Kerke vra Ramaphosa dat kerkdienste hervat

(Foto: pixabay)

Die NG Kerk het Woensdag saam met lidkerke van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) met pres. Cyril Ramaphosa vergader oor die moontlikheid dat godsdienstige byeenkomste met bepaalde beperkings ten tyde van die vlak 3-afsondering toegelaat word. Die SARK het ook voorstelle gemaak oor hoe kerke binne die raamwerk van die afsonderingsregulasies steeds kan funksioneer.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, sê met die land wat moontlik eersdaags na vlak 3 van afsondering gaan skuif, is daar ʼn al groter moontlikheid dat kerkbyeenkomste ook weer toegelaat kan word. Die afsonderingsregulasies het tot dusver enige kerklike byeenkomste verbied.

Tydens die gesprek met Ramaphosa het die SARK ʼn weg probeer vind om godsdienstige byeenkomste weer te laat hervat, met regulasies en protokol om infeksies te voorkom.

Claassen sê onder voorsitterskap van aartsbiskop Thabo Makgoba, van die Anglikaanse Kerk, is ’n dokument opgestel wat voorstelle van die lidkerke bevat oor hoe kerke steeds kan funksioneer binne die raamwerk van die afsonderingsregulasies.

Die dokument is op 19 Mei aan die president oorhandig deur die dagbestuur van die SARK se uitvoerende komitee. Hulle wag nog vir reaksie van die regering se kant af.

In die dokument stel die SARK voor dat kerkbyeenkomste toegelaat word in veiliger gebiede, in ooreenstemming met toetsresultate wat die regering bekendmaak. “Omdat sekere dele van die land veiliger as ander is, behoort godsdienstige byeenkomste, met beperkte getalle, in veiliger gebiede toegelaat te word indien die nodige voorkomingsmaatreëls ingestel is,” lui die dokument.

Die SARK stel ook voor dat kerke self aanspreeklik gehou moet word vir die regulering van veiligheid, die instandhouding van voorsorgmaatreëls en die nakoming van afsonderingsregulasies tydens byeenkomste.

Hulle stel ook voor dat die leierskap van elke kerk self die bevoegdheid sal hê om geselekteerde predikante, lekewerkers en vrywilligers te akkrediteer as “noodsaaklike kerklike werkers” om noodsaaklike geestelike en pastorale werk uit te voer.

Die SARK wil ook hê dat kerke oorweeg word vir finansiële bystand ingevolge Covid-19-verwante bepalings. Dit sluit in die tydelike werknemer- en werkgewershulpskema (TERS) en ander ondersteuning aan kerklike werkers wat noodsaaklike pastorale dienste aanbied soos predikante, versorgers en beraders.

“Kerke het sedert die instel van die afsonderingstydperk die nodige regulasies en protokol ondersteun om die verspreiding van die virus te bekamp, en wil dit steeds doen. ’n Gesonde balans moet egter gevind word tussen die hervat van godsdienstige aktiwiteite en voldoening aan maatreëls om verspreiding van die virus te beperk,” sê Claassen.

Die SARK het ook kriteria aangebied waarvoor kerke verantwoordelikheid sal neem en wat hulle self sal reguleer vir die heropening van kerke.

Dié kriteria sluit die volgende in:

