Kerkmanne soek swaar vonnis vir Coligny-beskuldigdes

ʼn Gesinslid omhels Pieter Doorewaard by die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng (Foto: Molaole Montsho/ANA)

Die twee mans wat skuldig bevind is dat hulle ʼn tiener van Coligny, Matlhomola Mosweu, doodgemaak het, moet lewenslank tronk toe gestuur word, het die interkerklike leraarsvereniging van Coligny, Dinsdag aan die hof gesê.

Tshose Celo, voorsitter van die vereniging, het gesê die vonnis moet ʼn boodskap stuur dat iemand wat ʼn misdaad pleeg, gestraf sal word.

Hy het ter verswaring van vonnisoplegging getuig in die saak teen Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) wat skuldig bevind is op die moord in 2017. Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp. Hulle het aangevoer hulle wou Mosweu na die polisiestasie neem, maar hy het self van die bewegende bakkie afgespring. Hulle is ook skuldig bevind op aanklag van ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Celo het gesê die vertrouensverhouding tussen swart en wit gemeenskappe in Coligny bly gebroke. Volgens hom het die vereniging die begraafplaas in Coligny skoongemaak as ʼn teken om die gemeenskap saam te bring, maar die spanning bly hoog tussen rassegroepe.

Volgens Celo het Mosweu se afsterwe ʼn negatiewe impak gehad op die gemeenskap van Coligny.

Dit het vroeër vandeesmaand aan die lig gekom dat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die saak, na bewering by twee mense gebieg het dat hy in die hof gelieg het toe hy gesê het hy het gesien hoe die twee mans vir Mosweu van die bakkie afgooi.

AfriForum het op grond van dié bekentenis besluit om Doorewaard en Schutte by te staan om teen hul skuldigbevinding te appelleer. Kriel sê die organisasie dra kennis van ʼn ander priester in die Vrystaat wat ook beweer dat Pakisi aan hom gesê het hy het in die hof gelieg.

Die vonnisverrigtinge duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Wat n kwade dag wanneer “kerkmense” nie eens meer tussen reg en verkeerd kan onderskei nie! Reg en geregtigheid het plek vir vergelding gemaak. Wat n kwade dag! Menere, weet net daar is baie ander “kerkmense” wat vir julle bid. Staan sterk! Die waarheid maak vry.

Lizelda ·

Jammer om te se maar dit sal interressant wees om te weet watter ras hierdie “kerkmanne” is…

Ben ·

Die Bybel se dat ons nie mekaar moet veroordeel nie want 1) Daar is verbonge dinge en 2) Met die selfde hand waarmee jy oordeel sal jy geoordeel word. Stem saam met Hanna, hierdie kerkmanne is nie kerkmanne nie, wat dan sou hulle geweet het wat die Bybel se.

Blikke ·

Nou dat die getuie weet hy kan van meineed aangekla word gaan hy seker weer lieg en se hy het gelieg toe hy gese het hy het in die hof gelieg…..feit is …..hy LIEG!!

Werner ·

Ek kan nie verstaan dat die kerkmanne en skoolhoofde en die gemeenskap deesdae meer se het as die howe het nie piesang republiek in wording of alreeds hier

Pierre ·

Ek het nog nooit gehoor van enige hofsaak waar blankes vermoor is waar die gemeenskap iemand stuur om ter verswaring teen die skuldiges te getuig nie. Ek het nog nooit gehoor of gesien waar blankes weens die moord op ons gesinne dorpe, winkels ens. plunder en aan die brand steek nie. Die sg gemeenskap leier wat hier ter verswaring pleit verloor uit die oog dat ook ons families pyn verduur waar ‘n geliefde vermoor word, ook ons kan nooit weer daardie werlose liggaampie wat nie instaat is om haarself te verdedig nie te kan vashou nie. Is dit dus net ander rasse wat seer het as iemand dood is, hy verloor uit die oog dat hier ‘n blatante leuen in die hof vertel is net om simpatie te kry, nou is dit al sover dat in sy sg uitsprake hy reeds besig is om die gemeenskap van vooraf op te sweep deur die uitlating te maak dat indien hierdie twee mans nie lewenslank tronk toe gaan nie daar weer ‘n opstand in Coligney gaan plaasvind. Maklike manier om die regter te manipuleer en om eintlik daarmee saam vir die emeenskap te se, hier is weer ‘n kans, moor, plunder, steek aan die brand. Daar moet dalk mooi gekyk word na wat werklik agter alles is….

