Kerkstraat-bomaanval: ‘33 jaar later steeds net een kant’

Ernst Roets. Foto: Maroela Media

Ernst Roets. Foto: Maroela Media

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het vandag ʼn blitskonferensie in Kerkstraat (nou Stanza Bopape) aangebied ter nagedagtenis aan die slagoffers van die Kerkplein-bomaanval.

Op 20 Mei 1983 omstreeks 16:00 is 19 mense dood en 217 ernstig beseer of vermink. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat sekere koerante hul misnoeë uitgespreek het met AfriForum se herdenking van hierdie dag “omdat dit apartheid verheerlik”.

Roets het bygevoeg dat die weergawe wat ons nou hoor eensydig is en “dat geskiedenis vandag gebruik word as ʼn wapen om politieke mededingers te verwyder”, eerder as die ware weergawe van feite.

Genl. Johan van der Merwe en Dr Anthea Jeffery. Foto: Maroela Media

Genl. Johan van der Merwe en Dr Anthea Jeffery. Foto: Maroela Media

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge en skrywer van die boek Peoples War: New Light on the Struggle for South Africa, het tydens die geleentheid breedvoerig agtergrond en konteks verskaf oor die “People’s War” en die ANC se hegemonie. Dr. Jeffery het gesê die “People’s War” word baie swak begryp in Suid-Afrika. Volgens haar word ʼn “klein deel van die waarheid beklemtoon om die ANC te bemark”.

Genl. Johan van der Merwe, voormalige nasionale polisiekommissaris, was daarna aan die beurt en het verdere besonderhede oor die gebeure daardie dag verskaf. Hy het gesê dat die amnestiekomitee van die Waarheids-en-Versoeningskommissie se hantering van die bomaanval “ongelooflik oppervlakkig” was.

Hy het klem gelê op die feit dat die meeste slagoffers van die Kerkstraat-bomaanval “gewone” onskuldige mense was, meestal vroue en kinders. Genl. Van der Merwe het ook bygevoeg dat dié voorval ʼn ernstige protokol-oortreding was van ʼn Genève-verdrag, wat duidelik uiteengesit het dat gewone mense nie aangeval mag word nie.

“Ons kan almal saamstem dat nie een van ons in hierdie lokaal apartheid wil terugbring nie. Almal weet ons moet ver verby dit beweeg,” het Roets, vervaardiger van die dokumentêre film, Tainted Heroes, ter afsluiting gesê.

Hy het gesê dat die helde van die People’s War as “untainted” uitgebeeld word, terwyl hulle in der waarheid nie so ongerep is as wat die media hulle voorhou nie, en dat hy daarom Tainted Heroes help vervaardig het.

Na aanleiding van die navrae rondom die verspreiding van dié fliek is daar besluit om dit in drie fases te hanteer, naamlik plaaslike vertonings, internasionale verspreiding en dan later die beskikbaarstelling van die DVD aan die publiek.

Die plaaslike vertonings sal op die volgende datums plaasvind:

  • 15 Junie by Montecasino
  • 25 Julie by Mooirivier Mall in Potchefstroom
  • 27 Julie by Mimosa Mall in Bloemfontein
  • 8 Augustus by Canal Walk in Kaapstad

Die onderstaande uittreksel is ook op YouTube bekendgemaak ná die konferensie:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johan Swart ·

Die wat op daardie dag gesterf het, het gesterf as gevolg van die optrede van mense wat, as dit vandag sou gebeur het in Europa, deur die hele Westerse wêreld as lafhartige barbare uitgekryt sou word.
Dié onskuldige slagoffers van terroriste behoort op elke waardige manier moontlik ,herdenk word. Wie ookal ‘n probleem daarmee het, is in my oë van dieselfde stofasie as die skurke wat die bom geplant het.

vierkleur ·

En so het die terroriste bomme in Suid Afrika geplant om onskuddige mense te vermoor,
net soos die plaasmoorde wat tans plaasvind.

