Kersdag 2017: Sóveel pienkvoete landwyd gebore

baba-voetjies-02

Foto: Pixabay/Pexels.com

Meer as 500 babas is Maandag op Kersdag landwyd in Suid-Afrika gebore.

Popo Maja, hoof van kommunikasie van die departement van gesondheid, het dié nuus bevestig.

Maja het gesê nagenoeg 95% van babas word oor die algemeen in staatshospitale in Suid-Afrika gebore. Meeste van dié nuwe pienkvoete wat vandeesweek by hul ouerhuise aansluit, is ook in staatshospitale gebore.

“Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om die gesondheidswerkers te bedank vir hulle harde werk. ʼn Spesiale dank ook aan die persone wat in die openbare gesondheidsektor werk,” het hy gesê.

Hier is die statistieke van die departement van “Kersbabas:

  • Gauteng: 145 babas.
  • KwaZulu-Natal: 70 babas waarvan 38 seuntjies en 32 dogtertjies.
  • Noordwes: 72 babas waarvan 35 dogtertjies en 37 seuntjies.
  • Limpopo: 54 babas waarvan 30 seuntjies en 24 dogtertjies.
  • Noord-Kaap: 20 babas waarvan 10 seuntjies en 10 dogtertjies.
  • Oos-Kaap: 61 babas waarvan 30 seuntjies en 31 dogtertjies.
  • Wes-Kaap: 45 babas – slegs in staatshospitale.

Volgens berigte is meer as 100 babas in onder meer Mpumalanga en die Vrystaat gebore. Statistieke vir dié provinsies is teen Dinsdagmiddag nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ania ·

Ja, foei tog die arme privaat hospitaal babas is al twee weke terug gekeiser, want die dokter moet see toe gaan! Hierdie statistiek toon mos nou duidelik hoe geboortes onnodig in die privaatsektor aangehelp word.

Somme ·

Eenvoudige somme maak wys my dat Maandagmiddag (laaste par.) bietjie vroeg was vir Maandag se geboortes.

Mariné Lourens ·

Dagsê Somme

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

snoefie ·

as die ancsal ophou om tweede en derde babas met n toelaag te seën, sal staatshospitaal geboortes ook dramaties afneem.

Coenie ·

En dit nou in n land waar werkloosheid en armoede hoogty vier.

Johann Marx ·

Baie geluk. Vir party babas is daar gratis hospitaal, gratis skool, gratis universiteit, ‘n toelaag, gratis verblyf by ouma, gratis kos by die skool, gratis werk as gevolg van afgedwonge BEE wetgewing, en ‘n goue handdruk as hy of sy die verkeerde ding reg doen!! Vir die res is dit betaal, betaal, betaal, betaal, betaal, betaal…………duur hospitaal, duur skool, duur universiteit, geen toelaag, geen gratis verblyf, geen gratis kos nie, geen werk nie, geen goue handdruk nie……want jou gene tel teen jou.

tayla ·

Dis meeste van die vrouens in die “arme privaat hospitaal” se keuse om keisers te kry … n dokter sal nie n baba vroeg keiser omdat hy see toe wil gaan nie…..

Daan ·

Jy sal verbaas wees om Dokter te wees is nie meer n roeping nie maar n besigheid waar die calculater die praatwerk doen .Die profyt kom eerste tweede en derde en daarna die hipokratiese eed miskien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.