Kernafval lek drie keer by Koeberg

Koeberg-kernkragstasie.

Kernafval het drie keer die afgelope vyf jaar by die Koeberg-kragsentrale buite Melkbosstrand naby Kaapstad in die omgewing beland weens gebrekkige instandhouding en veiligheidsoptrede asook foute deur amptenare by Koeberg.

Die inligting – wat tot dusver van die publiek weerhou is – het aan die lig gekom toe die minister van energie, Jeff Radebe, ʼn skriftelike parlementêre vraag oor die kwessie beantwoord het. Die vraag is gestel deur dr. Corne Mulder, VF Plus-LP, wat terloops in Melkbosstrand woon, digby die kernkragsentrale wat so lek.

Volgens Radebe was daar drie lekkasies van radioaktiewe stof by Koeberg sedert die begin van 2014. Dit het plaasgevind in Mei 2014, Oktober 2015 en November 2015.

Hoewel Koeberg dit elke keer by die Nasionale Kernkragreguleerder aangemeld het, is die publiek nie ingelig nie. Volgens Radebe is mense nie ingelig nie, want die vlakke van radioaktiwiteit wat vrygestel is, was te laag om so ʼn aankondiging te regverdig.

Die minister het geen inligting verskaf oor wat skeefgeloop het, asook geen aanduiding gegee of enigiemand dissiplinêr verantwoordelik gehou of afgedank is nie. Hy het ook nie besonderhede verskaf van die presiese omvang van die radioaktiwiteit wat vrygestel is nie.

Radebe het wel aangekondig watter stappe gedoen is om ʼn herhaling te voorkom. Eerstens is toerusting wat klaarblyklik wanfunksioneel was dadelik herstel én die funksionering van Koeberg se stelsels is verbeter.

Volgens hom was die probleem by die ventileringstelsel. Die stelsel waarvolgens ventilatorfiltertoetse gedoen word, is onder meer verbeter.

Tweedens is Koeberg se watertoevoer wat die aanleg moet afkoel, opgegradeer.

Laastens is nuwe en strenger regulasies ingestel oor die presiese optrede wanneer enige eenhede by Koeberg onklaar raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Andreas ·

Bly om te sien die berg staan nog! Dankie vir die omgee. Nou vra ek hoe hoog moet die vlakke wees voor julle die mense daar skuins langs julle en Melkbos inlig?

Andreas ·

Die EFF het nog nie daar betoog nie, so dit kan nie dringend wees nie.

wraggies ·

Wie gaan verbaas wees hieroor, dit is tog Eskom, die groot onploffing gaan nog kom.

David ·

Koeberg se reaktors kan nie “ontplof” soos ‘n kernbom nie, die verrykings vlak van die uraan stawe is heeltemal te laag daarvoor. Daar is ook ‘n klomp veiligheidstelsels wat die reaktor binne sekondes sal stop as daar fout kom.

Ek vermoed dis dalk ‘n klein hoeveelheid radioaktiewe gas (soos Radon) wat gelek het.

Mens kry waarskynlik meer radioaktiewe blootstelling van die graniet op Clifton strand as van Koeberg.

Gert Marais ·

Dankie David, so wat jy sê is dat almal kan maar rustig wees, daar kan nie fout gaan nie? Dit klink of jy baie ingelig is, dalk werk jy daar? Ek sal graag jou versekering wil kry, soos die res van ons, asook jou kundigheid en kennisvlak oor die onderwerp, kwalifikasies? Is dit net oorsee wat dit ‘n gevaar inhou?

Salamander ·

David is reg. Steenkool stasies dra baie meer by tot omgewing besoedeling as wat 10 Koeberg kragstasies sou doen. Ons het meer kernkragstasies nodig.

Gert Marais ·

Salamander, jy praat van besoedeling deur kragstasies, hy praat van radioaktiewe gas van Koeberg. Dit lyk my jy is ook ‘n kundige, dus vra ek jou om ons verder oor die veiligheid van kernkrag toe te lig, natuurlik om aan te sluit by David se antwoord.

Gert Marais ·

Skuus, Salamander, en moet dan aub nie vergeet om op my vraag hier bo aan David te antwoord nie, gee ons daardie versekering en dan vra ek ook bewyse van jou kwalifikasies en kundigheid, soos vir hom.

Gert Marais ·

Ek sal dit werklik waardeer as mense wat op die tegniese antwoord, nie halwe antwoorde sal gee nie, maar ons sekerheid sal gee soos ek vir David gevra het, met bevestiging van jul kundigheidvlak en kwalifikasies, ook sommer ondervinding in die bedryf.

Dalk sal dit die beste wees as julle ‘n volledige artikel hieroor aan Maroela kan skryf dat hulle dit plaas.

