Kerkleiers maak stemme dik oor ‘Lucifer’-reeks

Dr. Isak Burger tydens 'n gesprek op Dagbreek. Foto: Youtube via kyknettv

Dr. Isak Burger tydens ‘n gesprek op Dagbreek. Foto: Youtube via kyknettv

Die televisiereeks, Lucifer, het onlangs ʼn herrie op sosiale media ontketen weens die sensitiewe aard van die inhoud van die reeks en verskeie Suid-Afrikaanse kerkleiers het ook hul stemme dikgemaak teen M-Net.

Dr. Isak Burger, president van die AGS-kerk in Suid-Afrika, het in ʼn ope brief gesê hoewel die reeks onlangs na ʼn later tydgleuf geskuif is, is dit nie genoeg nie. “Ons is onlangs ingelig dat Lucifer geskuif is na Vrydagaande om 23:00, terwyl die ouderdomsbeperking verhoog is na 16 jaar. Ons is egter nie oortuig daarvan dat dié aksie die potensiële skade vir baie jong en kwesbare mense sal verminder nie,” het hy gesê.

Ander kerkleiers wat hul stemme by die brief gevoeg het, is onder andere dr. Anton van Deventer, leier van die Volle Evangelie-kerk, Dr. Nico Landman, president van die Pinkster Protestante Kerk en pastoor Nevil Norden, leier van die Lewende Woord-kerke.

Burger het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê Lucifer beeld Satan en die verpersoonliking van alles wat verkeerd is, op ʼn simpatieke wyse uit. “Dit is hoogs gevaarlik, veral vir ons kwesbare jeug. Die program beeld Satan uit as ʼn cool ou wat bloot misverstaan word. Of dit opsetlik is of nie, die indruk wat die kyker kry, is dat Satan nie eintlik so ʼn slegte ou is nie.”

Hy sê dit is belangrik die invloed van televisie en flieks op mense in gedagte te hou. “Baie mense sal dit bloot afskryf as fantasie. Ons geskiedenis toon egter dat flieks, televisiereekse en musiek ʼn sielkundige invloed op mense het. Ons glo Satan is die bron van alle kwaad en daar is niks onskuldig daaraan nie. Dit het ʼn invloed op mense,” het hy gesê.

Burger vertel die reeks kan ʼn baie negatiewe invloed op die samelewing te hê. “Ons is oortuig daarvan dat die nuwerwetse uitbeelding van Satan aanleiding sal gee tot bose gedrag, omdat dit uitgebeeld word as oukei in die reeks. Die Lucifer-reeks vermenslik die verpersoonliking van die bose tot die mate dat duiwelshede oukei raak.”

Hy sê selfs al is dit bloot ʼn storie, is dit nie aanvaarbaar nie. “Boosheid, of die verpersoonliking daarvan, behoort ten sterkste veroordeel te word en nie op ʼn simpatieke of oulike manier op televisie uitgebeeld te word nie. Baie mense beskou stories op televisie of radio as die werklikheid en daarom kan dit nie as onskuldig gesien word nie.”

Burger vra namens die Christelike kerkleiers van Suid-Afrika dat M-Net die reeks heeltemal kanselleer. “As gevolg van ons geestelike en morele verantwoordelikheid teenoor die samelewing, wil ons daarop aandring dat M-Net onmiddellik die reeks in sy geheel kanselleer. Ons doen ʼn beroep op die bestuur van M-Net om sy maatskaplike verantwoordelikheid na te kom vir ʼn nasie wat geteister word deur misdaad, geweld en allerhande vorme van kwaad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Jan ·

As julle nie daarvan hou nie, moet dit nie kyk nie. Dis ‘n kwessie van vryheid van spraak, bloot omdat julle nie daarvan hou nie beteken dit nie julle kan sensuur kom toepas nie. Baie mense kan gemaklik die verskil tussen feit en fiksie onderskei.

Francois Kroukamp ·

Ek is bly jy kan die verskil ken. Ek neem aan jy is n ateis want ons Vader laat nie toe dat sy kinders hom en die duiwel dien nie. Dit help nie jy se jy kan tussen fiksie en die regte lewe onderskei nie want dit is nie moontlik nie

Lynette Hugo, ·

Dit is nie n kwesie van kyk of nie kyk nie, en soos bogenoemde uis jy seker n ateis, want glo my daar is baie van die jeug wat dit sal wil kyk omdat hulle nuuskierigheid geprikkel is, maar soos dit nou in die nuwe suid afika gaan is dit ondenkbaar om sulke goed te vertoon, hetsy christen of atheis, jonk of oud, dit is onmenslik en baie gevaarlik.

Annatjie Kruger ·

Jan, die problem is nie die mense wie tussen fiksie en die werklikheid kan onderskei nie, maar wel die mense wie dit nie kan doen nie. En daar is baie van hulle – sommige reeksmoordenaars. “Vryheid van spraak” word onwillekeuring ingeboet wanneer iemand sy/haar sin kry. Een person will sensuur hê, die ander persoon nie. Iemand hier moet aan die kortste end trek. Dit gaan ook nie hier oor my en jou “Vryheid van spraak” nie, maar wel oor die vatbaarheid van die mense, wat op een of ander manier deur ‘n program, fliek of selfs boek beinvloed kan word. Dit is juis ook die afgesaagde en belaglike stelling van “as jy nie daarvan hou, moet nie kyk nie” wat dwars in die krop kan steek. Net soos jy betaal mense vir hulle TV lisensies en het hulle die volste reg om beswaar te maak teen programme wat hulle dwars in die krop steek.

Barend ·

Dis n grap. Is dit dieselfde kerke wat homoseksuele huwelike toelaat wat nou praat. Nee wat die kerke knyp self die kat in die donker. Kry maar eers julle kant skoon voordat julle ander wil vertel wat hulle mag kyk en nie mag kyk nie. Julle woord dra geen krag nie agv van julle dubbelsinnigheid.

Willem ·

Sê en dink wat julle wil, die dag is naby en waneer daai dag kom, sal daar van julle wees wat se harte gaan staan van angs waneer julle vir Jesus uit die hemele sien neerdaal om sy kinders te kom haal en dan sal daar groot spyt heers onder die mensdom. Almal is gebore met daai innerlikke stemmetjie wat vir jou sê as iets nie reg lyk of voel nie en my stemmetjie sê vir my hierdie program het geen goeie uitkoms nie. Net my 2 sent opinie natuurlik.

