Kerkskietery: Polisie krabbel terug oor ondersoek

Twee rowers is tydens die skietery doodgeskiet.

Die polisie krabbel terug oor berigte dat die ondersoek na ʼn kerkskietery in Centurion – waarby Pieter van der Westhuizen betrokke was – afgehandel is.

Maroela Media het vroeër berig Van der Westhuizen, broer van die oud-Springbok Joost van der Westhuizen, het op 26 Julie verlede jaar twee rowers gedurende ʼn gewapende rooftog by ʼn kerk in Wierdapark doodgeskiet.

Ulrich Roux, Van der Westhuizen se regsverteenwoordiger, het vroeër vandeesweek gesê die polisie se geregtelike doodsondersoek om te bepaal of Van der Westhuizen onregmatig opgetree het, het tot die gevolgtrekking gekom dat hy uit selfverdediging opgetree het. Sy optrede het na alle waarskynlikheid voorkom dat onskuldige kerkgangers deur die gewapende rowers seergemaak of vermoor is.

Vrydag het brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê die polisie neem kennis van berigte wat lui dat die ondersoeke afgehandel is. Twee dossiere is ná afloop van die voorval geopen: een oor die dood van die twee verdagtes en een oor die gewapende rooftog.

“Die polisie bevestig hiermee dat albei sake steeds oop is en ondersoek word,” het sy gesê.

Die SMS wat Van der Westhuizen van die polisie ontvang het.

“ʼn Interne ondersoek word gedoen om vas te stel hoe die regsverteenwoordiger van die gemeentelid wat glo die beweerde rowers geskiet het, na bewering deur die Wierdabrug-polisie ingelig is dat sy kliënt van enige blaam onthef is.”

Roux sê Van der Westhuizen het Dinsdag ʼn SMS-boodskap van die polisiestelsel ontvang dat die dossier afgesluit is.

“Ek het die ondersoekbeampte gebel en hy het dieselfde tyding aan my bevestig: Die dossier is afgehandel en in die argiewe gebêre.”

Roux sê volgens die polisie is die uitslag van die nadoodse ondersoek en die ballistiese toetse nog uitstaande.

“Dit voer nie die saak verder nie. Ons weet hulle [die vermeende rowers] is dood en dat hulle dood is omdat hulle met Pieter se vuurwapen geskiet is. Hy erken dit.”

Roux sê verklarings oor die verloop van gebeure is ook van verskeie mense bekom wat tydens die voorval teenwoordig was.

“Dit is geweldig frustrerend,” sê hy.

Van der Westhuizen het Woensdag aan Maroela Media gesê hy is verlig dat die saak afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Joggie

Bekkie Tjele se onbevoegde bende…

Fedup

Spiteful much?

Anel

Ai, tog. Dit lyk soos ‘n performa sms net met ander saaknommer. My ouers het presies dieselfde boodskap van SAPD Wierdabrug ontvang, 2 weke na hulle in gewapende roof was. Na regte kan hulle dossier na afgesluit word nie, want dit was’ ‘n erge gewapende roof. So’ n misdaad word nie net afgesluit nie. In die geval soos hier bo genoem, is die rowers dood en die persoon wat hulle geskiet het het in selfverdediging op getree. Daar is geen vervolging nie. So wat moet nou nog ondersoek word? Die nadoodse ondersoek gaan net sê dat hulle dood is agv… Lees meer »

Stefan

Elke keer wanneer ek besluit, niks gaan my meer in hierdie land verbaas nie kom hulle met soiets.

Swanie

Hy sal een of ander straf opgedoen word , hy is blank en gekoppel aan rugby .