Jaco ·

Moet julle altyd plaasmoorde in alles intrek? Bly by die onderwerp. So kry die slagoffers van die tragedie die nodige respek sonder om hul nalatenskap met hedendaagse politiekery te bevlek.

tamboti ·

Die oorlog gaan nog steeds aan, slagoffers nogsteeds onskuldige mense – sagte teikens, meestal wit. Suid-Afrika is sy eie grootste vyand.

KP ·

Presies die terroriste wat daardie operasie en nog ander beplan en uitgevoer het is vandag in beheer van hierdie land. Wonder net wat sou die buiteland bv Amerika aan sulke terroriste gedoen het, beslis nie in beheer van die land geplaas het nie.

Dries ·

Laat ons nooit vergeet nie. R.I.V. gevalle burgers ,ons sal jul nooit vergeet.

charmaine ·

En daar word nooi n ophef gemaak van hierdie dag nie,maar ons moet Mandela Dag hou?

tamboti ·

Dit is baie jammer dat nerens op die internet die name van die oorledenes, of die van die ander bom slagoffers gevind kan word nie. Maar die bomplanters se name word ver-eer!

jaco ·

dit het niks met die berig te doen nie, maar ek wil graag weet: hoekom is Kerkstraat se naam verander? As die naam eers HF Verwoerdstraat was kan ek n naamsverandering verstaan, maar WAT het die kerk met apartheid te doen?
dieselfde verbaas my oor Modderdamweg in die Kaap wat ook nou ‘n ander naam het. Wat het ‘n modderdam met apartheid te doen?

Johann ·

Kom aan ANC…wys jule ware “kleure” en DURF jul lafhartige terorisme toe en tans ontken. Mense is gatvol verby vir jul APARTHEID IS VIR ALS TE BLAMEER verskoning. Rugraatlose verheerliking van moordenaars en verwoesters van lewens onder die faandel van politiek…..

Theuns ·

Dankie Afriforum. Ek het by ‘n vorige geleentheid gese dat ons die oorlog teen die ANC/SAKP gewen maar ons het klaaglik die Propaganda Oorlog verloor.Die redes daarvoor is dat die Afrikaner kon nie lieg nie en het het nie en ook nie nou die propaganda konsep verstaan nie. En ons het so baie wat ons aan die wereld kon voorgele het. Nou het die ANC tot die geskiedenis boeke oorgeskryf en almal glo die gemors. Ons moet dit teenstaan en ons kommentators soos Herman en Leopold ondersteen! On het ook vir Afriforum en Solidariteit nodig!

theo ·

as die anc regtig versoening in hierdie land wou bewerk, sou hulle kerk straat gelos het om die 19 slagoffers te onthou. maar die anc het meer skade gedoen as goed. mense wat ons mee bevriend geraak het, jare later, die vrou was daardie dag met siek verlof gewees en sy sou die volle impak van die ontploffing gevang het. ek hoop daar was n opkoms by die blitskonferensie van afriforum. hou die geskiedenis lewendig en wys die anc se wreedheid ook aan almal.

Theuns ·

Lees ook gerus die boeke van Prof. Gillomee van Stellenbosch, veral die een oor Afrikaners. Dit gee jou die insig wat
nodig is sodat jy respek vir ons volk kan he. Breyten Breytenbach en ander Afrikaanse skrywers het ook bygekom en moet ons hom en die ander ook ondersteun!

vermeende ·

Nog nooit in die geskiedenis het n teroruste groep n regering oorgeneem soos die ANC gedoen het en by n stembus mag afgestaan nie. Hier in SA sal die geskiedenis hom self weer herhaal, net n revolusie gaan die ANC uit die stoel lig soos al die ander voor hom.

Die wereld se grootste vergewens en vrede ikoon “Mandela” het self uit die tronk uit die goedgeuring gegee om die bom te plant. Toe was die bom die heel tyd n zero det.

