Kerkgangers tydens diens beroof

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is na ʼn hospitaal geneem nadat drie gewapende rowers by ʼn kerk in Rustenburg, Noordwes, ingestorm en kerkgangers van hul selfone, kontant en handsakke beroof het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het omstreeks 11:00 by ʼn kerk in Oos-einde plaasgevind. Volgens Moleko het twee van die verdagtes vuurwapens by hulle gehad en is een skoot afgevuur.

“Vier mense is na ʼn hospitaal geneem. Dit is nie duidelik of hulle raakgeskiet is en of hulle vir ander mediese toestande behandel moes word nie,” het sy gesê.

Sy het gesê een verdagte is kort daarna naby die kerk in hegtenis geneem. Altesaam 20 van die gesteelde selfone is in sy besit gevind. Volgens Moleko is dit nie duidelik hoe oud die verdagte is nie, aangesien hy weier om die inligting aan die polisie bekend te maak.

Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johann ·

Arrogante disrespek vir wie en wat ook al! Sagte weerloose teikens al hoe meer absurd weerloos. Maar DURF ons ons self dink verset…? Wel…miskien moet ons juis net ern keer die bordjies verhang en ons reg uitoefen tot eie beskerming.

Cherokee ·

Voorstelle asseblief, Johann. Hoe stel jy voor moet dit gedoen word.

Letichia Bruwer ·

Permanente gewapende blanke wagte buite kerk. Sluit hekke met begin vd diens. Twee-rigting radio kontak met ‘n reaksiepatrollie. Manne kan beurte maak en kerk buite te voet patrolleer. Dis stille oorlog teen ons mense en die kriminele element ken ook ons gewoontes. Verslapte waaksaamheid by kerke moet ongedraai word na paraatheid by kerke. Waarskuwingstekens moet aangebring word buite sodat voornemende rowers/aanvallers wettig ingelig is dat hulle betree en dat gevolge sal plaasvind. Dit moet landswyd toegepas word.

Lettie ·

En die kerke bly voed die onwettige plakkers in die area! Mense bly waarsku en waarsku dat dit ‘n ongesonde omgewing skep, maar niemand luister nie! No good deed goes unpunished!

Korrels ·

Lettie is heeltemal korrek. Die Skrif leer ons dat ons ons naaste moet liefhê, nie ons verste nie.

oumie ·

Lettie jy praat so waar ek myself ondervind my tuinwerker se kind wat ek deur skool help het het in my huis gekom en my rot en kaal kom besteel en dan nog mense wat die arme bloedjies aanneem wat as daai bloedjies groot is sny hul jou keel af wat daar is n kleur verskil

andrea van vuren ·

Byt die hand wat jou voed! Gebeur al hoe meer. Ons wat min het gee aan die wat plunder en roof!

Jaco Grobler ·

Nog altyd gewonder waneer en waar gaan hulle die ‘eerste’ ene slaan, baie mense, geld en elektroniese toestelle op een plek, en die nuwer groter kerke nog meer so.

Bees ·

Dit gebeur by elke diens-as hul die kollektebordjie omstuur!

Lucas ·

Ou Bees. Ons sal vir jou bid ou maat. Jesus het jou ok baie lief!!

Cherokee ·

Bees, julle ouens wat van dag na dag van gebruikersnaam verander, skep die probleem dat jy more kan skryf as Anti Theresa en dan moet ons jou glo. Jy moet hierdie vrae geestelik oplos en nie Maroeliaans nie. Stel jpu GPS reg in.

Bees ·

Dankie ou Lucas ek sal vir jou sing. Cherokee ek gee nie om of jy my glo nie-inteendeel jy moet minder glo en meer WEET. Geestelik/spokerig is nie suksesvol nie-probeer gerus iets soos feite,verstand,harde werk,kreatiwiteit!

Michael Papadopoulos ·

I’ve been taking my gun to church for the last 10 year’s I have been waiting for to happen.

Johann 2 ·

Hy weier om inligting te gee, gooi hom in ‘n slang hok en sien hoe sing hy soos ‘n kanarie

Annie ·

Sy ouderdom is nie van belang . Hanteer hom soos n krimineel … dit is tog wat hy is. As jy met wapens wil rondloop dan is jy oud genoeg om die gevolge te dra

Cherokee ·

Wat op aarde bedoel jy by ‘behandel die krimineel soos ‘n krimineel? Verdòmp antie Annie, \’n verdomde krimineel is ‘n skelm?