Francois ·

Oor die afgelope paar jaar het ek al n hele paar keer gehoor dat daar weer n lekkasie by die reaktor was. Insidente waar die seewater verkoelingsisteem se filters weer radioaktief geraak het. Gerugte dat radio-aktiewe gas ontsnap het etc.
Hoekom mag ons nie ingelig word van al die insidente by Koeberg ?
Omdat ons te dom is om dit te verstaan of moet sit en wag vir die dag dat die evakuasie alarms afgaan ?
Die reaktor sisteem is al baie oud en daarom raak die risiko hoer.
(Dis nie nie Clifton of Paarl rots graniet nie)
Dan is daar kommer oor die hoe insidensie van kanker in Melkbos.
Hoekom is alles omtrent Koeberg so geheimsinnig ?

Pierre Crous ·

Dit is waar wat David sê wel dit hang af of hulle volgens die internasionale standaarde bly. Uraan kan nie ontplof nie, dit is meer die tritium die radioaktiewe isotoop van waterstof (wat vorm asgevolg van die energie van uraan) hoë druk opbou en ontplof en in die lug vrygelaat word asook ander gasse wat vorm tydens die reaksie. Daarom moet daar sproeiers wees om die temperatuur en druk te kan verlaag as die temperatuur dalk te hoog raak.

IK ·

So draai die wiel, stadig maar seker. Daarmee saam die vasdraai van ‘n iets in die kragaftakker (PTO) van ‘n trekker. Die begin van die einde is in sig.

Pinokio ·

David, praat jy van veiligheid stelsels soos wat daar by Chernobel in Rusland was?

George ·

Hulle het seeker vergeet wat het in Fukushima gebeur mense is dood van sulke goed en dit veroorsaak kanker as jy lank genoeg bloot gestel word aan radiasie .

marous ·

Bak vir die agbare ‘n lekker vissie wat daar gevang is dat hy dit sommer in die openbaar eet

Michael ·

As die onbevoegte werkers by Koeberg begin met klein lekkies is daar gou gou groot lekke. Daar kan nie by koeberg gepraat word van n klein lekkie of n groot lek nie. By n kern krag stasie is daar nie so iets nie Mense. n. LEK IS N LEK Eskom speel met mense se lewens

Carl ·

Met die volgende lekasie, is Melkbosstrand daarmee heen. Stop Kernkrag onmiddellik in SA! Ons het eenvoudig nie die bevoegde mense om dit te bestuur nie. Elders mag dit dalk gewerk het.

Hond se Baas ·

Dit is nou is die regte tyd om ‘n stukkie eindom daar naby te koop vir ‘n appel en ‘n ui. Maak net seker jou lewensdekking polis is mooi opdatum.

Stripes ·

Hulle het stil gebly want hulle was bang vir teenkanting teen die nuwe sentrale wat Rusland sou bou. Wat is ‘n bietjie lewensverlies dan nou teen die miljoene wat ek in my sak steek?

Gert Marais ·

Kom ons sing vir Jeff …. “Ons sê, baie baie dankie, ons sê baie baie dankie.”

Quintin Whittle ·

My pa het by Koeberg gewerk en daar was 17 ongevalle in die 80 wat nie publiser was en die nagevolge was dat meer as helfde van die mense wat daar het kanker of is dood

Ek was geoffer om daar te werk maar dit van die hand gewys

BlinkStephaans ·

Ek dink nie ons regering is bevoeg om iets met so ñ hoë risiko van potensiële gevaar te bestuur. Ek sou dink elke lekkasie, hoe gering ookal moet bekend gemaak word, maar soos gewoonlik word hul onbevoegdheid ten alle koste weggesteek. Wat is volgende… en hoekom verbaas niks ons meer? Onbevoegdheid het die norm geword en ons liewe regering maak of dit sommer niks is en wil hê ons moet ook so dink. Alles is orait ouens… julle sal sien. Yeh right bra Jeff.

Johan ·

As die ander kragstasies is so gemors is…. dink net hoelyk dit daar by koeberg….sterkte weskaap….wie is in beheer daar?

Niel ·

Johan, DA is in beheer van Kaap. Ons sou nooit hiervan te hore gekom het as VF+ hierdie vraag gevra het.

Piket ·

Toe nou David en Salamander. Ons wag op julle verdere kommentaar!

Anel ·

En die res van die wêreld doen weg met kernkrag. Hulle gebruik meer en meer son en windkrag. Ons hier in die RSA, het oorvloed van dit, maar nee, ons moet die wêreld se afval gebruik. En dit net vir geld. Die wêreld se elite word ryk uit ons en misbruik die regering se gierigheid en “dom geit” om ons al meer te verarm.

jaco ·

Hoe wek jy sonkrag in die nag op?
En hoe wek jy windkrag op ‘n windstil dag op?