Jan Louw ·

Die NG Kerk sal nie in die gesprek kan saampraat nie want die Sinode het met die samewerking van die huidige kerkleiding in 2011 en 2013 besluit om ruimte te maak vir mense in die kerk wat nie in die duiwel glo nie!
Hulle gewetens is aan hulle eie sinodebesluite gebind.

Joh. 3:16 ·

Die Kerk van Jesus Christus se opdrag is om sy Evangelie boodskap te verkondig. Dit moet insluit om mense te waarsku teen kwaad. Maar die Kerk het nie die mag gekry om die wêreld te reguleer nie. Hoekom nie? Hartsverandering kom nie deur regulering nie, maar wedergeboorte en bekering. Dwang verander nie harte nie. Dwang deur regulasie lei tot voorgee. Vat die dwang en regulasie weg, vat mense net weer die sondes wat hulle harte begeer. As die kerk moes reguleer, wat dan van die ontelbare ander kwaad wat meer ooglopend mense elke dag teister? Daarom moet die kerk Jesus Christus preek tot bekering en nie probeer dwing deur regulasie nie. ‘n Hart is eg en opreg as God deur sy Gees ‘n hart verander het om nee te sê vir kwaad al word die kwaad aangebied. Sonder hierdie onderdanigheid aan God sal ‘n ongelowige net kan voorgee.

Leon Coetzee ·

niks … en hulle het ook niks te sê nie … siende dat hulle in die verlede selfs n kommittee gestig het om ondersoek in te stel na die blote bestaan van die duiwel … hoe kan hulle dan verwag word om dit waaroor hulle nie eers sekerheid het nie (i.a.w. fiksie) te veroordeel?

Jorese ·

Hierdie is van die AGS en PPK gemeentes wat beslis nie gay huwelike toelaat nie, ek weet want ek was jare lank deel van die AGS en is nou PPK. Let wel dat die NG kerk wat dit wel toelaat geensins enige iets hieroor gesê het nie

MFP ·

Ek is bly iemand neem standpunt in teen die tv-program. Ek kan nie glo dat Dstv of dan mnet dit toelaat nie

Wilma ·

Change die channel dan hoef jy dit nie te kyk nie, of cancel jou dstv!

Music_freak ·

Ek is self ongelowig, maar ‘n mens kan natuurlik ook die argument aanvoer dat Satanisme ‘n erkende geloof in Suid-Afrika is. Almal moet dus oor dieselfde kam geskeer word, want die Grondwet maak voorsiening daarvoor dat daar nie op grond van geloofsoortuigings gediskrimineer mag word nie. Daar is baie grys gebiede hier. Persoonlik dink ek Lucifer is goeie kwaliteit program in ‘n aanvaarbare tydsgleuf. Miskien moet die kerk minder fokus op fiktiewe TV-programme, en meer konsentreer daarop om hul leiers se vingers uit die koffers te hou. #AndriesEnslin

mujaliva ·

Ek stem saam almal moet oor dieselfde kam geskeer word. Dit sluit in dat jou oortuiginge nie ander mag benadeel of in gevaar stel nie. Satanisme kwalifiseer egter nie aan die laasgenoemde nie.

Music_freak ·

Ek stem saam, mujaliva. Jou oortuigings behoort niemand te benadeel nie. Christenskap voldoen ongelukkig ook nie hieraan nie. Dit strek tot nadeel van verskeie individue wat graag in die N.G Kerk wil trou, maar daarvan weerhou word op grond van hul seksuele oortuigings. En dink net hoeveel behoeftiges kon baat by die miljoene wat Andries Enslin se wildsplaas gekoop het. So dit wil voorkom of geloof in die algemeen deesdae meer skade as goed doen.

amelia ·

ek hou noggal van die reeks…. hoekom moet daar mense wees wat kla as hul net die tv kan afsit of n “channel change”kan doen… het julle nie iets beter om oor te kla nie????

Mick ·

Niks nuuts van die Volle Evangelie Kerk om oordeel uit te basuin nie. Veertig jaar lank was my ma ‘n lidmaat en kon nie langer dienste bywoon weens siekte nie. Hulle wou haar nie begrawe wanwee “nie-dienende lidmaatskap vir 12 maande” nie. #justsaying. Moenie iets kyk wat jy nie kan hanteer nie. My geloof is sterk genoeg om beter te weet. Selfde vir kinders wat goeie opvoeding ontvang.

peter ·

The church is all about control. People are leaving the churches as the message from the pulpit is old and all about money. Jesus himself threw the ‘loan sharks’ out of the tabernacle. Maybe it is time the christians stood up for themselves and got rid of the money grabbers. You are victims of a serious lie. If the message of christianity is so strong and true, why would people flock over to the Dark Side? You know the truth in yourself….or are you weak? Pastors, why do you not trust your own teachings? Now you want to change the world as you can not trust your own people. Just very, very sad and suspect!
Regarding the series ‘Lucifer”: Funny and not as serious as Diminion! But very very far from the truth!

Ina Smith ·

Presies ,, as dit pla , kyk verby , Almal kyk 7de Laan / isidingo en ander sepies Tv programme waarin Owerspel , lieg , bedrieg, saamslapery , moord , soft porn .( wat onder die lakens gebeur maar nie die volle toneel nie ) ek kan aangaan oor wat nog gewys word ,, kinders kyk saam na dit en niemand kla daaroor nie ? Hoekom nie? Nee wat munie dubbel standaarde hê nie . Daar is baie ander programme wat erger is ..

Spikkel ·

Ek is van mening dat die Christene moet begin opstaan vir ons geloof. Die gebruik van die Here se naam tydig en ontydig moet ook aangespreek word. Indien Mnet nie wil gehoor gee, boikot hulle.

se net ·

Spikkel…. vanaand as jy by die huis kom, asb haal jou tv remote se batteries uit en gooi dit ver weg … moet nooit weer die tv aansit nie asb…

Jan ·

Spikkel, julle is baie welkom tot julle geloof en om op te staan vir julle regte. Die nie-Christene wil bloot net nie he dat julle idees op hulle afgeforseer word nie.

Grant ·

Wat gaan dit help om die reeks te kanselleer? Laai dit net van die Internet af. Ek wonder of hulle wel die eerste episode gekyk het?? Dis donker humor en as hulle dieper gekyk het as die naam, sou hulle agterkom dat Lucifer na die goeie kant ook neig. Half in twee geskeur….”good and evil”. Almal van ons is “good and evil”. Niemand is net spierwit nie. Kyk die reeks of kyk dit nie, maar om so ‘n bohaai te maak….regtig?