Net vir interesantheid, nie Mandela of die ANC het al tot op datum die gewapende stryd af gesweer nie, vir alle praktiese redes is SA nog in n gewapende stryd.

Theuns ·

Vermeende. Jy is reg in jou aannames. Ek wa op Platform 12 toe die Bom wat Harris geplant het ontplof het.Dit was ook in opdrag van Mandela. Mev. Reiys is dood en haar klein dogter verskriklik geskend. Die dogter woon nou in Engeland. Miskien kan Maroela Media haar opspoor en ‘n onderhoud met haar voer en sommer die fotos wys van die ontploffing! Ons moet die propaganda (ons waarheid) vir die wereld wys!!!

Edward James Shawe Snr ·

Ek het daardie bom ontploffing op daardie dag met 30min vrygespring. Ons moet ons regte ook he om ons gesneuwelde, onskuldige burgers wat daar dood is en die wat beseer is te gedenk. Die vervlakste ANC kan vir my part hel toe vlieg.

M'Lady ·

Die man in bevel van die operasie was Aboobaker Ismail. Dis goedgekeur deur Oliver Tambo en Joe Slovo. Nelson Mandela was deeglik bewus daarvan en dit het sy goedkeuring gedra. Nou is almal mos ikone in plaas van terroriste. Laat mens se bloed kook.

Charmaine de Wet ·

My en broer se moeder is in die ontploffing oorlede. Sy was nie in die Lug of Weermag nie. Die bom was gestel vir 16H30 maar het 16H20 afgegaan. Haar naam was Stienie Meyer. Sy het by Rentmeester gewerk en het elke middag saam met iemand wat in die Lugmag was ‘n geleentheid huis toe gekry. Die middag het sy besluit om vroeër te loop by die werk. Hy het haar elke middag voor haar werk opgetel maar dié dag wou sy nie en het gesê sy sal hom voor sy werk kry. Nou ja sy was blykbaar 2 tree van die voertuig af waarin die bom was en is 20 meter deur die lug geslinger. 2 tannies het haar toe voor die Nedbank gehelp nadat mense haar daarheen gedra het. Ek HAAT julle moordenaars. Gister het ons haar sussie se roudiens gehad en terwyl die diens aanwas het daar ‘n wit duif ingestap. Dankie Pappa Jesus daarvoor. Ek was ook by die waarheidskommissie en daar het ek mooi vir hulle vertel wat het hulle aan ons gedoen. My broer wat in daai stadium van die grens vir sy 7 dae pas huis toe gekom het kan nou nog nie daaroor praat of daaroor kom nie. Ek wens regtig die dinge wil nou gebêre word want mens se wonde sal nooit rowe kry nie. As dit so aangaan hoop ek iemand wil met my kom praat sodat ek ons Kant van die storie kan vertel teen ‘n betaling. Want dit maak seer .

Joann ·

Hulle maak mos God van mandela en al die gesante,maar die dag dat hul besef wie ware God is gaan hul ander deuntjie sing.

1980's ·

Karma. Dit is in ons natuur om ons kinders weg te hou van politieke propoganda. Ek is gebore in 82 is nou amper 34 jaar oud en net so het my ouers ons weerhou van politiek, nooit daaroor gepraat nie en dus is ons nou heeltemal “uneducated” wat politiek aanbetref. Ons weet hoe om ‘n wapen te hanteer, self beskikking en oorlewing, maar dis basies waar dit eindig. Ons het altyd gese, as die trok ons laai sal ons gaan, maar ons het teveel regse instansies in plaas van een soos die verelde. Ek lees soms die kommentaar van die instansies van mense en ons baklei te veel onder mekaar. Maar soos ek se, dit is omdat ons geen idee het wat politiek is nie.