Pieter ·

Coligny is die eerste dorp met selfbestuur bakkies. En kerkleiers” like” dit as lidmate lieg. Dink dis die plek vir my.

ALLIE ·

Hehe…..is dit net ek en jy wat agterkom dat die bakkie autopilot het???? Eks n bouer en ek wil weet waar hulle daai modifikasie gemaak het. Sal my baaaaaiiiiiieeee help op site!

Paul ·

Hierdie is sekerlik die grootste fiasko en tragedie van ‘n verhoor en saak wat ek nog in my lewe van gehoor het, en dit oor ‘n regter wat soos eenrigtingverkeer voortgestorm het met sy kommentaar oor die geloofwaardigheid van die enigste getuie, al was dit vol gate so groot soos maankraters en wat van meet af vir die gehoor gespeel het.

Kyk hoe het dit nou uitgedraai met die getuienis vir verswarende omstandighede en die verwagtinge nou.

Ons gaan die gevolge sien na die vonnisoplegging, en as daar voldoen is aan die skare se verwagtinge. Daar is nie ‘n manier in ‘n miljoen jaar dat mense wat so emosioneel optree weer normaal sal voortgaan nie. En dan is die miljoenrand vraag, wat gaan die dag gebeur as die uitspraak op apél op sy kop omgekeer word? Wat dan? Wie gaan dan verantwoordelikheid neem omdat die saak van meet af sekere sentimente uitgestraal het, dit is nou daardie kraters in die maan wat die regter gesystap het.

Ronel ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom die saak nog voortgaan as DIE ENIGSTE getuie erken het dat hy gelieg het. En dit nog onder eed ook.
Kan iemand dit net aan my verduidelik asb?

Rass ·

Gewoonlik moet daar baie sterk getuies en bewyse wees vir tronkstraf maar dit bewys hoe die regstelsel teen ons diskrimineer en waaromselfbeskikking die enigste hoop verder is.

Wessel ·

Rass, die regter wat uitspraak gegee het in die saak waar ‘n boer per ongeluk sy plaaswerker doodgeskiet het, het bevind die boer het nie genoeg berou getoon nie, en daarom hy die regter hom tronkstraf gegee.

Ania ·

Moet tog asb nou nie dink dit is alle “kerkmanne” nie. Die ware kerkmanne soek verseker geen valse getuienis en onbetroubare getuie nie.

Jannie ·

Mense wat oordeel en hulle self dan kerkmanne noem. Die kerk moet liefs uit politiek bly.
Dit is duidelik dat die sogenaamde kerkmanne ń sekere rassegroep verteenwoordig, hoe dink hulle nou gaan dit wat hulle doen rassespanning verlig en dit nadat dit aan die lig gekom het dat die mans moontlik onskuldig is.

PJC ·

Hierdie saak gaan nog ń paar interressante wendings neem. Ek hoop die publiek is slim genoeg om te sien wat in hierdie saak gebeur het. Hierdie hofuitspraak en bevinding is na my mening nie wat ons van ons howe verwag nie en vertel ń yslike storie van wat besig is om in ons land te gebeur.

P ·

Hoe kon hulle die mens van n bewegende bakkie af gestamp het as al2 blykbaar voor gesit het. Kerk leiers se voet man hulle net so vals en vol haat.

lon ·

dis dalk daai “kerkman” wat hom betaal het om te lieg, nou probeer hy homself cover

Skuldig ·

…ek is JAMMER, maar hulle is skuldig dat hulle die kind ontvoer het en intimideer het en vuurwapen op hom gerig het! Maar hulle is nie skuldig aan moord nie, want hyt gespring??
Hulle is SKULDIG! as iemand n vuurwapen op my rig sal EK OOK SPRING! Hulle het die arme kind geterroriseer! Hulle verdien n straf. Einde van storie.

Grassie ·

“Skuldig” …. jou sg kind is geen kind nie, hy was al groot. Die twee manne het ‘n dief gevang en was met hom op pad polisiestasie toe. Jy beweer dit is ontvoering, intimidasie en terrorisme. Die beweerde rig van ‘n vuurwapen – jy glo klaarblyklik die storie van die self erkende leuenaar. Skort daar nie dalk iets met jou logika nie?

