n goed deurdagte besluit is nie. Waarom dan nie maar als oopgooi nie?

Simoné ·

Doen jy dan inkopies, tussen mense wat ook nie regtig gehoor gee aan die regering nie? Jy hoef dan nie regtig die dienste by te woon as jy nie wil nie, maar vir my is dit baie lekker om saam met my medemens my Almgatige God te dien, daar waar 2 of meer mense saamstem oor een ding, daar sal dit waar word en gebeur.

Dana ·

Ons is ‘n klein gemeente met ‘n Afrikaanse en Engelse diens Sondae oggende. Dus is 50 per diens heel haalbaar. So dankbaar ons kan weer almal saam aanbid.

Tong in die kies ·

Ek het gedink oor die onmoontlikheid om saam te sing met die masker op, maar ek het toe weer gedink . Dit is eintlik maklik. As al die gemeente lede van die gesig shield dra dan kan daar geen droplets versprei nie, en ons kan nog heerlik saam sing. Die pandemie kan en mag nie ons stemme stil maak nie. Al sit almal toegewikkel by hulle motors in die parkeer terein .SING SAL ONS SING

Adam Adriaan ·

Ek hoop dat die wat die voorskrifte gaan uitvaardig (NGZuma) sal toelaat dat die blanke gemeenskap kan saam aanbid op 31 Mei 2020. Dat dit nie weer sal wees soos wanneer daar geld uitgedeel word nie?

Carel Johannes ·

Mnr. Ramaphosa, dit klink na ‘n welkome vergunning om 50 mense op n keer uit n lidmaat tal van 1000 lidmate plus toe te laat. Indien twee oggend dienste aangebied word beteken dit dat die kerkgebou en ablusie geriewe voor en na elke geleentheid onstsmet moet word, selfs die saal as die diens na die saal herlei kan word. Dit is n bykomende koste wat min gemeentes in hierdie grendeltyd sal kan bekostig. Dit is dan wanneer jy begin wonder of sulke vergunnings die kool die sous werd is as slegs 0,5% lidmate in hierdie geval ‘n erediens kan bywoon. Kommunisme wat die gondslag van die ANC vorm, behels die miskenning van godsdiens en ‘n ware God. Nou dat die ANC regering in die moeilikheid is moet alle Suid Afrikaners vandag bid vir uitkoms?, mnr. Ramaphosa, jy sit die pot mis.

Alleen Wolf ·

Dit is wonderlik nuus vir die wat van hierdie vergunning gebruik wil maak.

Jaco ·

50 mense waar normaalweg 3000 opdaag gaan nie juis die kollektebordjies volmaak nie. Kerkleiers sal móét besef die Bybel se inderdaad “die liefde vir geld is die wortel van alle kwaad” EN ” dis makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die hemel te kom”.

piket ·

Ai Jaco, dit gaan nie oor ” die kollektebordjies vol te maak ” nie……………….

Jannie ·

Dis als goed en wel. Ek sal sê stel die kerke oop vir mense en laat elke lit sy gesig masker dra so dat kerke eerder vol wees as wat daar ontseker heid heers in die land oor wat voor lê. Daar is vir al ouer persone wat verlang om in die kerk weer te wees.

Aai ·

Ek wil ook graag kerk toe gaan maar dit is gevaarlik nou ek is ‘n Christen orals waar ek beweeg by die huis ook nie net in die kerk.So veiligheid is baie belangrik sal van huis af bid soos elke dag dat ons mense gesond sal bly en veilig sal wees.

Fae Fubar ·

Presies ja. Ons leef ons Christenskap uit deur ons optrede teenoor ons medemens elke dag. Ons bid deurlopend, nie net wanneer ons Sondag in die kerk is nie.

Racheltjie Debeer ·

Alhoewel ek baie bly is dat kerkdienste hervat mag word, wil ek net weet hoe kies ‘n gemeente nou wie mag wanneer kerk toe gaan? Ons gemeente is baie groot, die kerkraad alleen is meer as 50 mense, hoe nou gemaak?

Anoniem ·

Rachel, Julle kan dit dalk so reel met die predikant dat daar se maar twee dienste (met miskien ook een diens laatmiddag) gehou word om almal te kan akkommodeer.

Nico ·

Dit is alles goed en wel om weer die kerk dienste te mag bywoon, wil die regering nou ook die kerk dienste se bywoning regeer. Mnr. die President kyk hou gaan dit in die “township’s wat word daaraan gedoen en hoe gaan jy dit beheer.

Anders ·

Rachel spreek die praktiese implementering uitstekend aan. Hoe gaan nr 51 en hulle daarna, gehanteer word? Dis nie haalbaar om kerkgangers te laat omdraai nie. Wag dan liewer dat die ingrendeling in totaal opgehef word en gaan voort op virtuele basis? Vir my is dit so ‘n onnatuurlike situasie wat teen my hele menswees indruis. ‘n Ligpunt is dat dit mag meebring dat gemeentes in hierdie tye meer in kleiner groepe georganiseer kan word , of liewer bestaande kleingroepe kan weer nuwe lewe kry – as dit toegelaat word. Dit herinner ons daaraan dat die groot kerke uit logistiese behoeftes ontstaan het. Groter ruimtes was nodig om groter getalle van aanbidders te huisves. Nou stimuleer logistiese beperkinge weer ‘n omgekeerde behoefte.

Sharnelle ·

SA het elke dag berading nodig soos wat die aangaan met julle magsbeheer, reels en voorwaardes. Dis sinneloos dat 50 mense kerk mag bywoon maar vanaf 1 Junie gaan meer as 50 leerlinge terug skooltoe. Dan kan restaurante ook oopmaak met net 50 mense op n slag. Daar is baie meer as net 50 mense binne n winkel vir inkopies. Neeeee wat, julle getalle maak nie sin nie hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.