Kerkleier vas oor springstof

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat het ʼn 47-jarige vroulike kerkleier en haar seun in hegtenis geneem nadat verskeie soorte springstof op die perseel gevind is.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Maandagmiddag omstreeks 16:00 inligting ontvang oor mense in Theunissen wat glo springstof besit. “ʼn Span is ontplooi en ʼn operasie is van 19:00 – 01:00 in Masilonyana uitgevoer,” het Mbambo verduidelik. “ʼn Kerk in Boipatong is ook deursoek en springstof, wat gewoonlik gebruik word om kitsbanke mee oop te blaas, is gevind en gekonfiskeer.”

Die 47-jarige vrou en haar 31-jarige seun is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van die besit van springstof. “ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die springstof na bewering gebruik sou word om kitsbanke in Welkom mee oop te blaas. Die verdagtes sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adri ·

Maak die feit dat sy ‘n “kerkleier” is(wat dit ookal mag beteken) die berig meer nuuswaardig of sensasioneel?

Alida ·

Daar is kriminele oral binne en buite die kerk hulle skuil net agter die woord “kerk”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.