  • Voordat kerkgeboue oopgemaak word vir eredienste moet elke gemeente die gebou voorberei om aan regulasies te voldoen.
  • Gemeentes moet toesien dat die nodige sosiale afstand tydens byeenkomste gehandhaaf word.
  • Die grootte van groepe moet per byeenkoms beperk word.
  • Skoonmaakmiddels moet beskikbaar wees vir alle geboue voor en ná dienste om fasiliteite deeglik te steriliseer vir ’n volgende byeenkoms. Vloere en banke en stoele moet voor en ná byeenkomste afgevee word.
  • Elke persoon se temperatuur sal by die ingang geneem word en diegene met ’n lesing van 38 ˚C en hoër sal gevra word om terug te keer huis toe.
  • Alkoholgebaseerde handreinigers sal by alle ingange voorsien word. Persone by ingangsportaal sal verantwoordelikheid neem om handreinigers op elke gemeentelid se hande te spuit.
  • Eredienste se tydsduur word tot een uur beperk. Laat minstens 30 minute toe voor die volgende diens.
  • Insameling van dankoffers sal geskied deur toe koeverte wat by die deure in houers geplaas word. Insameling moet geskied wanneer mense uit die kerkgebou beweeg terwyl sosiale afstand gehou word.
  • Sang word tydens eredienste verbied. Instrumentale musiek of solosang kan die tydgleuwe vul waar lofsange gewoonlik gesing word. Geen gesangboeke en Bybels word in die banke toegelaat nie, alle inligting moet elektronies in die erediens deurgegee word.
  • Daar mag geen samedromming binne en buite die kerk wees nie. Mense wat dienste bywoon, mag nie in groepe stap nie.
  • Roetinevergaderings soos kerkraad en ander vergaderings moet onbepaald uitgestel word.
  • Sondagskool word tot verdere kennisgewing opgeskort.

“Die president het onderneem om die voorstelle van die godsdienstige leiers ernstig te oorweeg. Ná beraadslaging met sy ministers sal die gesprek weer met godsdiensleiers hervat word,” sê Claassen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

sterk soos n beer ·

suid afrika is nie kommuniste land nie suid afrika is christelike land.

Tino ·

Dit is beslis so! Dit is sekerlik onwettig.

Party mense ruik net nie die koffie nie…

Stof ·

Onderlinge byeenkoms, soos die Woord dit noem, moes nooit gestaak gewees het nie. Ons versuim om aan die Woord en dus direk, aan die Outeut daarvan gehoorsaam te wees, is die direkte oorsaak daarvan dat oplosssings bly sloer.

Michael ·

Dan kan ek maar by my huis op my sel kerk luister dit is die selfde en mens kan dan sommer die Here loof met lofsang maar dit lyk my dit gaan oor daardie koevertjie wat by die deur moet ingegooi word.

Francois ·

Wel hoeveel mense gaan uit dieselfde beker drink. Dan kan haarsalonne ook oopmaak want hulle kan beter met 1 persoon werk

Porseleintjie ·

Dis slegs die NG Kerk se voorstel. Wat vd ander denominasies? Michael ek sekondeer. Hou by die huis kerk. Daar kan ons tenminste uit volle bors praise en worship. Nagmaal hou ons ook tuis. Nerens in die Woord word ons verplig om dit net by die kerk te gebruik nie. Winkelsentrums is oop en daar loop mense loop skouer aan skouer maar n kerkdiens wil hulle kom beheer. Snert. Solank ek nog vryheid van geloof het laat ek dit tenvolle benut.

Fedup ·

I will be surprised if this circus will ever allow people to go to church again. They don’t give a flying fig about religion as their god is money and power. The concept of religion baffle them to no end.

Faraway ·

Ons het gewoond geraak om Sondag vir Sondag agter iemand se rug te skuil in die KERK en kon nie gou genoeg daaruit kom om tog net betyds by SPAR gou te stop vir kos nie. Persoonlik glo ek daar’s mense wat nader aan GOD gekom het met lockdown tuis as in die kerk oor jare, bloot omdat hulle GOD toe op hul KNIEE gevind het . . .

sterk soos n beer ·

hoekom mag kinders skool toe gaan, mense dorp toe gaan maar kerke mag nie oop wees nie?

Colette ·

As Christen sal ek natuurlik baie bly wees as ons weer kan kerk toe gaan. Maar is dit regtig prakties moontlik? Hoe gaan jy vir ‘n gemeente wat uit 3000 beleidende lidmate bestaan sê wie kan en wie kan nie kerk toe kom nie?

Jaco ·

waarom kla die NG Kerk? hulle het dan apartheid tot sonde verklaar. So diegene wat so teen apartheid was, wat nou die land regeer, doen dan seker alles reg. dan is daar mos niks om oor te kla nie.

Raadslid ·

Waarom moet ons by ‘n heiden gaan kruip en smeek om eredienste te hou.
Die ware kerk sal net met eredienste begin soos dit hoort.
Ons moet tog meer gehoorsaam wees aan God as aan enige iemand anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.