Pensioenaris, Koos ·

Hy weet nie hoe oud hy is, waar en wanneer hy gebore is nie.

SWE ·

Dit lyk vir my soos Mat24:15,16. Mmmmmm dít laat my dink. Dalk profesieë wat besig is om waar te word.

Paperdoll ·

Sluit aan by #boerelegioen en Delta. Dat ons opleiding kry en saam smelt. Die tyd is verby om dwars te trek. Kry wit bywoners ipv swart werkers. Gee eerder self aan arm wit mense as aan kerke wat dit aan ongewenste immigrante gee. Laat ons mekaar die hand gee. En mekaar ophelp. Meeste arm blankes is daar agv omstandighede , nie oir slegtegheid nie. Wat as eskom nou die 6 krag stasies sluit. Hoeveel wit werkloses gaan daar dan wees.

Gerrit ·

Slegs een skoot is afgevuur ,maar dis nie seker of die 4 wat hospitaal toe is, raakgeskiet is nie……..mmmm, dis nou interessant.

Dit klink amper soos vierbuffelsmet eenskootmorsdoodgeskietfontein.

Kaspaas ·

Nee net bejaarde mense met swak harte wat aan sulke trauma bloot gestel word. Skok veroorsaak floutes, hartaanvalle ens en nie 4buffelsmeteenskootgedood. Dit lyk asof jy dit as n liegstorie wil uitmaak

Konings Kind ·

Hulle het nou oor die verkeerde lyn getrap. Ons Vader sal nie toelaat dat Sy kinders so verneder, weerloos en geskend gelaat word nie. Wraak kom ons nie toe nie, maar die vet weet ek wil nie in hulle skoene staan as God Sy woede aan hulle openbaar nie. Onthou: “NO WEAPON FORMED AGAINST US SHALL PROSPER”

Patricia ·

Dit maak nie saak hoe hard ons baklei nie – ons rug is teen die muur. Nerens is ons veilig nie. Nie eens in die huis van die Here nie. Die “skelms” gee niks vir niemand om nie. Ons kan net dankbaar wees dat niemand dood is nie. Aardse goed kan vervang word maar nie ‘n lewe nie. Ons bid vir die mense wat in die kerk was toe dit gebeur. Onthou die Here slaap nie.

Johan Visagie ·

Hy het beslis nie gealaap nie , hy was jet nie in daai kerk gewees nie hahaaaa

RLR ·

Just so you all know…….hierdie het gebeur by ‘n Swart kerk. New Covenant Fellowship International langs Grenswag Hoerskool. Gedink Julle moet weet voor julle begin met propaganda.

Adél ·

Dankie, wou juis dit nou noem. Dit is baie sleg aangesien hulle ook kinders van die Here is en in die Huis van die Here was. Die satan se kinders weet waar om hul op n Sondag more te kry, plaas hulle ook eerder Kerk toe gaan!!!!!

Valerie ·

Onthou julle die afskuwelike St James Church slagting in Kenilworth in 1993? Elf dood, 58 beseer. En toe word daar tog so vroom amnestie verleen aan die moordenaars (APLA) in 1998. Daar is ietsie diep verkeerd in die land. Dieper as die AngloGold Ashanti’s Mponeng Goudmyn naby JHB.
Ek elke keer as ek my vinger daarop wil sit (die fout; nie die myn nie), gly dit weg onder agendas, propaganda, en die verheiliging van moordenaars.

Aletta ·

Maak nie saak watter kleur kerk dit is nie
Daar is nie meer Respek in die land nie.. nie eers in die parlement nie!

Charmaine Coetzee ·

Dis so hartseer dat dit nou al in die huis van die HERE plaasvind geen respek geen gevoel geen gewete met wat nog sal hulle doen !!!!!!!

Sê maar net ·

Die mense wat met vuurwapens kerk toe gaan het maar bitter min vertroue in God.