Leon ·

Soms kry jy mense soos van die partye hierbo, wat net bietjie info kan gee, en dat hulle soos baie “kundiges” is wat ons deesdae oral sien.
Die bietjie kennis of info wat hulle het, doen meer skade as goed. Wanneer hulle in ‘n hoek gedruk word, herlei hulle die info of kennis na ander bronne wat hulle bekom het. Soos ons agbare minister wat beweer dat te veel studeerwerk kan lei tot kanker -iets wat sy “iewers op die internet” gelees het.

Joe ·

Die ou regering moes hierdie instansie tot nuut gemaak het soos die atoombomme wat hulle tot nuut gemaak het voor die onbevoegdes oorgeneem het…

MW ·

Betwyfel ook sterk die bevoegdheid. Los kernkrag maar liewer vir die wat ken. Google gaan nie al die antwoorde kan gee nie

Jan Alleman ·

Die ouens wat Koeberg se veiligheid bepleid, bly asseblief stil. Gaan soek inligting oor THREE MILE ISLAND in Amerika. Dieselfde tipe opwekker…. BOOM!!!!!!!

Ryno Meg Ing ·

Gelukkig is mense wat al dag hier kommentaar lewer nie die wat besluite maak nie. Alles op Koeberg is gereguleer deur die IAEA gebaseer in Weenen. Plaaslike Politiek kan nie inmeng nie. Die Whittle persoon praat absolute twak nes ‘n tipiese Capie wat skinder. Daar is onomwonde bewyse dat minder kanker voorkom onder kernkragstasiewerkers. Juis omdat die wat naby hoe stralingsvlakke kom streng geminitor word. Almal se dosisse word gereguleer en dis onwettig om enigiemand se limiet te oorskry. Die enigste ouens wat goe vlakke van bestraling kan opdoen is die sogenaamde ‘genny jumpers’ wat in die stoomgenerators ingaan tydens ‘n herlaai periode elke 18 maande om steam generator tubes te blok wat dalk krake in het na die tweede lus. Dis nie moontlik om fisiese afval in die see te laat nie aangesien daar ‘n derde lus is wat ‘n fisiese grens tussen afval en die water verskaf. Die afval wat in die primere lus water beland het ‘n lae halfleeftyd en is min skadelik. Die groot probleem met almal wat hier kommentaar lewer is dat almal ‘ n negatiewe persepsie van kernkrag het weens die 2de wereldoorlog se bomme. Niemand hier verstaan fisika nie en verstaan nie die verskil tussen kommersiele kernkrag en ‘n bom nie. Straling is oral om jou. Lees op oor radiation hormesis. Lae vlakke van bestraling is eintlik goed vir jou immuunststelsel. Niemand is dood by Three Mile island of Fukushima nie, windturbines het al meer mense doodgemaak as kernkragsentrales.

Christa ·

Die artikel verwys na lekkasies by die Koeberg aanleg. Die mense wat daar werk moes dus sekerlik nie protokol gevolg het nie of hoe?

Dirk J. van der Merwe ·

Presies Andreas! Hoekom is ek nie verbaas nie ? Wat is volgende om opgeneuk te word deur die patetiese mense! Ons laaste vesting wat nog werklik toeriste lok …en laaste stad wat nog internasionaal erken word as iets besonders.

Paaries ·

Tussen my en Koeberg lê daar ‘n berg lê daar ‘n Berg. Oloff Bergh. Dankie aan Oloff maar eks jammer om jou mee te deel maar onbevoegde kaders met Johhny Walker steweltjies ken al die voetpaadjies oor jou. Maak maar oom se dubbel twee stywes. Ek gaat gn berg toe nie, die berg kom nie na my toe nie en verder is die Kaap niks meer Hollands nie. Stoom voort o magtige Soustrein want iewers gaan die spoor opraak oor niemand die sinjale beman nie, hulle vreet KFC en die land vergaan.

Inwoner ·

Mense ons woon in Melkbos en daar is 3 maandelikse vergaderings met Koeberg oor alle insidente. Die minute van hierdie vergaderings is vryelik beskikbaar op eskom se webblad en bevat al hierdie inligting en wat verkeerd gegaan het. Enigeiemand kan die vergaderings bywoon en enige vrae aan die bestuur vra. Hierdie is heel moontlik die swakste vorm van joernalisme wat ek nog ooit gesien het. Sensasie soekery soos min. Gaan lees maar self daai minute en julle sal verstaan dat die lekkasie nie radioaktiewe gevaar ingehou het nie…as die media dit net maar eers gedoen het voor hulle hierdie clickbait publiseer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Inwoner

Ons berig stel dit duidelik dat die drie lekkasies van radioaktiewe stof by Koeberg in Mei 2014, Oktober 2015 en November 2015 plaasgevind het en dat dit telkens by die Nasionale Kernkragreguleerder aangemeld is, maar dit só gering was dat die publiek nie ingelig is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.