Stella ·

Moenie dink omdat jyhulle,die wat daai dorp so verwoes,se kant kies,hulle jou gaan oorsien wanneer hulle die,daar waar jy bly ook oor iets gaan verwoes en dalk moor ook nie,want enigeiets gee hulle n rede daartoe

DeVill ·

MAW die enigste getuie in die saak het gelieg dat hy gesien het hulle stamp die seun(jy stem saam hy het gespring), maar hy het oor niks van die ander goed gelieg nie….maak dit vir jou sin?

Rupert Ashford ·

Die storie van die “kerkmanne” kom nie van gister af nie… Daai manne gaan beskerming nodig he in die tronk terwyl die appel hangende is. Die broers weet daar is goeie kans dat hulle dalk sal loop…

JohanL ·

Ek is vas oortuig Celo se sienswyse is nie ‘n weerspieeling van al die lede van die sg vereniging nie. Suiwer vanuit ‘n teologiese oogpunt weerspreek sy stelling enige sprake van vergifnis en naasteliefde, om nie eens van waarheid praat te praat nie.

As dit nie so ernstig was nie, kon mens reken hierdie betrokke hof raak ‘n grap met die regter die hoofnar. Dat soveel mense “van buite” moet getuig vr strafverswaring??? Nee wat, my vertroue in regstelsel is in sy peetjie in.

JJ ·

en wat van jou leunaar broer?? Plaas bietjie n foto van die perd wat so gelieg het, dalk moet ons ook bietjie ons eie hof begin hou.

Phillip ·

Waar is die So genaamde kerk manne by wit plaas moorde waar is hulle vir swaar vonnes vir hulle eie mense hoor of sien niks dan nie

Jacques ·

Dit is alles goed en wel om die swaarste straf te soek , mits daar n misdaad was . Die getuie is so swak en ongeloofwaardig dit is nie eers snaaks nie . Gelukkig is ek nie betrokke by die man so sogenaamde kerk nie . Staan sterk manne die einde is in sig .

Shaun ·

Baie mense lewe asof God nie bestaan nie en baie mense DINK hulle ken God en Sy Woord.

Oordeelsdag kom en hierdie land se mense, SAL ge-oordeel word. Here help ons!

Anoniem ·

Die regter word alreeds onder soveel druk geplaas met al die dreigemente van onlus ensovoorts, dat hy geen regverdige uitspraak sal kan lewer wat nie aan die eisers se wense voldoen nie.

Johan ·

Eksodus 20:16 of Deut 5:20. Jy mag nie vals teen ander getuig nie.. Weet die “kerkmense” dat dit in die Bybel staan. Pieter en Phillip, ons ware Kerkmense bid vir julle en staan julle by. Ons GOD is groot en almagtig,

Blits ·

Was een van julle al in een van hulle sogenamde kerke? hulle lees en bid maar as jy kyk na hulle reaksies, hulle maniere van dinge doen, hulle geweetenloosheid, hulle haat dan kan jy vir jou self dink wat daar werklik gelees word en vir wie daar werklik gebid word

Gaitsigubib ·

Manne baie mense dink aan julle, maar die media smoor ons noodkreet. Die ware God is steeds die enigste ware Regter wat mens regverdig sal verhoor en verlos. Julle sal deur dit kom! Ek hoop jul familie dra my boodskap oor. Baie, baie sterkte.

HPV ·

Watter “kerkmanne”? Mens kan inderdaad so vraag vra, waar is hulle as daagliks 50 mense vermoor word, dubbel standaarde en onreg, aan die orde van die dag is? Is dit dieselfde mense daagliks leuens, bedrog, diefstal, korrupsie “n blinde oog keer? Belhar in kerke wil afdwing sonder om te weet wat daarin geskryf staan, lees wat daarin oor onreg geskryf staan! “Kerkmanne” ag asseblief!