Zaney de Laney ·

As jy dan soveel vertroue in God het, moet jy nooit jou vuurwapen by jou dra nie… Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, ek is ‘n Christen, maar die realiteit is dat jy op enige oomblik, op enige plek oorval kan word. Ek noem ‘n voorbeeld: as jy soveel vertroue in God het, moet asseblief nie bloeddruk- of cholesterolmedikasie neem nie, God sal jou red!! En moet ook nie jou kinders laat vaksineer nie – God sal hulle beskerm!! Nee man, dis mos nou nie slim om so te redeneer nie. God het jou mos verstand gegee. So gebruik jou vuurwapen om jouself te beskerm!!

Kaspaas ·

Wat van die StJames aanval. Die Here het ons verstand gegee en as ons gewapen kerk toe gaan het dit niks te doen met geloof. Dis soos om oorlog toe te gaan sonder jou geweer en dan te dink dat met jou geloof gaan jy die vyand oorwin. Lees die Ou Testament – God het Israel self geleer om oirlog te maak.

Frik ·

So jy sê almal wat gewapen kerk toe gaan het nie geloof. Dan moet ons ook sê dat almal wat dokter toe gaan of hospitaal toe gaan vir operasies het geen geloof. Polisie moet ongewapen wees want anders het hulle geen geloof. Oorlog toe sonder wapens anders het hulle geen geloof. Dit het tyd geword dat ons moet besef God het ons verstand gegee sodat ons dit moet gebruik. Die kerk is nie immuun teen misdaad en daarom moet ons ook by die kerk veiligheidsreels toepas en dit het niks met geloof te doen

Pablo ·

“Sê maar net” Dis ‘n baie wilde stelling wat jy maak! Gedurende die 30 jaar wat ek daagliks onopsigtelik ‘n vuurwapen dra, het ek nog net by 1 geleentheid iemand anders se lewe en by 1 geleentheid my eie lewe daardeur kon beskerm. Maar ek sal nooit myself kan vergewe indien iemand eendag sy of haar lewe langs my verloor, terwyl ek weet ek kon dit verhoed het, as ek maar net ‘n vuurwapen gedra het! Daardie iemand kan dalk jou eie geliefde, kind, ouer of jyself wees………….

John ·

En dan pas meisietjies en arm wit studente die blink Mercedese op van groot ooms in die voorbanke wat die Vader kom herinner aan hul swak oeste. Die deure le oop om die vele lang gesigte se temerige treksang ‘n vluggang buitentoe te gee… Maar ‘n mooi veiligheidshek of twee met mooi krulle en draaie, sal seker darem nie opslae in die hemel maak nie. Die arme motoroppassers… Sal ons binne bid dat die’ buite eerder as ons vuil motors beskerming geniet… ten spyte van ‘n R10-buitediens… wat hul hul lewens kan kos…

Anita ·

Wat vir my verskriklik hartseer is om elke keer te lees hoe ons mense die spot dryf met God en ook met die wat in Hom glo. Jy wat as kind aan die Here toegewy was deur jou ouers… ek sidder om te dink wat is die pad vorentoe. Ons mense het so sinies geword… die EIE EK moet errs sterf voordat God hierdie VOLK van Hom sal help… wit en swart Kinders van God. Hy het nie vir ‘n velkleur gesterf aan die kruis nie… vir elkeen wat hom van sy verkeerde weë bekeer. Ons land is in chaos omdat ons volk God versaak het… dis my geld… my kar… my huis… my alles… ek het daarvoor gewerk… vra jouself net af wie is jou Skepper?

Hester Esterhuysen ·

Elkeen wat die boere haat en wil uitmoor moet ophou om alle voedsel te gebruik wat boere produseer. Eet maar jou gras, veldknolle en insekte. Moenie jou liggaam voed met voedsel (wat die boer, wat jy so haat) in trots en liefde produseer nie. Dit gaan jou SIEK maak.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die swernoot wat gevang is met die klomp selfone wat hy gebuit het wou geen inligting gee omtrent sy ouderdom nie. Wonder of hy wou se wat sy geslag of kleur is en of die mense dit sommerso kon sien. Arme siel.

Lorette ·

Hier by ons in Kimberley het hulle gister by 2 kerke bande van motors afgesteel terwyl dienste aan die gang was! Mens raak te bang om iewers heen te gaan! Misdadigers het net eenvoudig geen respek vir enige mens nie. Ons middestad is ‘n no-go soos daar geroof word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.