Kerndigtheidstoetsmasjien gesteel

Foto ter illustrasie van die vermiste kerntoetsmasjien

Foto ter illustrasie van die vermiste kerndigtheidstoetsmasjien

ʼn Kerndigtheidstoetsmasjien is Dinsdag tydens ʼn rooftog by ʼn sakeonderneming in Inchanga, KwaZulu-Natal, gesteel.

“Ses gewapende mans het die konstruksie webwerf betree waar hulle konstruksietoerusting gesteel het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het glo twee veiligheidswagte met vuurwapens gedreig en items, waaronder ʼn kerndigtheidstoetsmasjien, gebuit.”

Volgens Naicker bevat die masjien chemikalieë wat gevaarlik is om te besit.

“Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat moontlik inligting het oor die saak om dringend met speurder konstabel Nkosikhona Phetha van die Pinetown-polisie in verbinding te tree by 031 325 5040,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Kan die masjien ook die dikte en digtheid van menslike skedels meet ?
Behoort nogal handig te wees om sekeres se dom handelinge te bevestig.

AmY ·

Laat hul dan maar die bitter vrugte van hul onbesonne dade pluk. Solank onskuldige mense net nie geraak word nie.

Deon ·

Daardie masjien het radio aktiewe materiaal in, los hulle dat hulle hom oopmaak en dan stadig heengaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.