Kettiestudent kry weer nie borgtog

Argieffoto: ANA

Argieffoto: ANA

ʼn Student aan die Durban Universiteit vir Tegnologie, wat in hegtenis geneem is nadat hy glo tydens ʼn onlangse #FeesMustFall-betoging ander studente aangemoedig het om die polisie te “m**r”, is vir die tweede keer borgtog geweier.

Die student, Bonginkosi Khanyile, het Dinsdag weer in die Durban-landdroshof verskyn om vir die tweede keer aansoek te doen om borgtog, nadat sy vorige aansoek op 17 Oktober van die hand gewys is.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het bevestig Khanyile is borgtog geweier. Die saak is tot 6 Desember uitgestel.

Dit is nie duidelik wat presies tydens die borgtogaansoek plaasgevind het en waarom borgtog nie toegestaan is nie, aangesien landdros Jackie Jonck Maandag gelas het dat die verrigtinge agter geslote deure gehou word. Niemand buiten hofbeamptes, Khanyile se regsverteenwoordiger en die staatsaanklaer is in die hof toegelaat nie.

Pogings deur die media om Jonck Maandag oor dié besluit toe te spreek sodat berig gedoen kan word oor die saak, is verwerp.

Khanyile is op 27 September in hegtenis geneem nadat hy met die polisie slaags geraak het. Hy is onder meer aangekla van aanhitsing tot openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens, besit van springstof en dat hy deel was van ʼn onwettige byeenkoms en die vloei van verkeer belemmer het.

Na verneem word, is die jongste borgtogaansoek gebring op grond van “nuwe bewyse” wat aan die hof voorgelê is. Dit is egter nie bekend wat dié nuwe inligting is nie, aangesien die hof nie vir die publiek en media oop was nie.

Toe sy borgtogaansoek op 17 Oktober geweier is, het Jonck videobewyse aangehaal wat wys hoe Khanyile polisiebeamptes aanrand en ander studente aanhits om hulle “m**r”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anne ·

Hoop hulle hou hom sommer tot volgende jaar in aanhouding. Dis net jammer daar is nie nog wat toegesluit is nie.

Lance ·

Met die tiepe van optrede is dit dalk maar beter dat hy in die tronk bly vir langer

snoefie ·

ja maak n voorbeeld van hom aangesien hulle te bang was om n voorbeeld van n DLAMINI te maak.

Rina XX ·

Dit gaan my verstand te bowe, hulle is mans genoeg om klippe te gooi en te vernietig…….maar as dit by die straf kom dan wil hul borg he, en met alle geweld uitkom…….As jy mans genoeg is om te moor en vernietig vat jou pak en sit waar jy nou is, kaas dit en geniet dit….rampokker

Jane ·

Mooi so, net jammer diegene wat aanhits om blankes te SLAUGHTER kom niks oor nie, maar dit lyk my hulle sit darem as hulle die polisie dreig. Mooi so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.