Karolis ·

Ek weet nie watter episode is volgende nie maar niemand gaan die volgende episode mis nie.

Cleo ·

Presies. Mense kyk vas in die reeks se naam, maar ek wonder wie werklik al die reeks gesien het. Mense is mos altyd te vinnig om kommentaar te lewer.

T ·

GRB, Jy was duidelik nog nie in die NG kerk nie. Ons het nog nooit voete gewas in ons kerk nie. Maak seker van jou feite.

Blondie ·

En daar het lucifer sy doel bereik. ..’christene baklei onder mekaar’ en waaroor. ..lucifer. …

susan ·

Korreksie. Nie christene wat onder mekaar baklei nie. Christene teen atiëste!!!!

MissCalamity ·

Susan. Meeste is Christene wat onder mekaar baklei. Gaan kyk bietjie na vandag se kerke. Almal gebruik die bybel en lees die selfde bybel maar almal se insig is anders en glo anders. Hoe is dit moontelik as ons dan een Vader het, hoekom dien kerke God in verskillende maniere? Jesus het mos kom wys hoe ons God moet dien. Wat dink jy gaan gebeur as jy al die kerke by mekaar sit? Die ags het hulle uitsig, die ng het hulle uitsig, die jehovah’s het hulle uitsig, die rome catholic het hulle uitsig, die ou en nuwe apostolie kerke het hulle uitsig. O en om dit te top glo elkeen van daai kerke hulle kerk is die regte kerk en hulle gaan gered word……….

Danie Kok ·

Music-freak

Die Bybel sê duidelik in Hebreërs 12:2 “..die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof…” Dit beteken bloot dat die wedergebore Christen sy/haar oog altyd op die Volmaakte, (Jesus Christus) moet hou en NIE op mense nie (#Andries Enslin). As selferkende ongelowige sal jy ongelukkig dit nie verstaan nie, maar dis gelukkig JOU eie keuse…

Music_freak ·

Danie, aanhalings uit die Bybel is beswaarlik die wyse om hieroor te redeneer. Om daardeur ’n ongelowige (soos myself, en ja, uit vrye wil) van jou argument se geldigheid te probeer oortuig is puntloos. Soos die ou gesegde lui: “As ’n boom in die bos val en daar’s niemand om dit te hoor nie, is dit steeds ’n geluid?”

ELIZE ·

…… dis hoekom daar gesê word : die grootste leuen waarmee die Satan nog altyd weggekom het, is om die mensdom te laat glo hy bestaan nie……

kobus ·

Ek kan nou sien na aan leiding van hierdie boodskappe hoekom ons land verval in sedelose, korrupte en n goddelose, bose land, sal vir julle bid, die hel is n werklikheid nie n romantiese fantasie nie, jul is gewaarsku, jul bloed is nie op my hande nie, moenie vergeet nie, maak nie saak of jy glo of nie, God bly lief vir jou, VIVA Dr Sakkie!!!

KampStaaldraad ·

Ek dink wat rêrig hier bedoel word is die invloed wat sulke programme op ons het en ons kinders, maak nie saak wat die geloof nie. Dit is nie so cool as een van die programme iemand inspireer om iemand anders te vermoor of te sacrifice in ‘n ritueel nie. Spyt kom altyd te laat.

Cleo ·

Het jy al enigsins hierdie program gesien? Want Lucifer vervolg juis sulke mense.

Deon ·

Dr Burger dit vat ‘n Man om vreesloos by die Almagtige God en Sy Woord te hou. Enige pappert kan die wereldse aardse aanpasbeleid of geengodbeleid ondersteun. Die NG-Katoliek-lite het sinode na sinode verskuif na die WRK se anti-Jesus-beleid.

Hou so aan Protestantse Kerkleiers. Die Calviniste is nou allegodsdienste-is-okei. Die uitsondering die APK. Maar hoekom stil in die verband APK?

Laetitia ·

Hoekom was daar nie so ‘n groot boo-haai gemaak oor die “Bruce Almighty” fliek nie – dis tog immers ook fiksie – selfde as die “Lucifer” reeks. Ek se maar altyd “to each his own” – as jy dit nie wil kyk nie – MOET DAN NIE. So eenvoudig soos dit.

Annemarie ·

Ek is mal oor die reeks. Ek giggel in my mou en besef net hoe sterk is my geloof. Daarom kan ek na hierdie reeks kyk sonder dat my gewete my pla. Waarom kla niemand oor reekse soos True Blood, American Horror Story od selfs die Crime-kanale op DSTv nie? Goeie genade. Ongelooflik hoe mense nie die son op iemand anders se koppe gun nie. Ek geniet nie 7de Laan nie – ek kyk dit nie. Moenie na die “duiwel” kyk as dit jou kwansuis pla nie. Lees ‘n boek. Slaap. Wees net gelukkig en vredevol toe?

Sunette ·

Dit verbaas my elke dag meer en meer hoe verveeld mense met hulle lewens is. Dis ‘n tv reeks en niemand forseer jou of jou kinders om dit te kyk nie. Ek kyk dit en niks daarvan laat my na die tyd dink die duiwel is awsome nie. Jy kyk dit, dis entertaining, jy lag bietjie en dis verby. Dis soos al daai mense wat so ‘n groot bohaai opgeskop het oor Bruce Almighty. Word groot. Kyk wat gaan in ons land aan en beeys asb aan my watse tv reeks dit veroorsaak het. Hulle se iemand wat altyd die ander persoon beskuldig van dieselfde din staan self agter die deur. Ek wonder watse naam os daar vir mense wat satanisme en die duiwel in elke klein dingetjie soek.????

Ilse ·

Om niks te doen of om net jo tv af te sit of channel te change gee jy jo toestemming en se dis reg. God het ons ni geroep om passiewe kinders van Hom te wees ni, maar op te staan vi dit wat reg is. Al hierdie dinge is net n teken dat Jesus se Wederkoms om di draai is. Di programme wat my hare di meeste laat reis is op di kinder kanale en ouers laat dit toe dat hul kids dit kyk! Di hel is n werklikheid of jy daarin glo of ni. Jesus gaan sy kinders gou kom haal en di wat ni gereed is ni, bly agter en gaan nog baie erger dinge beleef as n program toegewy aan satan!! Sterkte aan die wat nie in di Wekderkoms glo nie. Jul gaan spoedig die waarheid ervaar.

