Kerke: Kriminalisering van rassisme ‘nie die antwoord’

Malusi Mpumlwana, biskop van die Episkopale Kerk en sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK). Foto: SARK

Malusi Mpumlwana, biskop van die Episkopale Kerk en sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK). Foto: SARK

Kerkleiers meen hoewel dit “goed klink” om rassisme te kriminaliseer, dit byna onmoontlik sal wees om dié tipe wetgewing te implementeer.

“Ek dink dis goeie regsgronde om rassisme te kriminaliseer, maar daar is rassisme om ons braaivleisvure en om ons eetkamertafels. Hoe polisieer jy so iets? Dit moet by die gesin begin,” het Malusi Mpumlwana, biskop van die Episkopale Kerk en sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), gesê.

“Dit is hoekom kerke so belangrik is om rassisme te beveg, omdat die kerk bestaan uit verskillende gesinne. Ongelukkig is die situasie steeds dat wit pastore wit gemeentes bedien en andersom. Dit is ons realiteit” het Mpumlwana bygevoeg.

Mpumlwana, die Anglikaanse biskop Allan Kannemeyer, die Metodistebiskop Temba Mntambo, die Katoliekebiskop William Slattery en hoof van die SA Development Community Circle of Concerned African Women Theologians dr. Nothando Hadebe het met verslaggewers gepraat na die herrie oor die harekwessie en beweerde rassisme by Pretoria Girls High School vroeër die week.

Bewerings is op sosiale media gemaak dat swart leerders by die skool nie toegelaat word om hul natuurlike hare by die skool te dra nie en dat rastalokke (dreadlocks), haarvlegsel- (braids) en afro-haarstyle verbied word. Een van die leerders by die skool het op Twitter beweer dat ʼn onderwyser haar eenkeer in die gang voorgekeer en aangesê het om haar natuurlike afro-kapsel plat te maak.

“As Suid-Afrikaners het ons die massiewe taak om met ons harte te werk en mense te help met hul houdings wat op ʼn skadelike wyse ten toon gestel kan word. Ons moet gesprekke met mekaar aanmoedig, al is dit ongemaklik. Dan kan dit tot gevolg hê dat hierdie houdings kan verdwyn,” het Mntambo gesê.

Slattery het bygevoeg dat in stede daarvan om ʼn kultuur van versoening en heling te kweek, kerke gereeld om die verkeerde redes in die media is. Hadebe het bygevoeg dat die kerk “ ʼn groot rol het om te speel in die bekamping van rassisme”. “Wat die afgelope week by Pretoria Girls High School gebeur het, het ou wonde oopgekrap wat die kerk reeds besig is om aan te spreek”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jeanne ·

Dit moet van REGERINGSKANT af heel eerste gestaak word. Dit help nie om vir die publiek en studente (van alle kleure) te vra om nie rassisties te wees dan spring jou eie President op die verhoog en sing “Umshini Wam” en die ander dreunsang “kill the boer, kill the white” nie. Dit moet op alle vlakke en tussen alle rasse uitgewis word, nie deur dit te kriminaliseer nie, maar ten sterkste van staatskant af jou AFKEUR daarin te toon en uit te spreek. As jou eie regering dit doen, en jou eie Ministers elke dag teen ander kultuurgroepe uitvaar, en steeds die dooie apartheidsdonkie ry, gaan daar GEEN vordering wees nie. Al skiet een kultuurgroep almal in ‘n ander kultuurgroep dood en los net EEN oor soos wat hulle dreig om te doen, sal die EEN wat oorbly steeds rassisties wees, dit is nie iets wat met die wapen of met kriminalisering uitgewis kan word nie, dit gaan oor opvoeding en oor SAMEWERKING, maar nee die regering maak die gaping tussen kultuurgroepe net GROTER met BEE en hulle uitsprake van openbare verhoe af, anders kry hulle nie die nodige ondersteuning nie. Jammer maar as Mantashe of Zuma hulle monde oopmaak is dit “apartheid” and “you whites”. Neewat .. ons almal betaal belasting ek is op DIESELFDE regte geregtig as enige ander burger, ek is nie ‘n tweederangse burger nie, ek wil ook nie so behandel word nie.

Johann ·

Presies. Genadige vader. as die kerleiers soos hierdie biskop, so eenogig na die kwessie kyk en die pot mis sit, is daar kos maar geen manier dat dit sal regkom nie. Hy wil onder begin lyk dit my, by die sagte teikens.

Ou maat, begin by nommer 1, pak dan ook die haatpraters en die regeringsamptenare soos Jeanne beduie, dan werk julle dit so af, dan het nie nie eers oor ‘n paar jaar van nou af ‘n resultaat nie, maar sommer van volgende week af. Kry net hul ingesteldheid reg.

