‘Kerkstraat se naam is weer terug’

Die nuwe naamborde wat aangebring is.

Die nuwe naamborde wat aangebring is.

ʼn Groep studente van AfriForum Jeug het Sondagaand die naamborde van WF Nkomo-, Stanza Bopape- en Helen Josephstraat met Kerkstraat-naamborde vervang.

Die organisasie meen dat die Tshwane-metroraad die verkeerde prosedure gevolg het om name te verander en dat sy optrede onwettig was.

“Die ANC-regering kan en mag in geen omstandighede met ons erfenis vertrou word nie! Die staat het nou al twee keer die saak verloor, maar appelleer elke keer omdat hulle nie die verleentheid van bloedneuse deur AfriForum kan hanteer nie. Ons wen elke keer, maar hulle probeer steeds om ons erfenis onder die mat in te vee. Ons bring nou self ons geskiedkundige name terug!” het Ian Cameron, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

Cameron meen 25 straatname in Pretoria is verander ten gunste van sodanige nasiebou, maar dit is op die verkeerde manier gedoen. Hoewel die hofaansoek toegestaan is om die straatname terug te verander, het die metroraad in die Noord-Gautengse hooggeregshof asook in die hoogste hof van appèl teen die beslissing geappelleer, en bly die straatname steeds onveranderd.

Cameron meen dat indien die metroraad nie die straatname terugverander nie, AfriForum Jeug sal inspring en ook ander straatname begin terugplaas. Die raad vertraag tans doelbewus die proses om sodoende mense aan die verkeerde name gewoond te probeer maak.

AfriForum Jeug het landsburgers verder aangemoedig om self eienaarskap te neem van hulle erfenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gwen ·

Die foto en eerste paragraaf weerspreek mekaar. Volgens die paragraaf is die borde vervang maar op die foto is albei borde. Kan Maroela asb. die bewoording regkry.

GES ·

AfriForum Jeug julle dorings !!! Dit is hoe dinge gedoen word. Ons is trots op julle. Dit is hoogtyd dat die cANCer metro ‘n les geleer word. Doen so voort. Ek is ‘n trotse lid van AfriForum.

Riaan ·

Ek dink nie dit is baie slim nie. Kan ons nie meer belangrike aangeleenthede kies om die ANC mee te konfronteer nie? Afrikaanse Universiteite, rasistiese BEE wetgewing, rasistiese regeringsuitsprake, plaasaanvalle, ens. ens. Om aan te dring op ou straatname skep die indruk dat Afrikaanse wittes nog steeds die land probeer regeer. ‘n Ander straatnaam neem niks weg van jou identiteit, veiligheid, reg om ‘n inkomste te verdien , ensovoorts nie. Kan ons nie maar toegewings oor minder belangrike sake maak ten einde ons hand te versterk wanneer dit kom by lewensbelangrike aangeleenthede nie? Kom ons gee ook erkenning aan die regte van die meerderheid in die land.

Hein ·

Soos Kallie Kriel genoem het dat die strategie van niksdoen niks bereik nie. Kyk maar na wat in Zim gebeur het. Niksdoen word gesien deur die ANC as ‘n swakheid. Riaan hier word iets gedoen en die kultuur van weerstan, nie revolusie, word gevestig. Sal jy saam met my Tshwane Metro se belastings boikot? Nee dit is nog nie tyd nie maar ons beweeg soentoe sodra ons die niksdoeners aan die beweeg kan kry!

Plongeur ·

Die meeste sowel goed as sleg begin met klein dinge…..sal jy byvoorbeeld daarvan hou as jou naam verander word….hkm gee hul nie name vir nuwe goed nie en los die ou goed met vrede

anne ·

Ten minste probeer hulle iets doen. Dis van te veel erkenning aan die regte van die meerderheid gee dat dit gaan soos dit gaan en ons in die situasie is Riaan.

Andrea van Vuren ·

Riaan, ek ry nie meer in die middestad nie want ek verdwaal omdat ek nie die naamborde verstaan nie. Dan het die paaie ook van rigting verander. Nee wat, ek verkies deesdae die gerief van roetes waar die name nog nie verander het nie. Ek praat ook namens baie van my tydgenote.

Berhalet Beukes ·

Lieflik! Dít is hoe dit gedoen word! Baie dankie AfriForum Jeug!

VV ·

GREAT NEWS DIE NUWE STRAAT NAME MAAK MENS DEUR MEKAAR. WAT NOG TE SE VAN DIT UIT SPREEK. WELL DONE !!!!

frans ·

Die afkorting van street in Engels, is dit nie “st” en nie “str” soos op die nuwe naambord , nie

Francois le Cochon ·

Netso. Dit lees nou Kerk straat, Kereke straat en Church straat !!!

Trots Afrikaans ·

Om niks te doen maak mense moedeloos. Dit is beter om klomp klein veldslae te wen want dit bou moraal. Oorwinnings lok ondersteuning.

‘n Mens skuif tog ‘n duin graaf vir graaf. Ek ondersteun julle ten volle en ek dink die klein oorwinning sal nog ‘n groter groep Afrikaners se harte laat wakker klop.

Meraai ·

… en dis hoe ‘n mens ‘n olifant eet. Happie vir happie! Knap gedaan AfriForum! Julle sit nie net en niks doen nie!

Meraai ·

Dit dryf my tot raserny dat die regering net alles van die ou bedeling wil afbreek en wegvat! Genade, het hulle geen inisiatief van hulle eie nie! Bou uit op die fondasies wat reeds gelê is. Suid Afrika is ‘n groot land met baaaaie plek vir nuwe standbeelde, straatname, ens. Dit maak my skoon “moereloos” as nog ‘n naam en nog ‘n standbeeld van ons geskiedenis val. Dit laat dink my aan iemand wat willens en wetens in ‘n woud instap met ‘n kettingsaag en al die ou bome afsaag, sodat die nuwes kan groei en op die ou end terugkyk op sy handewerk en eers dan sien dat hy die woud verwoes het! Daar is immers ‘n plekkie en ‘n voetstuk vir ons ALMAL onder Afrika se son.

Leon ·

Riaan is reg.Ons sit op ‘n rasse kookpot. Ons besef nie hoe naby ons aan ‘n burgeroorlog is nie.Haat was laas so erg in 1902.
Behoede ons!!

Elize ·

Alles wat gese is, is waar, maar hoekom moet ons stil sit ek kyk hoe alles van ons weggeneem word. Wat het van ons Suid-Afrikaners se saamstaan geword. Ry deur enige dorp of kyk in die groot stede se Malls hoeveel van ons mense werk daar? By die banke, regeringsinstansie, munisipaliteite…waar is ons mense????. Eenvoudig uitgedruk en ons moet maar stilbly en terugstaan. Ons mag nie eens meer ons eie KULTUUR he nie, want dan word ons ook afgekraak daar oor. Tyd om terug te neem wat ons sin was! Goed gedoen Agri Forum Jeug!!

DPJ ·

Riaan het jy al deur ‘n swaart woongebied gery en gesien hoeveel strate geen naam het nie? Waarom gee jy en jou meelopers nie die strate name nie of is daar te veel vir julle om name te gee? Julle kan dan tereg tros wees met julle werk in inwoners ook. Steek ‘n bietjie hand in eie boesem en word wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.