MissCalamity ·

Die kerke doen dan niks oor die slegte goed wat gebeur…….. so dis okay. Maar hulle moet tog hulle stemme dik maak oor een program, wat van die ander?

Sorika ·

Aan almal wat kommentaar gelewer het en nog gaan, Jesus het vir DIE HELE WERELD se mense aan die kruis gesterf of hulle in Hom glo of nie. Sy liefde en genade is groter as enige bakleiery. Ek gaan nie vinger wys nie, maar ek weet dat wanneer die wederkoms gebeur gaan daar baie teleurstellende mense wees omdat hulle nie Jesus ten volle wou aanvaar nie.

LUKAS ·

As jy nie “Lucifer” wil kyk nie, doen jouself dan ‘n guns en kyk een van die ander 119 kanale op Dstv. As jy ‘n kerk mens is en soos ou Genis van Kooperasie-Stories diep beswaard voel, gebruik die 40min van “Lucifer” wat jy voor die TV sit en niks doen en lees jou bybel.

Cleo ·

Ek waardeer dat julle almal opstaan vir die Christen geloof, regtig ek doen. Maar hoeveel van julle besef hierdie is nie n Christen land nie? Die land laat vryheid van geloof toe, en kan geen geloof dus voorgetrek word nie. Hoe sal jul voel as daar Islam programme uitgesaai word in die “prime time” slots? En ek wil ook graag weet wie hierdie program al gesien het voor hul kommentaar lewer? Sekerlik kan mens dit uit n ander oogpunt sien dat Satan op aarde die skepping ervaar en die emosies wat God in die mens ervaar het en dus nou verander?

Sorika ·

Cleo baie dankie dat jy ons Christene respekteer en ons respekteer regtig jou opinie ook. Net oor jou aanhaling dat hierdie nie ‘n Christen land is nie, gaan Google asseblief “religions of South Africa” en gaan kyk self of jou standpunt nog korrek is. Maak nie saak wat jou geloof is nie, Jesus het vir jou ook aan die kruis gesterf omdat Hy jou liefhet. Die keuse is joune of jy dit wil glo.

Cleo ·

Sonika, ek bedoel bloot dat Christenskap nie die amptelike geloof van die land is nie. Ja die grootste meerderheid mag dalk Christene wees, maar alle gelowe is gelyk in die land. Wat ek hiermee probeer se is dat as jy objektief hieroor dink kan een geloof nie voorkeur kry nie. Ek is seker dat jy sal aanstoot neem as Moslems kla oor die Christen programme op tv, en met reg. Maar so ook voel ek dat Christene nie hul opinies mag afdwing op mense wat nie hul geloof deel nie.

Stan ·

Die kerk moet dalk eers betrokke met ons land se armoede en politiek raak. Los maar die tv programme. Ons weet mos maar die ou satan beteken niks nie. Sy ouboet Zuma, is ‘n groter probleem.

Jan Patat ·

In plaas van tyd te mors om ‘n ope brief te skryf Dr Burger, gebruik eerder daai tyd om ‘n ope brief te skryf oor iets wat eintlik saakmaak. Soos die jakaranda kinderhuis wat ‘n tekort het aan skryfbehoeftes en kos. Of wat van ‘n brief aan jouself om minder van die kerk se geld aan jouself toe te eien en eerder die ‘tiende’ wat julle so vat vir julle groot huise en duur karre aan die te gee wat dit nodig het. In plaas waar jy in jou stoel sit wat jy glo is jou troon om te se wat jy wil gan lees die woord wat jy ook net verkondig waar dit jou pas, Om’n ope brief te skryf en te vra haal Lucifer van die tv af.. So jy en die res van die wat ook hulle stem ‘dik gemaak’ het maak die deur oop vir ‘n ateïs of ‘n satanis sowel as ‘n moslem om ook ‘n ope brief te skryf en daarop aan te dring dat jy jou kerk se deure toemaak want hulle glo nie in jou God nie. Ek glo in dieselfde God as jy Dr Burger, maar ek weet darem op my ‘tender’ ouderdom van 23 daar is belangriker dinge wat aandag kort as ‘n ope brief oor snert . My geloof in MY GOD is sterk genoeg om my veilig te kan hou maak nie saak waarna ek kyk nie.. Twyfel jy oor jou wilskrag Dr Burger?

MissCalamity ·

Dis waar. Mense worry oor bollie in plaas van om die land beter te maak. Hier is soveel slegte dinge wat gebeur daagliks. Hulle wil oor net die een program moun wat van die ander wat net so erg is of selfs erger. Dit is wat my pla van kerke, hulle doen en laate is nie dieselfde nie. Hulle standaarde is so dubbel sinnig.

ST ·

Dis jou keuse waarna jy wil kyk….!
Of sit jou tv af.
Daar was só baie flieks op tv gewees wat erger was as Lucifer, maar niemand het daaroor gekla nie.
Ek glo nie aan satan nie, dus kyk ek na “crime investigation” van die storie.
Elke mens se smaak verskil.
So kyk waarna jy wil!!!!!
Ek stem saam, hou op kla oor die storie op tv en kyk wat werklik in die land aangaan.
Die kerke moet liewerste hulle tyd spandeer en uitreik na mense wat swaar kry, as om oor gemors te kla. Die enigste tyd wanneer die kerke uitreik na mense, is wanneer hulle vakansie hou in ons buurlande. Hoeveel mense in Suid Afrika kry swaar…?

Jorese ·

Ekskuus tog, lyk my jy is so teen die kerk maar in dieselfde asem is jy so betrokke dat jy presies weet wat hulle met hulle finansies aanvang en waar hulle help en waar nie. Moet jou eerder nie uitlaat oor dinge waarvan jy niks weet nie, ek weet vann BAIE kerke wat daagliks betrokke is by tronk uitreike, hospitaal uitreike, straat uitreike. Sondagskole wat na kinderhuise uitreik ens. Ja alle kerke doen dit dalk nie, maar nie moet asb nie alle kerke onder dieselfde kam skeer nie. Tweedens as ek jy is is ek baie versigtig oor die uitlatings wat ek maak teenoor God en Sy mense. Elkeen gaan voor God staan en rekenskap gee.