Maar kry eers nommer een en die regering se samewerking en die res sal hul voorbeeld volg.

siela ·

Ek stem saam.. Hierdie rasseding gaan nooit oorwaai solank dit deur politici aan d lewe gehou word nie. Elke skool het reels tov netheid en eenvormigheid. Net so kan blanke leerlinge nou kla oor hul hare vasgemaak moet word of seuns se hare wat gesny moet wees… Dit gaan geensins oor ras nie maar met aanvuring v politici word d kloof tussen rasse breer. Dis tyd dat wit en swart geen skeldwoord is nie eerder twee wat mekaar kan verdra en aanvul.. Die kryte in my pennesakkie lê rustig langs mekaar want geen kleur werk alleen nie.. Hulle vul mekaar aan en saam maak hulle n helder prentjie. Is dit nie wat ons vir ons land wil hê nie??

tw ·

miskien moet die kerke eerder harder baklei om God terug te kry in die skole as om hulle met haarkwessies te bemoei.

hans brits ·

Rassisme moet nie in die kerk beveg word nie,dit moet alreeds by die huis begin,want dis waar dit begin.Plaasmoorde sal drasties verminder as mense ophou om mense ander name toe te snou.Ons moet begin dink voor ons doen.Hoop my kommentaar word hierdie keer geplaas.

John ·

Die Kerk was in die verlede een van die grootste opstokers van rassewrywing en opstande in ons land. Die witmense het altyd glo te min gegee of gedoen en was altyd die oorsaak van die onmin. Nooit is swartmense aangespreek oor leuens of oordrywing nie. Nou wil die Kerk die rol van versoener speel wanneer die hare regop staan en die wolwe begin tjank. Selfs Mosjesh het destyds geweier om gekersten te raak en die kerkvaders/sendelinge daarvan beskuldig dat hulle die Woord verkondig maar dit nie self navolg nie.

Cherokee ·

O…, so Griet, jy skei jou kerk en jou politiek. Jy dien op een verhoog maar stem op ‘n ander verhoog. Wat sê jou gewete daarvan? Kerk en politiek kan nooit geskei word nie. Finnish en klaar!

Louise ·

Hoe siek! Skoolkinders skree rassisme oor skoolreels. Elke dag word wittes deur swartes vermoor maar die woord rassisme word nie eers gefluister nie!

Cherokee ·

In ‘n paar verskillende berigte het ek gelees van die bewering dat swart leerlinge nie toegelaat word ‘om hul natuurlike hare by die skool te dra nie’ en ek hoef nie te verduidelik waarom daar geen logika is in daardie stelling nie. Tog kopieër berigskrywer na berigskrywer dit. Wat gesê word van rastalokke, vlegsels en ander style is verstaanbaar.

En dan die klagtes en murmereerdery oor rassisme – waarom op aarde het hulle ‘n probleem met rassisme? Dit sou verstaanbaar gewees het as ons ‘n oorgrootte nasie was wat hulle geboelie het maar ons is ‘n klein groepie wat nie wil meng nie. ‘n Klein groepie wat verkies om ‘n klein groepie te bly. Waarom wil hulle met daardie groepie assosieer? Iemand behoort hulle sprekers daaroor uit te vra. Ek dink nie ons doen hulle skade nie – ons wil bloot uniek bly.

Anti regering ·

Die media hou rassisme lewendig met hulle alewige politiese korrektheid en k woorde as iemand wit is noem hom ‘n wit man net so as hy swart bruin Chinees ens is die kastige rassisme sal dan ‘n stille dood sterf

Hendrik ·

Ek is nou siek en sat vir die hele klomp. Dit voel net vir my of hulle elke week net na ‘n hoer rat skakel en ons as witmense bly die teiken. Ek wil nou my vryheid kry deur selfbeskikking.

E ·

As rassisme nog nie gekriminalliseer is nie, hoekom word sekerres dan vervolg en boettes opgelê en andere se woorde en dade onder die mat gevee?
Dit is mos dan vervolging sonder behoorlikke wetgewing en is op sig self rassisme.

Aggie ·

Ek het nuus vir julle, rassisme was nog altyd en sal altyd wees. Dit is nie net blank teen swart nie maar ook omgekeerd. Kom wat wil, geen mens kan daar iets aan verander nie.

Veritas ·

Uiteindelik iemand wat met my saamstem. Ek glo dat elke mens voorkeur gee aan omgang met mense van sy eie taal en kultuur. As dit rassisties is om verkieslik met jou eie te meng, dan is seker 95% van die wêreldbevolking, rassiste.

Anton ·

Aggie en Veritas, ek stem 100% saam met julle. En wat ek nooit Sal kan verstaan nie is dat my reg tot vryheid van assosiasie vertolk word as rassisme! Wel as dit my n rassis maak……. Dan is ek maar een. Klaar.

KarooKlong ·

Koos, ek het nog nie hulle antwoord gehoor nie maar wat ek wel gehoor het is: as jy ‘n zebra skiet en net van die wit strepe biltong maak dan is jy ‘n rassis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.