Kersete by Monument op nippertjie geskuif

Foto: Voortrekkermonument

Kliënte van die Monument Restaurant by die Voortrekkermonument is dalk hul deposito’s kwyt nadat ʼn Kersete by dié restaurant op die nippertjie uitgestel is.

Verskeie ontstelde gaste het die Monument sedert Kersfees ingelig dat die Kersete waarvoor hulle by die Monument Restaurant bespreek het, op die nippertjie verskuif is van die Monument se perseel na Villa Paradiso in Hartbeespoort, sonder om die gaste daaroor in te lig.

Van dié gaste wat die Kersete toe misgeloop het, se deposito’s kan moontlik in gedrang wees.

Die Voortrekkermonument het ook nie geweet van dié skuif nie. “Ons wil die publiek verseker dat die Voortrekkermonument ten alle tye onder die indruk geplaas is dat die Kersete vlot verloop,” sê Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Voortrekkermonument in ʼn verklaring.

Die Voortrekkermonument het vir langer as tien jaar verskeie persele, insluitend die De Kroon- en Amfi-sale, aan ʼn onafhanklike spysenieringsmaatskappy verhuur wat die Monument Restaurant (Edms) Bpk bedryf het. Die Monument Restaurant se kontrak is einde Desember beëindig en hul sleutels is aan die bestuur oorhandig.

Kruger sê hulle is nou in kennis gestel dié restaurant het verskeie besprekings vir gesellighede op die Voortrekkermonument se terrein vir vanjaar aanvaar, ten spyte van die beëindiging van die kontrak einde Desember.

Die restaurant word heeltemal onafhanklik van die Voortrekkermonument bedryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Paul ·

Ek het n SMS van die Monument restuarant op 17/12/19 ontvang wat se dat hulle paaie skei met dieVoortrekker Monument En dat hulle die jaar se kersete by Villa Paradiso aanbied met n tel nommer Dit is darem 8i dae voor die tyd en ek kan bevestig dat hulle my wel laat weet het. Ek glo dat hulle almal sou laat weet het wat bespreek het.

Deon Kruger ·

Ek stel voor die benadeeldes le bedrogklagtes teen die direkteure van die restaurant maatskappy. Die tipe ooneerlikheid sal voortgaan as dit net aanvaar word.

Paul Smith ·

Hulle het my op 17 desember n SMS gestuur waarby hulle my meedeel dat die ete geskuif het

Cherokee ·

Deon Kruger, na jou klaarblyklike onkundige beskuldiging sou dit goeie norm wees om op Paul Smith se teregwysing te reageer.

Pretoriaman ·

Dis doodeenvoudig onaanvaarbaar. Dagvaar die maatskappy wat dit bedryf. Was altyd lekker.

Ramkat ·

Dagvaar nie so maklik nie. Kos geld en tyd en die bedrae is nie die sous werd nie.

Cherokee ·

Kos jou niks, sê jy Danien? ‘n Dag by die klein-eise hof kan dalk meer kos as die waarde wat jy eis.

Die Waarheid ·

Hmmm , klink na ‘n lekker ou Boereverneukery ( TRIEK ) soos net die BroederBonders van ouds kon doen .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.