Suzette ·

Ou jan patat deel jou passie. Doen iets nuttigs ipv te kerm oor goed wat onvermydelik is. Ons weet dit gaan kom. Openbaring waarsku ons daaroor, so hoekom kerm en neul daaroor. Niemand gaan dit wegneem nie. Ek glo aan Jesus my Saligmaker en aanbid die Vader en die Heilige Gees is my leiding. Ek weet waarna om te kyk en wat om te doen. Ek spandeer nie my geld op “kerke” wat tiendes ens ens ens versoek en half afdwing nie maar laat die Here my lei na waar en hoe ek dit moet versprei. Ek behoort ook aan GEEN KERK nie, maar wel aan die Here en as ek soms, by ‘n kerk AANBID het ek die keuse of ek weer wil of nie. So niemand behalwe my Here sal my ooit in n rigting indwing nie. Ek glo en vertrou in niemand anders as my Here nie. Mense, predikante, pastore, priesters en wat ook al het almal voete van klei. Enigste Rots, Anker en Verlosser in my lewe is my Here. Voor ek enige iets doen vra ek eers, wat sou Jesus gedoen het? Die antwoord kom op duisend en een maniere luister net en jy sal dit hoor.

elsabe ·

2 TIMOTEUS 4 :2
“verkondig die word; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerle, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee..”

Kobus ·

as ek hierdie komentare lees word dit duidelik hoekom hierdie land in so n gemors is, die hel is n werklikheid en nie n getomantiseerde tv reeks nie, jy weet wat die waarheid is, jul moet gewaarsku word dat daar wel so iets is en jul bloed is nie op my hande nie, onthou dat wat ookal jou mening is bly God nog lief vir jou, ek sal bid vir hierdie land sodat die sluiers van jul oe gelig word, VIVA Dr. Burger !!!

Sonnika ·

Ek lees almal se kommentaar en kan nie help om hartseer te wees. Miskien moet almal n dag in n kriminele hofsaak sit en die verwoesting sien en ervaar. Dalk moet almal wat so gemaklik “sleg” kan goedpraat as fiksie in n hof kom sit waar n 9 jarige dogtertjie verkrag en vermoor is om realiteit te kan sien. Interessant dat die eerste les wat in Kriminologie aangebied word wanneer jy n regsgraad studeer juis die impak van media TV en flieks behandel word. Dalk moet ons begin om op te hou om vir onsself te lieg en eerder die waarheid in die oë begin kyk. Ek SIEN die REALITEIT van stories soos LUCIFER elke dag in ons land se howe.

Maddox ·

Baie dankie Sonnika, ten minste som jy die hele probleem 100% reg op.

secret ·

Ja dis hartseer oor hoe en wat die vyand(lucifer) so gou regkry. Hier kry hy nou weer lekker want ons mensies val mekaar aan(in woorde). So brei hy sy doel net uit en uit…iets wat begin as tv. Program, musiek, media ens, gebruik en misbruik satan tot sy voordeel en doelwit. Hy saai onmin, tussen eie landgenote, bring woede en haat en dan soos haat, woede, jaloesie ens opvlam sit ons met erge misdaad, moorde, diefstal ens op hande. Ons mense is veronderstel om saam te staan, en dit kan gebeur ja, maar ou satan slaan sy kloue net dieper in. Grootliks moet ons elkeen maar selfondersoek doen, kyk waar en waarmee ons in ons land kan help en die sukkellendes, armes, bejaardes enso bietjie intrek met liefde. Ons besluit self wat om te lees of op tv te kyk ja, maar media en tv speel baie groter rol in hierdie tyd van dae…hetsy slegte of goeie invloede. Kom ons wees lig in n donker en hartseer land en maak eerder dissipels vir God se Koninkryk. En jammer ekself ver van perfek…probeer ook en dit deur Sy genade elke dag.

Se wie? ·

Ek is bly dat mense wat daagliks in die howe staan perspektief na die tafel bring. Dankie vir die insig.

Spikkels ·

My God is groter as die belaglike redenasies van mense. In jou hart sal jy weet of dit wat jy kyk en doen reg is deur die Heilige Gees wat in jou werk. Bid en bemoedig mekaar om die wedloop te voltooi. Jy mag as Christen mense probeer waarsku anders het jy hulle bloed op jou hande maar as hulle nie wil luister nie moet jy nie oordeel nie maar jou deel is gedoen. Die Here gee ons dan toestemming om van die mense te ontrek en hulle oor te laat aan hulle vleeslike begeertes. Bly bid en glo. Die storie is lasterlik maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. So as jy as Christen na die storie wel kyk bid en vra vir die Here of jy die regte ding doen en laat die Heilige Gees met jou hart praat.

Kind van God ·

Dit is die plig van die gelowige om mense uit liefde the vermaan oor wat verkeerde is. Dit is egter elke persoon se eie keuse wat hy met die vermaning maak. Weet egter dat God sal oordeel en nie mense nie. Kyk maar die program,maar onthou dat jy nie onkunde as n verskoning het nie.

Max Berg ·

Die TV open die wereld (duiwel) se rioolslote in ons sitkamer ! Soos die duiwel se , hy sal hul so mooi dood maak , hul sal nie eers agter kom hul is dood nie !

Danie Kok ·

As ek so na al die kommentare kyk sien ek dat die satan baie Afrikaanse kinders het. Wat het geword van my eens Godgelowige ou volkie, dat so baie van hulle sulke ywerige kampvegters vir die bose geword het?

SkarrelKind ·

Danie – om te sê dis elkeen se keuse om te kyk wat hulle wil, beteken nié ek blaas die bose/geweld/moord aan nie en dit maak my ook nie ‘n kampvegter vir die bose nie. Ons is volwassenes, ons kyk al jare flieks wat geweldadig is en ek nog niemand vermoor of aangerand nie. Jy hopelik ook nie. Die Skandinawiese lande is van die veiligste om in te woon en dis almal sekulêre lande. Wat is jou punt?

Music_freak ·

Danie, die feit dat jy na ongelowiges verwys as Satan se kinders is beduidend van jou argaïese denkwyse. Die woord “ongelowige” beteken juis dat ek geen geloof aanhang nie. En kom ek spaar jou die moeite – jou antwoord hierop sou waarskynlik iets wees soos: “Wie nie aan My kant is nie, is teen My.” (Luk 11:23) Jy moet liefs van die idee afstand doen dat ons nog ‘n Godgelowige volk is. Die hoeveelheid Suid-Afrikaners wat hulself as gelowig beskou het tussen 2005 en 2012 van 83% na 64% gedaal. (2012 Win-Gallup International Religiosity poll) Goed en boos is mensgemaakte konsepte. En kampvegters swaai baniere rond.

