Kersvader-reklamebord verwyder ná klagtes

Die omstrede reklamebord. Foto: @cathyheatonmup op Twitter.

Die omstrede reklamebord. Foto: @cathyheatonmup op Twitter.

Comedy Central het Vrydag aangekondig dat hy sy Kersvader-reklamebord verwyder het nadat daar talle klagtes ontvang is.

“Ons weet hoe belangrik Kersvader vir kinders en volwassenes is,” het Evert van der Veer, hoof van Comedy Central in Afrika, gesê. “Die boodskap op ons reklamebord was ‘n grap en was nie bedoel om Kersfees vir almal te bederf nie. Ons vra heelhartig om verskoning.”

Die reklamebord op Witkoppenweg in Fourways, Johannesburg het gelui: “Santa isn’t real”. Dit is Donderdag verwyder. “Dit het gevolg nadat ons ʼn hele aantal klagtes van lede van die publiek af ontvang het,” het die televisiekanaal gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

EJ ·

Heel duidelik is Evert nie baie slim nie. Kinders sien dit en in hul oë is dit nie n grap nie. Hul sien dinge in n ander lig… then again Evert, as jy dom is is jy dom. Hoop CC se kanaal vat n knou in kyker getalle… dan sal jy wakker word.

Nina ·

Ag, asseblief! Nie een van my 4 kinders het aan die snert geglo nie. Laas jaar het die brat niggie soos ‘n besetene tekere gegaan omdat my 8- en 13-jarige nie soos ‘n idioot buite wou staan en skreeu vir Vader Kersfees wat kwansuis oor die dak vlieg nie. Haar so gewip en als vir almal opgeneuk te res van die aand. Waar in jou lewe? Ons leer ons kinders om nie te LIEG nie, so waar is dit reg om dan sulke snot as die waarheid aan hulle af te smeer? Tsk.

Jen ·

Nina ek stem saam en die mense het vergeed dat dit eintlik oor Jesus se geboorte gaan en nie oor vader kersfees nie

Francois ·

Jen: Jy is die enigste een van “sense” praat hier. Ja, dit gaan oor Jesus se geboorte, wie de hel is kersvader anyway? Almal het kersfees se REGTE viering heeeltemal verkeerd – dis net geld en die winkels “hype” die mense net meer op. Dis hoekom ons land in die gemors is, wat hy is!

Nina ·

Presies! My jongste twee wat nog in die huis is, maak sommer vir almal self ietsie. Al is dit meer 6de hands as tweedehands..;) Ten minste weet hulle dit gaan nie oor geskenke en wie die duurste gekry het, soos ander nie. Hulle kan nie wag om die ster op ons boom te sit elke jaar nie. Dit beteken vir hulle iets meer as net geskenke en kos!

Alex ·

Ek is jammer maar ek sien dat selfs die wat hier kommentaar lewer ook nie die waarheid weet of ken nie. Kersfees het niks met Jesus Christus te doen nie. Kersfees is n heidense (son-aanbiddings fees) fees wat al eeue voor die geboorte van Christus gevier is. Nerens in die Bybel staan daar dat ons die geboorte van Christus moet vier nie, en ook nie die datum waarop Hy gebore is nie. (Dit was in elkgeval nie in Desember nie). Dit is tyd dat die sg Christene begin besef dat hulle moet ophou om vir die mense en kinders te lieg en begin die Waarheid verkondig. Feeste soos hierdie is n gruwel in die oe van die HERE. DIs hoekom Hy Sy rug op ons gedraai het…

Jen ·

Amen Alex jy is reg ek wou dit genoem het dat dit n heidense aanbiddings fees is maar gedink om dit lief sagkuns te se

Jen ·

Amen Alex jy is reg ek wou dit genoem het dat dit n heidense aanbiddings fees is maar gedink om dit lief sagkuns te se

Jean ·

Dis nie kinders wat kla nie. Dis groot mense wat nie’n skewe woord teen afgod Santa kan handteer nie.

Lynni ·

Moet ni mense kritiseer wat hul kinders in kersvader of di tandemuis laat glo ni. As winkels ophou om hul winkels op te maak vir kersfees sal jul seker daaroor ook moan. Jul is seker te suinig om vi jul kinders geskenke te koop en nou wil julle Kersfees vi almal bederf. Nee, sies man klim van di internet af en gaan koop ietsie vi jul kinders. My kinders het in Kersvader geglo en is vandag pragtige volwasse grootmense.

Lynni ·

Di land is in gemors omrede grootmense heeldag op internet sit en ni aandag aan hul kinders gee ni. Lol

Dave ·

Skerp gesê Lynni..! Ignoreer kinderagtiges soos mathys. Hy voel nou groot om sy post te sien op Internet! Ek hou van die manier waarop jy die stryendes daarop wys dat kindertjies ook toegelaat moet word om kinders te wees en feetjies en kabouters in hul gedagtewêreld toe te laat.

Phillip G ·

Darem so tipies geword van die wêreld waarin ons leef….jy mag enigiets sê…behalwe as dit die waarheid is. GEEN wet kon hulle dwing om dit af te haal MAAR die “druk” van die gemeenskap veroorsaak dat die waarheid eerder nie genoem moet word nie.

En so is ons polities korrek op ALLLE vlakke. Moet dus nie vra hoekom die wêreld (en SA veral) in die toestand is wat hy is nie. So verkneg ons onsself net verder en verder aan leuns…nou verstaan ek wat bedoel word met “Die Waarheid sal jou vry maak”.

Ek is vry want ek verkies om politieke korrektheid in die wind te slaan. Natuurlik beteken dit nie dat ek fisies vry is nie, want politieke korrektheid (in die ware negatiewe implikasies van die woord) het my van my politieke, maatskaplike en geestelike vryhede ontneem….maar in my hart is ek vry want ek verkies om die waarheid te erken en die leun te eien vir wat dit is.

Grassie ·

Ou Niek smokkel met ons kinders se koppe. Dit is sy volgelinge wat kersvader geskep het met die doel om Christus uit kersfees te haal. In die gedagtes van ‘n kind is ‘n man wat met ‘n slee ry en geskenke uitdeel tog baie meer opwindend as ‘n Seuntjie wat in ‘n stal gebore word. Net so met paasfees – ‘n haas wat sjkolade-eiers lê is in ‘n kind se gemoed tog ‘n baie beter opsie as ‘n man wat aan ‘n kruis vasgespyker word. So word die saadjies van verderf en afvalligheid van kleins af in ons kinders se koppe geplant.

franklin ·

Wat het dit gekos om die bord op te sit + te verwyder net om verskoning aan te bied.

Trippie ·

Ek hou eintlik ‘n bietjie van kersfees. Ek like die aandag wat ek kry as almal vir my spesiale boodskappies stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.