Kerkgangers val metropolisie aan

Die metropolisiebeamptes staan tussen kerkgangers (Foto: Johannesburg Metropolitan Police Department – JMPD, Facebook)

Twee beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is beseer nadat hulle Sondag deur ʼn groep kerkgangers buite ʼn kerk in Soweto aangeval is.

Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder, sê altesaam sewe beamptes het omstreeks 13:00 op ’n geraas-klag by ’n kerk in Midway, Soweto, gereageer.

“Met die beamptes se aankoms by die kerk is hul patrollievoertuig deur ʼn groep manlike kerkgangers omsingel. Hulle was baie aggressief,” sê Minnaar. “Beamptes het die groep met pepersproei gespuit en versterkings aangevra.”

Die beamptes se patrollievoertuig is in die proses beskadig (Foto: Johannesburg Metropolitan Police Department – JMPD, Facebook)

Die beamptes was genoop om rubberkoeëls te gebruik om die kerkgangers uiteen te jaag.

Twee beamptes is in die proses beseer het. Een van hulle moes na die Milpark-hospitaal gehaas word vir verdere mediese behandeling. Die patrollievoertuig is ook beskadig.

Twee kerkgangers is ook beseer, van wie een na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is.

“Talle kerkgangers is in hegtenis geneem, onder wie die pastoor van die kerk. Hulle word aangekla van openbare geweld, aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging. Hulle word ook aangekla vir die oortreding van die Rampbestuurwet aangesien meer as 2 000 mense die kerkdiens bygewoon het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kaptein67 ·

As die kerk gangers so agresief optree, is dit nie ‘n kerk nie maar ‘n sekte.

Antjiepat ·

Liewe Kaptein67
Kry asb eers die ware feite voordat jy hul as sekte klassifiseer. Die Bybel se een geloof, een doop. Die Bybel se ook die wat met die mond bely dat hul in Jesus Christus glo sal gesien word as kinders van God. SO my vraag aan jou vandag is: was JY daar? Was JY Sondag in ‘n kerk? En wie het JOU aangestel as regter ???

MakersMark ·

Dink nie hulle het die diens met skriflesing en gebed geopen nie…..

Dup ·

Wetteloos en roekeloos.
Our people is in beheer en sal maak net soos hulle wil.Steur hulle aan geen wet,ordonnansie of regulasie nie.

Boerkind ·

Hoe so Dup? Die regering steur hom dan self nie aan enige van sy “wette” nie…

Antjiepat ·

Jammer Dup, maar hierdie mense het niks verkeerd gedoen nie. Hul was nie soos die berig in Meroela Media oor die 2000 mense nie. Hulle was besig met gebed en om die Here te loof en prys. As hul dan geraas het, gee ek toe dat dit steurend kon wees. Maar hoekom die mense aanval terwyl hul God aanbid.. dit terwyl van die ander kerke in STILTE en met GESLOTE DEURE die Here wil aanbid

Stof ·

Die aanleidende gebeure word nie oor berig nie.
Sou dit dalk ‘n kwessie wees dat Abel Konstabel nie Hebreers 10:25 mooi gelees het nie en toe hulle daarop gewys is, disrespekvol teeoor Vader opgetree het, waarna die gemeente bloot ingehoirsaamheid gehandel het?
Dalknis die vraag soos die skoolhoif ons soms gevra het: Wie het eerste TERUGgeslaan?

Boerkind ·

En Jesus gooi die tafels in die tempel om! Gooi om al die tafels van leuens, bedrog en valshede! C19 is vol daarvan!

Cindy ·

As jy Bybel versies wil gebruik moet mens seker vir die kerk gangers wys op Rom 13:1 of hoe?

Boerkind ·

Rampbestuurwet?? Die grootste enkele ramp is CR en sy ANC… Die tyd om mense (ja, ook kerkgangers) te onderdruk met C19 is verby! Mense moet opstaan en hul lewens terugneem. Daar moes onder geen omstandighede ‘n vernietiging van ‘n land (staatskaping ingesluit) gewees het nie. Wat het dit nou eintlik gehelp?

Johan ·

Dankie Boerkind…100%. Regering en die SAPD het hul mag misbruik en so ons ALMAL se vyhand geword…en ja, hul regulasies het NIKS gehelp nie en alles vernietig.

Persheks Adri ·

Waar is die petters om staat se eiendom te beskerm gggmmmfff? O ja dis hulle eie mense en nie blankes nie vergeet ek al weer…

Sarel ·

Verander asb die verwysing nz ” krrkgangers” wznt dit is hierdie mrnse nir

Erika ·

Die meerdereid het huidiglik nog Alltyd gehandel asof daar geen reels was nie en in elkgeval gemaak het soos hulle lus kry met With No Acountable behaviour ever ..
As jy dikwels een van die minderheids groep was was daar vinnig en spesefiek van jou voorbeeld gemaak.. …en dikwels is die magsposisie gerieflik misbruik selfsugtig teen jou..daarvoor….
Crime doesnt discriminate against colour

Mariana ·

Glo nie die VOLLE storie word in die berig weergegee nie. Maar hoe dit ookal is, daar is nêrens vrede nie.

Marianna ·

‘n Saak het altyd twee kante. Ons hoor altyd net die een kant.

Oros Soros ·

Metropolisie wat skarebehheer wil toepas? Van wanneer af kan ‘n spietkop dit doen? Die ongrondwetlike rampbestuurswet het ‘n klomp nadelige gevolge, Arrogante en oorenergieke wetstoepasssers is een daarvan. Terloops, dit is dieselfde metro polisie wat laasjaar saam met die weermag ‘n persoon in Alexandra doodgeslaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.