Andrea van Vuren ·

Danie Kok, jy wonder wat het van jou eens gelowige ou volkie geword. Die dag toe TV gedurende die sewentiger jare in ons huise gekom het, het Lucifer lekker gelag! Hy het ‘n gemaklike vastrapplek gekry.

Danie Kok ·

SkarrelKind – En wat presies is joú punt? Dat Suid-Afrika ‘n Godsdienstige land is en dit derhalwe die oorsaak is van ons land se ellende? Ek het nuus vir jou, hierdie land is allesbehalwe Godsdienstig en die meerderheid Afrikaners ook nie. Moenie in die sekulêre strik trap en Godsdiens (wedergebore Christenskap) met godsdiens (religion) verwar nie, daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen die twee. Jou skimp oor sekulêre Skandinawiese lande is dus totaal misplaas en onvanpas want SA is meer sekulêr as hulle. En kyk hoe gaan dit hier…

Danie Kok ·

Music_freak – Jou modernistiese siening en ateïsme maak jou geensins alwetend of reg nie, net bejammerenswaardig. Ek antwoord jou wel uit die Bybel, maar nie uit die gedeelte wat jy so arrogant sommer vir my besluit het nie. Openbaring 22:11 “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word…” Dis presies wat in die wêreld aangaan in ons dag. Net oor julle “beterwetend” besluit God bestaan nie, laat Hom nie verdwyn nie! Ek stem glad nie met jou saam nie maar ek respekteer jou gegewe demokratiese reg om te glo wat jy wil. Jy neem mos immers self verantwoordelikheid vir jou eie deurdenkte besluite, dan nie?

Terloops, ‘n kampvegter veg, stry of verdedig ‘n saak soos wat jy en andere in jul kommentare vir Lucifer en ateïsme duidelik in die bresse tree. Betogers, ander die ander kant, swaai gewoonlik baniere rond. Groot verskil tussen die twee…

Hennie ·

Ons almal ken die satan en sy werke, maar as kerk leiers nou eers begin om te kla oor tv en programme oor die engel van die lig, weet ek darm nie. Daar is baie meer belangrikker dinge waar hulle kan kla en ń verskil kan maak in Suid Africa. Bv. Bid en gaan praat met ons president en sy travante. Hulle is so evil dat die duiwel homself by hulle kan kers opsteek.
Liewe kerk, hou jou asb besig met dinge wat saakmaak. Het julle al gekyk wat op die ander tv kanale aangaan.? Dis ń skande dat julle so oningelig voorkom. Skyn jou lug en hou op kla!

Misscalamity ·

Nog nooit soveel skeinheiligheid in een artiekel en kommentaar gesien nie! Almal van ons weet dat die TV, selfone en rekenaars, meer deur satan as God gebruik word, tog is daar ‘n tv of rekenaar in amper elke huis en ‘n selfoon in elke hand. Ons maak gerieflik “ons stemme dik” as dit vir roem of publiesie is, maar kyk hoeveel geweld, seks en demonisme laat ons toe in ons lewens! Waar ons stemme “dun” gehou word, soos dit ons pas. Geen deel van die wereld is ons defnitief nie! Ons is warm oor sekere goed en koud oor ander, so eintlik is ons louwarm en die Here het gese hy hou nie daarvan nie! Word wakker mense, ons moet ophou selektief wees en standpunt inneem, dalk sal God weer aan ons dink en verligting bring.

Natasha ·

Ek laai dit af van die internet af, en dis glad nie so sleg soos wat daar gedink word nie. Dis nou waar die sê ding “Never judge a book by its cover” vandaan kom.

Mdp ·

Ons nader die laaste tye, Satan se planne is besig om in plek te val. Tegnologie, innovering, wetenskap, staatsbeheer, media, musiek, en selfs kerke is alles deel van sy plan om so veel as moontlik siele te wen. Al di dinge wat besig is om te gebeer het geen keer nie. Die mens glo dat sekere dinge onskadelik is sodat sy planne tot uitvoer kan kom. Openb 22:11 wie onreg doen laat hom nog meer onreg doen, wie vuil is laat hom nog vuiler word, en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.

Louis Pretorius ·

Dit is Gnostiese lering vanuit die boonste rake. MAAR: flieks soos war of the worlds en Independence Day ens maak die mensdom gereed op ‘n inval vanuit die ruimte (Christus moet weer vanuit die wolke neerdaal met Sy wederkoms) en poog om die mensdom saam te voeg tot aksie. Dan flieks soos Legion, X Men Apocalypse, Batman vs Superman en Gods of Egypt poog om vir God die Skepper as die bose en verglustige uit te maak wat daarop uit is om die mensdom te vernietig sonder genade en dan- raai raai: flieks soos Lucifer, die huidige Lucifer tv reeks en talle ander poog om vir Satan as die een wat ingedoen is en wat eerder vir die mensdom sal help- uit te beeld. Raai waste verhoog word tans voorberei….

Oom Boer ·

Soos ek maar altyd vir my kinders en kleinkinders gesê het : As jy na ‘n sokkie of klub of waarookal wil gaan of iets wil doen ens, sê dan net vir jouself “Is dit die omgewing of plek waar GOD my wil sien of is dit waarheen ek graag GOD sal nooi om saam te neem” as die antw nee is bly weg of doen en kyk dit nie. Wees jy jouself in geloof die Meester van jou hart met God se leiding want niemand anders hoef jou te oorreed of jy ook nie ander nie. So ek vermy om na die “Lucifer” te kyk.

ST ·

Wie gee die kerke die reg om namens ons te praat? Hulle het niemand se toestemming gevra nie.
Ek hou van die stories wat op Mnet / DSTV is en ek sal dit kyk!
Ek as ouer sal elkgeval sorg dat my kinders stories kyk wat hulle mag kyk.
Die ouens wat wil kla oor stories wat op tv verskyn, sit jou tv af en hou jou besig met iets anders. Hou jou neus uit ander mense se sake!!! Julle is jaloers omdat die skrywer meer geld maak as julle.
Mnet / DSTV hou Lucifer op tv, sodat ons in rus en vrede ons stories kan kyk.

Luister ·

Baie komentators sê: moenie kyk… of, hulle, en hul kinders ken die verskil tussen reg en verkeerd. Wat van dié wat dit nie ken nie. Die tronke is vol van hulle, en hulle is ‘n gevaar vir almal, ook vir jou en jou familie. LUCIFER MOET VAL!