Sputnik ·

Ongeveer 6 – 9 maande ná daardie terreurdag het ‘n ouerige man aan my voordeur geklop en “pad gevra”. Ek het hom gehelp en saam met hom na sy motor gestap. Ek kon sien hy is angstig en baie, baie hartseer. Hy vertel toe dat sy dogter in daardie ontploffing omgekom het. Mens wonder ook hoe dit met die man gaan wat blind is a.g.v. daardie lafhartige daad.

Charmaine de Wet ·

Wonder of dit nie my moeder se pappa was nie. Hy was lank en maar met ‘n groterige neus.

Grap ·

Doen ‘n bietjie navorsing oor ‘n sekere “ikoon”wat die toestemming hiervoor gegee het

Sjors ·

Is dit nie tyd dat ook Europa die WARE ANC kleur sal leer ken.
Dit is ‘n goeie kans om Europa ook te wys hoe Jacob en Julius werklik is
As Nederlander skaam ek my dat mede Europeërs nie eens weet watter kleur die ANC en EFF het

John ·

Onthou die sanksies en die ondersteuning uit die VSA en Europa vir die ANC en meelopers. Wees rustig (maar paraat). Binne een jaar en Europa verander nou in ‘n nagmerrie en Amerika wil ‘n muur bou om die dwelmmuile en misdadigers uit die suide uit te hou. Hoekom kuier ons president nou in die Ooste? Die Westerse lande se oe het oogegaan, maar sal hulle dit erken? Nooit as te nimmer nie. Ons moet besef hierdie groepe by ons voel nie skuldig oor enige van die dade nie en sal nie skroom om dit weer te doen, sou hulle dit nodig ag nie.

Eben ·

Kan publiseerders fotos pos assiblief wat ons kan aflaai assiblief. Groete

Siestog ·

Wat vir my so lagwekkend van hierdie Mandela hero storie is, is dat ander lande skiet teen soorte !!! uit terroriste. Wat doen Suid-Afrika, gooi die tronkdeure van die terroriste oop.
Dit is so walglik, ek sal liewer nie my ware gevoel uitspreek nie, hulle sal my toesluit.

koos ·

Sal daardie dag nooit vergeet nie. Het in die tpa gebou gewerk en het elke dag in kerkstraat afgedraai om huis toe te gaan. Die dag en ek glo dit was ons Vader wat my laat besluit het om reguit in bosman straat af te ry, was nog ni op die volgende kruising toe die bom ontplof het nie. Die voertuig het gestol en daardie stilte wat vir seker vir sekondes geheers het was angs wekkend en daarna die gille. Ek dank die Vader nog elke dag dat hy my gespaar het.

Etienne Ernst (Snr) ·

Negatiwiteit los nie probleme op nie. Dit skep net meer probleme! Onderdruk jou ego (die eie ek in jou onrustige siel) wanneer jy kommunikeer. Dit stel jou in staat om objektief eerder as subjektief te kommunikeer.

Ekself was in die Pointensgebou toe die bom afgegaan het. Die oorlogsinsident het inderdaad ‘n pynvolle merk in die geskiedenis van ons land en ‘n sekere deel van ons samelewing gemaak. Ek was ook in Angola betrokke by ewe gruwelike oorlogsinsidente wat ook ‘n pynvolle merk in die geskiedenis van ons land en ‘n ander deel van ons samelewing gemaak het.

Deur op die pyn te fokus en emosionele beledigings na mekaar te slinger, los nie probleme op nie. Volwassenes vereis dat ons almal wat vir mekaar pyn geskep hey verby die pyn kan kom en saam ‘n pynlose toekoms kan skep vir onself, ons kinders en ons kinders se kinders.

My besorgdheid is, dat sosiale media mense in ‘n greep van onvolwassenheid vasklem eerder as om ons te help om volwasse te word en volwasse op te tree.

phil smith ·

……en dan die vermetelheid dat sy standbeeld op Meintjeskop-familieplaas- “rusplek”gevind het!!! Dit is seker die grootste skeefgetrekte propagandistiese boodskap om Sy volk uit te tart!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.