Kerke wys Voortrekkermonument-vergadering van die hand

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, het Woensdag gesê die kerke gaan nie vandag ʼn vergadering saam met die ANC by die Voortrekkermonument bywoon nie.

“Die Deputate van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het die gesprek tussen adjunkpresident [Kgalema] Motlanthe en verskeie belangegroepe Dinsdag in Pretoria bygewoon,” het Aucamp in ʼn verklaring gesê. “Ons het die gesprek hoofsaaklik positief ervaar, en beide Mothlante en Pravin Gordhan [minister van finansies] het gepoog om eerlike antwoorde te gee op die kwelvrae in ons land, wat ook deur ons deputate geopper is.”

Aucamp sê die kerke in Suid-Afrika het die verantwoordelikheid om vir die regering te bid en met hulle te skakel en teenoor hulle te getuig. “Ons wys die standpunt af dat die kerk slegs op die terrein van die spirituele moet beweeg, en niks te sê het oor die politiek van die dag nie. Só ‘n standpunt verloën die koninkryksroeping van die kerk,” het hy gesê.

Hulle het egter die uitnodiging na die gesprek met die ANC by die Voortrekkermonument van die hand gewys. “Dit staan vir ons duidelik in die lig van verkiesingspropaganda eerder as doelgerigte skakeling met instansies uit die burgerlike samelewing,” het Aucamp gesê. “Met hierdie ontmoeting word kerke in die tyd van verkiesingskoors in wese na ‘n ‘politieke party’ genooi.”

Hy sê dit is ook kommerwekkend wanneer die politieke partye na die kerke genooi word, soos wat dit “‘n algemene tendens geword het in die aanloop tot hierdie verkiesing”. “Ons verwerp die standpunt dat kerke vennote van politieke partye kan wees en moet help om party-politieke manifeste te bevorder. Op hierdie wyse word die kerk verpolitiseer en verloën hy sy uniekheid,” het Aucamp afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sumo ·

Ek stem, dit gaan suiwer oor die naderende verkiesing, vir geen ander rede nie.

Grassie ·

In die Vootrekkergelofte by Bloedrivier word daar op een plek beloof “dat ons `n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag”. Hierdie “huis” is die Voortrekkermonument en afgesien daarvan dat dit deel is van die Afrikaners se kultuurbesittings is dit ook `n gewyde gebou soos enige kerkgebou. As ons nou die voorvadergeesaanbidders, die kinders van Gam, toelaat om in die gebou `n politieke vergadering te hou strek dit definitief nie tot SY eer nie en ek wonder wat HY daarvan gaan dink. Geen wonder ons ou Boerevolkie val so uitmekaar nie want baie van ons het ons geloof versaak of bloot onverskillig geword.

J BLOM ·

Baie geluk mnr Aucamp.Ek wil byvoeg die eerste keer wat ek kerk toe gaan om GOD TE AANBID en ‘n politieke leier stap by die deur in dan stap ek uit en DIE spesifieke kerk sien my nooit weer nie.Ek wil vir die die sogenaamde Afrikaner meningvormers ook se onthou Die Woord se DIE KONINKRYK SAL AL AAN KLEIN EN EENVOUDIGE MENSE GEWYS WORD en dus moet hulle ook onthou hulle praat NIE NAMENS MY NIE DAARVOOR HET DIE VADER MY MY EIE GESONDE VERSTAND gegee.

J BLOM ·

Baie geluk mnr Aucamp.Ek wil byvoeg die eerste keer wat ek kerk toe gaan om GOD TE AANBID en ‘n politieke leier stap by die deur in dan stap ek uit en DIE spesifieke kerk sien my nooit weer nie.Ek wil vir die die sogenaamde Afrikaner meningvormers ook se onthou Die Woord se DIE KONINKRYK SAL AL AAN KLEIN EN EENVOUDIGE MENSE GEWYS WORD en dus moet hulle ook onthou hulle praat NIE NAMENS MY NIE DAARVOOR HET DIE VADER MY MY EIE GESONDE VERSTAND gegee.

louw pretorius ·

Waarom moet die blanke gedenkwaardighede nou vir die destydse vyande oop gestel word Net sodat ons van die geskifte moet verander om hulle tepas? Ons blankes het nie meer n kultuur van 1994 af nie net om ander volke en rasse te akomodeer

George van der Walt ·

Net `n regstelling.

Ds. Cassie is nie voorsitter van die Gereformeerde Kerke nie. Hy is voorsitter van die Deputate Owerheid (`n kommisie wat deur die sinode daargestel is).

Die beginsels wat geld vir die deputate se skakeling met die owerheid is:
Kerk en politiek is nie twee geïsoleerde groothede wat totaal los van mekaar staan nie. Benewens die feit dat die Bybel gelowiges oproep om die owerheid te gehoorsaam en vir die owerheid voorbidding te doen, is die kerk as dienaar in die koninkryk van God geroep om die politiek van die dag te toets aan Christelike moraliteit.
Die kerk se diensbaarheid aan die koninkryk van God beteken dat die kerk hom nooit behoort te kompromitteer met politieke partye, beleide en programme nie. Die kerk moet eerder optree in die gesindheid van kritiese solidariteit. Die politiek van die dag moet daarom ook voortdurend getoets word aan die eise van die Christelike etiek, in ‘n gesindheid van onderdanigheid aan die owerheid. Die kerk moet krities betrokke wees, sonder om die lakei te word van die owerhede. Dit is egter ook die taak van die kerke om teenoor die burgery te getuig van die implikasies van die Christelike moraliteit vir die bestuur van die land, sodat mense en veral Christene ‘n ingeligte en verantwoordelike politieke keuse kan maak.

Vriendelike groete

esther bloem ·

Verseker sal jacob zuma hierdie rol vertolk van breinspoeling net om stemme te verwerf om nie aan die kaak gestel te word om geidentifiseer te word oor sy korrupte verlede en huidiglik nie Wat het hy om aan om aan ongeletterde mense te bied oa ONDERWYS, WET EN ORDE, VEILIGHEID,GESMDHEID, WERKSKEPPING, OPVOEDING EN DES TE MEER DIE IMPAK WAT GLOBAL VERWARMING WAT I FINOMINALE IMPAK OP ALMAL HET NOU EN TOEKOMS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.