Cornelia ·

Sonnika, wat jy se is tog so 100% die waarheid, maar die mensdom verkies
om maar anderpad te kyk!

Elizabeth ·

Dankie vir mense soos Sonnika se komentaar. Jy en baie ander wat in soortgelyke beroepe staan het feitlik elke dag te doen met die bose en die werke wat daaruit spruit uit die aard van jou beroep. Ek wens jou sterkte toe..my dogter is self in die beroep en dit vat mannemoed om soms hierdeur te kom..ek haal my hoed af vir elkeen wat op n daaglikse vlak hiermee te doen kry en daardeur moet veg vd behoud vd goeie ongeag wie jy is…n ouer van n dwelmverslaafde weet hoe die einste satan wat nou so opgehemel en versag word se onsigbare hand v werksaamheid n lewe..n gesin..n familie kan verwoes.
En daar le die groot oplossing vir hom en sy trawante.
Slaan waar dit die seerste slaan…as jy die gesin kan verbrokkel deur die bose werking van als waarteen God se Woord jou waarsku..dan gaan volke ten gronde.
Dis Jou keuse en jou besluitneming..verantwoording gaan jy verseker moet doen met die wederkoms indien jy in dit glo, andersins moet jy die gevolge dra ek dink jy is al meermale hieroor ingelig..ek oordeel en veroordeel nie..dit kom ons Jesus toe.

Vicky ·

Ek stem dat dit vir jeug is om te besluit of hulle dit wil kyk of nie. En hoekom die waarheid wegsteek? Weet jy hoeveel regte mense in vandag se lewe gedoop is met die naam Lucifer? Dis nie sondes nie. Asseblief tog. Maak die mense eerder bewus daarvan, se vir hulle, dit maak nie saak wat die beeld is wat julle sien van Satan op TV nie, die Bybel praat die meeste waarheid (net waarheid). Daar is 100de dvds om van te kies in die winkels, horror movies, exsorcism (spelling) wat die duiwel na maak. Tieners neem dit uit en kyk dit voor hulle ouers of sonder! Dis net ‘n tv program, nie ‘n sonde las wat die kinders van God af gaan laat dwaal nie.

Lize-Marie ·

Hoekom word die tv reeks Supernatural Vampire diaries Originals en movies soos Harry potter en daai ook nie geboikot en ‘n gemoan oor nie?

Erik ·

Mense sien die naam en maak aannemings. Ek wonder hoeveel van julle het eintlik die enige van die episodes al gesien…al wat ek tot dusver gesien het is ‘n ou (Lucifer) wat baklei teen dit wat verkeerd is en mense help wat in die moeilikheid is met geen begeerte om terug te gaan hel toe nie… Julle mis die punt

Sam ·

Die kat in Cinderella (‘n fliek vir kinders) se naam is Lucifer, in Alladin (‘n fliek vir kinders) aanbid hulle vir Alla gaan kyk bietjie kinderstories. Dalk moet die wat so bekommerd is wat hulle kinders kyk ‘n slag gaan kyk na die programme wat vir kinders bedoel is!! Lucifer is nie vir kinders nie!

Frans ·

Lucifer is ‘n gevalle engel wat sy posisie lynreg teenoor Christus ingeneem het. Lucifer beskik egter nie oor die vermoë om soos Christus ‘n menslike vorm aan te neem nie.Hy kan dus nooit ‘n biologiese wese word nie. Waar na die hemelvaart van Christus ‘n Trooster
in sy plek gekom het bekend as die Heilige Gees versinnebeeld Lucifer die Onheilige Gees en is dus deel van die bose geeste, wie se hoofdoel hoofsaaklik is om verwoesting op aarde te saai en soveel as wat moontlik is mense te vervreem omdat Hy weet gemeet aan die ewigheid dat sy tyd hier op aarde kort is. Hoewel die reeks fiksie is is die onderliggende booskap tog dat Christus nie die enigste is wat mens kan word nie en dat selfs die bose instaat is tot goeie dade.Dit is dus in wese ‘n fyn bespotting van Christus en sy lewe en wonderwerke hier op aarde.

Hy het egter wel die vermoë om mense se denke en daarmee hul handel en wandel in hul lewens te beïnvloed.As jy ooit een van Dr Kobus Jonker se lesings bygewoon het en die gruweldade sien van waartoe sataniste in staat is sal jy twee keer dink voordat jy jou kinders toelaat om onder die invloed van op die oog af onskuldige program te kom.

Tiny Nortje ·

Ek het van die begin beswaar gemaak teen die reeks en ook teen godslasterlike prente soos Bruce Almighty. Nou lees ek die kommentare. Mense daar is ligsinniges onder ons, wat so waar as wragtig vir Lucifer (satan, die duiwel, die vyand van die mensdom, wat rondloop om te kyk wie hy kan verslind, wie alreeds geoordeel is,) wil opstaan en verdedig. Nou vra ons hoekom is die wereld in die toestand wat dit is?

Paulo ·

dis so maklik moet dit ni kyk ni. weer wil mense se wat ander mag en ni mag ni. daar word verkrag,gemoor, en alle ander dinge gedoen en di wat dit doen het ni eers tv nie. so dont blame tv. kinders word al jare terug pregnant op 15 en 16 daar was ni tv ni. di meeste mense wat geweld drank drugs ens toon kani eers mnet bekostig ni.dis my opinion maar oop vir debate.

E.K. ·

Jissie ouens – hoekom mekaar en mekaar se sienings aanval in plaas van oor die berig kommentaar lewer? Sug….

Frans ·

Dit gaan oor meer as sienings. Sou ‘n mens op so ‘n fyn manier met die Profeet Mohammed
spot was die spreekwoordelike duiwel los en het koppe gewaai.

pieter ·

En hier steek die engel van die lig sy kop uit.2KOR 11 VERS 14

Johannes Meintjes ·

Wonderbaarlik! Het nie geweet daar is nog kerke met leiers sonder kompromie of subtiele politieke agendas in SA oor nie! Halleluyah! Was juis gistraand by Unashamedly Ethical se Gauteng Oproep na Aksie vir die kerk, regering, NGOs, jeug, verpleging en besigheid. Daar is baie werk, veral sou die kerk terugkeer na die Woord en lidmate na gehoorsaamheid.

André ·

Almal wat die reeks so aanhang en nie fout sien daarmee nie. Maak julle oë oop en sien die werklikheid raak. God se woord sê “My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis”. As julle dink lucifer is okay as ‘n reeks…..maak julle ‘n enorme fout.

