Kersfeesbabas gebore

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 100 babas is teen die middag op Kersdag in Gauteng gebore, het die provinsiale departement van gesondheid Donderdag gesê.

“Altesaam 108 babas is in die provinsie gebore,” het Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, gesê.

Altesaam 65 babas is in KwaZulu-Natal by staatshospitale gebore, het Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid, gesê. Hy het egter sy kommer uitgespreek dat vyf van die ma’s tieners is. “Ek het met hulle gepraat. As jy ʼn 17-jarige meisie is en jy baar ʼn kind wat 3.8 kg weeg is die kanse dat dit ʼn veilige geboorte gaan wees, maar skraal. Dit plaas jou eie en jou kind se lewe in gevaar,” het Dhlomo gesê. “Dit is iets wat ons almal al ʼn samelewing moet begin bespreek en tieners moet afraai. Jongmense moet aangemoedig word om veilige seks te beoefen of hulself te weerhou van seksuele aktiwiteit.”

Altesaam 53 babas is in Limpopo gebore.

Statistiek vir die ander ses provinsies was nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.