Thinus Erasmus ·

Daar is net een manier om hierdie saak te beredder: Laat al die aangeklaagdes en die getuies, in die openbaar gelyktydige leuenverklikker toetse afle, lekker baie spanning en druk, die regter inkluis oor sy verradelike bo redelike twyfel beslissing!
En laat die “kerkmanne” ook verduidelik waar hul die geweldadige vandalisme uit hul Bybel kry.

simon ·

Hey Celo…. hoekom gaan speel jy nie eerder saam die ANC of Eff
wat van die duisende mense wat elke dag vermoor word en die kerk en media
probeer dit van ons weg hou, gaan spandeer jou gebede en energie op dit wat saak maak!

christa ·

die kind het gekry wat hy verdien het. Wat soek hy op ander se eiendom. Seker van kleinsaf geleer dat hy kan maak soos hy wil.

leser ·

die hele “storie” is n groot, GROOT, grap, die hofnar is reeds lankal bevooroordeelt, hy moet ondersoek word vir “kaping”, iemand betaal hom n klomp geld om so n grap van n hof te maak

Johan ·

Dit gaan nie daaroor of die getuie gelieg het of wat die waarheid is nie. Omdat Blankes betrokke is, is hulle outomaties skuldig. As politieke rassistiese siening die regspraak só beïnvloed, waarom geld mors op hofsake om alles wettig te laat probeer lyk?

Johan ·

Die Bybel se dat jy mag nie valse getuienis lewer teen n ander nie, of het dieselfde kerk mense dit nie in Die Bybel raak gelees nie?

Elvira ·

Kyk hierdie mense het gebede nodig want lyk vir my Coligny is n nes van bedrog en leuens. Leunverklikker toetse vir daai klomp “oog getuies”.

Thelma ·

Kerkmanne my agterent man!!! Wat se die Bybel oor vegifnis? Liewe land en ek wed hierdie manne is nie eens skuldig nie. Dit is ‘n rassistiese balspel!

Letitia ·

Stem saam met Allie. Indien altwee binne-in die bakkie gsit het, hoe op aarde kon hulle hom afgegooi het! Miskien was die bakkie , soos Alie sê op auto pilot!

Abe ·

Letitia,
Dis nie wat die hof gese het nie: Die feite voor die hof was dat Doorewaard bestuur het. Schutte was agter op die bak by die oorledene. Lees die amptelike hofverslae weer.

Inge Zaaiman ·

Mnr Prinsloo van Nylstroom distrik met ‘n mes in rug gesteek. Vermeende aanvaller gister vry gespreek. Geen kerkmanne hulle uitgespreek teen hierdie noodlottige aanval nie. Die blankes het geen regte meer in hierdie land.

Jerry ·

Hiermee kan ek nou onomwonde verklaar dat die regbank in Coligny sy onafhanklike status prysgegee het deur n getuie se storie te glo sonder dat die getuie enige bewyse hoef te verskaf. As dit die rigting is wat die regbank gaan inslaan le daar moeilike tye voor. Wat die kerkmanne aanbetref is hulle baie duidellik bevrydingsteologie dienaars wie wraak nastreef en wie protes aanmoedig en rassespanning verhoog om te verseker dat hulle wel hul sin kry.

DeVill ·

Ek wil nog steeds weet wie het bestuur en wie het gestamp.

Henk ·

Boendoehof met ‘n regter wat uitsluitlik staat maak op die “getuienis” van ‘n selferkende leuenaar. Sal geregtigheid ooit gekied vir die twee vals beskuldigdes?

Hennie ·

Interkerklike leraars vereniging se voet man is dit n Christelike vereniging of nie ?. As dit Christelik is het ek my bedengkinge van egtelikheid want die Woord se duidelik jy mag geen valse getuienis gee nie…….. Hoe kan die hof so n uitlating wilaanvaar veral in die lig gesien van wie die uitlating kom afkomstig is . Is hierdie persoon wat die uitlating gemaak het n leraar of n luisteraar. Swak

ZET ·

Hulle kan dreig met onluste weer as die uitspraak nie volgens hul wil gaan, maar
ek is baie seker die blankes van colligny is beter voorbereid hierdie keer.

Donderstorm ·

Hoe het Jesus gese die een met geen sonde moet die eerste klip werp wie is hulle omte oordeel?

Juane Viviers ·

Nou vra ek met trane in my oë. Hulle soek na swaar straf van lewenslank… Maar net laas week is 3 mans vry gelaat op R1000 borgtog elk wat n onskuldige Witman wreed vermoor het. N taxi bestuurder wat hom self oorgee omdat hy die oorsaak is dat twee wit vrouens dood is ná hy weg jaag is ook op vrye voet. Kan iemand dalk vir my verduidelik waar lê die regverdigheid in ons regstelsel?
Ek is geskok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.