‘Kerke moet weerstand bied teen korrupsie’

Argieffoto

Die Vryheidsfront Plus het ʼn dringende beroep op kerke gedoen om duideliker na vore te tree in die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika. So sȇ Jaco Mulder, leier van die VF Plus in Gauteng.

Mulder was Vrydag ʼn spreker by ʼn byeenkoms van die “South African Ministers Network” in Eldorado Park, Johannesburg, waar hy dié uitsprake gemaak het.

Mulder meen die kerk het ʼn stel skriftuurlike norme en waardes wat deur die geskiedenis al met groot vrug aangewend is.

“Die grondslag van die stryd teen korrupsie begin by individue as deel van ʼn gemeenskap.  Gemeenskappe kan sélf deur hul kerke ’n sterk, sigbare weerstand teen korrupsie bied,” het Mulder gesê.

“Deursigtigheid in die Suid-Afrikaanse grondwetlike bedeling is nie net ’n eis vir alle landsburgers nie, maar ook vir die regering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of Boerseun nie weet wie is die NG kerk, die NG kerk bestaan uit lidmate, dit is mense soos ek en jy wat besluit het om die Christelike geloof te aanvaar. Dan kry jy aktiewe lidmate en on-aktiewe lidmate. Aktiewe lidmate is mense wat God as hul verlosser aanvaar het en is betrokke by die doen en late van die kerk. Dan kry jy on-aktiewe lidmate, die person dra bloot die titel van christen, die persoon is nie betrokke by die kerk en gooi gewoonlik klippe. Jy kan kies waar jy inpas.

Hasie ·

Die Vryheidsfront Plus leef in ‘n droom wêreld as hulle dink die Kerk gaan iets regkry om korupsie te stop. Die grootste koruptes in SA draai net hul rug, lag en stap weg.

Swartkat ·

Dit kerke is vinnig om te se dat hulle nie in politiek betrokke wil raak nie

Erick ·

”… stel skriftuurlike normes en waardes… ”. Die groot kerke is te besig om reg verkeerd en verkeerd reg te probeer maak. Meer korrup as die regering.

Johanna Botha ·

Dat die kerk gevra moet word …..dis tog n skande !

snoefie ·

die kerke is so besig om polities korrek te wees, daar is nie tyd om die gebooie te onderhou nie.

Leendert ·

Dit is oor die ingesteldheid van die mens dat dit so met die kerk gaan, as ek die kommentare lees.

John ·

Met meer gelowe as lewendige leeus in die Wildtuin, met vele vreemde sienswyses/gode/bygelowe dat selfs die reg moes ingryp om gemeentelede se oorlewing te verseker, kan dit nie anders as om chaoties in SA te gaan nie. Salomo se slap houding deur alles gelate te aanvaar, het hom duur te staan gekom. Nou word menseregte tov godsdiens tot in ons skole gevoer. Hoe word etiese gedrag gevorm as alles maar reg is volgens jou geloof/ongeloof en die ‘Boom van goed en kwaad’ uitgekap word? Baie Christen-leeraars lees deesdae skaars voor uit die Bybel en gebruik die Woord bloot as aanknopingspunt vir kwasi-sielkundige/-wysgerige teatrale bravado’s en ander hou luidrugtige musikale opvoerings wat selfs die buurt se honde in angs laat uitbreek, terwyl die verkondiging van ons Vader se rustige/vertroostende/behoudende Woord agterwee bly.

Trots Afrikaans ·

Ek kon dit nie beter gesê het nie. Demokrasie beteken dat almal ‘n sê het, hoe ingelig hulle ookal mag wees. Almal se opinie tel, en sodoende beland die padda in die pot water wat stadig besig is om al hoe warmer te word.

Anti-korrupsie Vark ·

Ai, hoe wys vele kommentatore nie met die wysvinger na andere en die kerk nie, maar vergeet die drie vingers wat na hulself wys.

Ek is al keelvol vir al die mense wat alewig die kerk(e) kritiseer asof hulle self heiliger as heilig is. En dan is baie van hulle nog boonop apaties en skitter in hul afwesigheid as dit by kerklike aktiwiteite kom.

Die uitleef van waardestelsels begin in die ouerhuis met pa in die huis. Kom ons wees opbouend.