VS ·

Dank moet reekse soos Jane The Virgin,Supernaturals,Vampire Diaries ens ook afgehaal word…as jy dit nie wil kyk nie kliek verby. Daarnis hordes ander kanale op dstv wat erg teen morele waardes,normes en standaarde indruis…keuses ONS het vrye wil en keuse…

Danie Kok ·

VS – So ‘n jong kind kan maar met ‘n gelaaide vuurwapen en ‘n plastiese waterpistooltjie gelaat word? Hy HET mos ‘n vrye wil en keuse en SAL reg kies met watter een om te speel, nie waar nie? Hou eerder op om die bose subtiel te verdedig…

Rene van Schalkwyk ·

Laat ek begin deur die Bloed van Jesus te pleit en die Wapen Uitrusting van GOD aan te trek !
Daar is niks goed om hieroor te se nie. Fiksie of nie BASTA !! God laat dit nie toe nie en die een na wie verys word is alles behalwe cool!
Vir julle “ongelowiges” wat hierdie power poging gebruik om mense te draai, die reeks goed praat wil ek net se…gaan aan, verdedig die gemors, maak flou verskoningkies hoekom dit reg is, se sleg en wys vinger…dis alles dinge wat daai ‘cool’ ou wil he julle moet doen.

Ek tik hierdie met ‘n vredevolle glimlag, hoekom? Want eendag wanneer ek by Jesus in die Paradys gaan wees saam met my geliefdes gaan julle wat dit goed praat en verdedig het soos varkies gil en skree vir genade terwyl julle in julle ‘cool dude’ se vuur brand. Spyt kom altyd te laat……but hey die vervaardigers van die reeks gaan verseker saam met julle brand, dan kan julle ten minste saam gil en oor julle favorite show gesels…..

Cathy Rossouw ·

Al wat ek kan sê is asseblief mense maak julle oë oop vir die werklikheid. Die bybel waarsku ons teen hierdie tipe werke van die antichris. Jesus se Naam word al so baie beswadder in meeste van die films vandag. Die wêreld gaan soos nooit tevore nie aan godsdienstige misleiding blootgestel word om die antichristelike nuwe wêreldorde te aanvaar en uiteindelik vir Satan én die Antichris as God te aanbid. Die voorlopers van die valse profeet is nou al intensief met geestelike misleiding en breinspoeling van hierdie aard besig. Kyk wat sê die bybel van hierdie valse leringe: “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk” (Titus 1:16). “…mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim. 6:5).

Oral in die wereld is daar onmiskenbare manifestasies van die algemene antichristelike verval in voorbereiding op die verskyning van die mens van sonde, die Antichris. Wanneer mens nie op die gevaartekens let nie, en sonder inagneming van die gevolge van jou dade voortgaan met waarmee jy besig is, tree jy roekeloos op. Sondes wat op ‘n roekelose en openlike wyse gedoen word, terwyl daar oor die moontlike gevolge daarvan gelag word, neem in die eindtyd toe. Moenie vasgevang word in die web van die antichris nie!

Cathy Rossouw ·

Maak julle oë oop vir die werklikheid. Die bybel waarsku ons teen hierdie tipe werke van die antichris. As ons nie saamstaan as een stem vir Jesus nie dan kan ons net sowel die stryd gewonne gee. Jesus se Naam word al so baie beswadder in meeste van die films vandag. Die wêreld gaan soos nooit tevore nie aan godsdienstige misleiding blootgestel word om die antichristelike nuwe wêreldorde te aanvaar en uiteindelik vir Satan én die Antichris as God te aanbid. Die voorlopers van die valse profeet is nou al intensief met geestelike misleiding en breinspoeling van hierdie aard besig. Kyk wat sê die bybel van hierdie valse leringe: “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk” (Titus 1:16). “…mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim. 6:5).

Oral in die wereld is daar onmiskenbare manifestasies van die algemene antichristelike verval in voorbereiding op die verskyning van die mens van sonde, die Antichris. Wanneer mens nie op die gevaartekens let nie, en sonder inagneming van die gevolge van jou dade voortgaan met waarmee jy besig is, tree jy roekeloos op. Sondes wat op ‘n roekelose en openlike wyse gedoen word, terwyl daar oor die moontlike gevolge daarvan gelag word, neem in die eindtyd toe. Moenie vasgevang word in die web van die antichris nie!

Cathy Rossouw ·

Jesus se Naam word al so baie beswadder in meeste van die films vandag. Die wêreld gaan soos nooit tevore nie aan godsdienstige misleiding blootgestel word om die antichristelike nuwe wêreldorde te aanvaar en uiteindelik vir Satan én die Antichris as God te aanbid. Die voorlopers van die valse profeet is nou al intensief met geestelike misleiding en breinspoeling van hierdie aard besig. Kyk wat sê die bybel van hierdie valse leringe: “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk” (Titus 1:16). “…mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim. 6:5). Oral in die wereld is daar onmiskenbare manifestasies van die algemene antichristelike verval in voorbereiding op die verskyning van die mens van sonde, die Antichris. Wanneer mens nie op die gevaartekens let nie, en sonder inagneming van die gevolge van jou dade voortgaan met waarmee jy besig is, tree jy roekeloos op. Sondes wat op ‘n roekelose en openlike wyse gedoen word, terwyl daar oor die moontlike gevolge daarvan gelag word, neem in die eindtyd toe. Moenie vasgevang word in die web van die antichris nie!

Cathy Rossouw ·

Die wêreld gaan soos nooit tevore nie aan godsdienstige misleiding blootgestel word om die antichristelike nuwe wêreldorde te aanvaar en uiteindelik vir Satan én die Antichris as God te aanbid. Die voorlopers van die valse profeet is nou al intensief met geestelike misleiding en breinspoeling van hierdie aard besig. Kyk wat sê die bybel van hierdie valse leringe: “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk” (Titus 1:16). “…mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim. 6:5). Oral in die wereld is daar onmiskenbare manifestasies van die algemene antichristelike verval in voorbereiding op die verskyning van die mens van sonde, die Antichris. Wanneer mens nie op die gevaartekens let nie, en sonder inagneming van die gevolge van jou dade voortgaan met waarmee jy besig is, tree jy roekeloos op. Sondes wat op ‘n roekelose en openlike wyse gedoen word, terwyl daar oor die moontlike gevolge daarvan gelag word, neem in die eindtyd toe. Moenie vasgevang word in die web van die antichris nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.