Swartkat ·

Baie van die groot kanonne wat hulself skuldig maak aan korrupsie sit Sondae voor in die kerk en veroordeel korrupsie die hardste -Shame die toonbeeld van skynheiligheid , sit net daar om gesien te word en hul gewete te sus

Johannes van Staden ·

NG het jare terug saamgestem met apartheid en toe die wind anders begin waai toe vra hulle verskoning en se toe dis verkeerd …beteken dit dan korrupsie nou maar ok is vir nou veral as kerke gevra moet word om optestaan teen korrupsie of wag hulle vir n ander wind ?

Johannes van Staden ·

Jare terug het van die kerke apartheid uit die Bybel goedgepraat en toe later toe dinge verander dit afgekeur en selfs verskoning gevra…en nou met korrupsie wat oral is moet die kerke gevra word om weerstand te bied…. mens sou regtig dink dat dit ooglopend verkeerd sou wees en dat dit nie nodig sou wees dat dit gevra moet word ?

Penellope Jones ·

Die korruptes sal hul nie steur aan enige kerk nie.
Moontlik ook nie die regering nie.

Vermeende ·

Die kerk preek sonde reg nou hoe de hel verwag julle dat hulle nou moet teen korrupsie moet preek.

Die man mag by die man gaan le maar om hemels naam, moet net nie mekaar bedrieg nie!!!!!

Hermanus Bezuidenhout ·

Die Woord se ons volk gaan ten gronde weens die gebrek aan Woord kennis. Nou wil julle die kerk slegmaak maar die probleem le eintlik by onsself. Bekering en ‘n radikale ontmoeting met God is al manier hoe hierdie land genees kan word want ons hang demokrasie aan waar ons veel eerder Teokrasie moet aanhang, ons het werklik die kerk van Laodicea geword waar die stem van die mens die stem van God vervang het,sies vir julle en bekeer julleself.

humor ·

My lewens ondervinding se vir my in elke argument is daar n element van waarheid wat in ag geneem moet word. Rakende die kritiek teen die kerk is daar ook n element van waarheid. Vanwee baie grondige redes het die kerk onbetwisbaar sy geloofwaardigheid verloor. Of eersder gese in n baie groot mate. Dit bevestig die rede waarom talle lidmate tussen kerke rond dwaal en kerkloos en vyandiggesind geword het. n Onbetwisbare feit!!!! En ook die kerk gering ag en nie meer kan vertrou nie. Een van die redes rakende bg. is onder andere die kerk se gedrewendheid tot eenheid terwyl eenheid binne eie geledere vernietig word. Maar die kruks van die saak is ons mag nie vyandig teenoor mekaar staan nie. Ons moet steeds volhardend bid dat die kerk weer heel gemaak word.

Eish ·

Die kerk bestaan uit sy lidmate. Van die lidmate het ontnugterd geraak met die kerk wat standpunte huldig wat onskriftuurlik is en pad gevat. Ander het pad gevat omdat die hedendaagse kerk so besig is met die dinge van die Here dat hul nie meer by die Here van die dinge uitkom nie. Ander het vervel en in lonende besighede ontaard met shows en motiveringssprekers van jou keuse. Met seker goed 300 verskillende Christelike denominasies waar die verskil in aanslag rondom dogma sentreer eerder dan taal, wat is die kerk vandag? Hoe op aarde kan dieselfde Bybel so misverstaan word dat denominasies soos paddastoele verrys. Van Doom spuitende, grasetende en petrol drinkende gemeentes, kinderdermolesterende priesters, professore wat jong tokkelokke oplei en sê Jona in die vis is ‘n verdigsel. Die Skepping soos beskryf in die Woord is ‘n fabel. Die kerk soos ons hom ken is in ‘n identiteitskrisis. Dit is die oorsaak van die profetiese stem wat stil geraak het. Kerk wat wet en tyd verander het. Kerk wat sê wat lidmate wil hoor. Dit wat ‘n hospitaal vir sondaars moes wees is ‘n eksklusiewe klub vir heiliges. Dis hartseer om te sê, maar die kerk van die eeu, het nie meer ‘n profetiese stem nie, geen impak meer op die samelewing nie. Die kerk vandag, die Afrikaanse kerk, is tot so ‘n mate in stryd met homself, dat hy homself vernietig. Daarom swyg hy.

Niekie ·

God en God alleen kan n verskil maak draai terug na God en julle sal sien hoe Almagtig Hy is

realis ·

Niekie, dink jy nie dis God wat besig is om ons met die blinde sambok te looi nie?
God is nie ‘n “phone a friend” nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.