Kettiestudent se appèlaansoek afgekeur

Argieffoto: ANA

Argieffoto: ANA

ʼn Student aan die Durbanse Universiteit van Tegnologie wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn kettie gebruik het tydens die onlangse #FeesMustFall-betogings, se appèlaansoek nadat hy borgtog geweier is, is in die Pietermaritzburgse hooggeregshof afgekeur.

“Ek dink nie die landdros was verkeerd [in sy besluit] nie. Die appèl word afgekeur,” het regter Nkosinathi Chili in sy uitspraak gesê.

Bonginkosi Khanyile sal dus Kersfees agter tralies deurbring.

Die uitspraak is Donderdag in minder as twee minute in die hooggeregshof gelewer. Khanyile se vriende en ondersteuners was aanvanklik verward voor hulle besef het dat sy appèlaansoek misluk het.

Chili het nie redes verskaf waarom hy Khanyile se aansoek van die hand gewys het nie.

Studente wat T-hemde van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gedra het, het buite die hof hul misnoeë uitgespreek oor die uitspraak en vullisdromme omgekeer. Beamptes van die polisie se openbare orde moes ingryp en twee studente is in hegtenis geneem.

Khanyile se ma het ook haar skok uitgespreek tydens die hofverrigtinge. “Ek is geskok dat my seun nie op borgtog vrygelaat kan word nie, terwyl misdadigers wat gruwelike misdade gepleeg het, nie vervolg word nie.”

Phiwaba Mdokwe, sekretarisgeneraal van die EFF se studenteliga, het gesê hy is nie tevrede met die regstelsel nie. Hy het ook sy misnoeë uitgespreek oor die lengte van die uitspraak wat Chili gelewer het, en gesê die regter het nie enige redes vir sy besluit verskaf nie. Hy hou vol dat só terugslag hulle nie sal afskrik nie. “Ons sal steeds bly stry ter ondersteuning van comrade Khanyile en diegene wat vandag in hegtenis geneem is.”

EFF-leiers het probeer om die twee studente, wat in hegtenis geneem is, vry te laat, en het daarop aangedring dat die polisie hulle onregmatig in hegtenis geneem het, aangesien hulle slegs ondersteuners was met EFF-T-hemde en nie geweld aangehits het nie.

Een van die ontstoke ondersteuners het na bewering ʼn lid van die televisiestasie ANN7 geklap.

Lungisani Mkhize, voorsitter van die KwaZulu-Natalse National Union of Metal Workers of South Africa (Numsa) se jeugtak, het betoog en gesê die hofverrigtinge was nie vry en regverdig nie en gesê die regstelsel is nie onafhanklik nie.

Maroela Media het vroeër berig Khanyile is op 27 September in hegtenis geneem nadat hy met die polisie slaags geraak het. Hy is onder meer aangekla van aanhitsing tot openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens, besit van springstof en dat hy deel was van ʼn onwettige byeenkoms en die vloei van verkeer belemmer het.

Sy aansoek om borgtog is op 30 November vir ʼn tweede keer van die hand gewys nadat “nuwe bewyse” aan die hof voorgelê is. Dit is egter nie bekend wat dié nuwe inligting is nie, aangesien die hof nie vir die publiek en media oop was nie.

Toe sy borgtogaansoek op 17 Oktober geweier is, het landdros Jackie Jonck videobewyse aangehaal wat wys hoe Khanyile polisiebeamptes aanrand en ander studente aanhits om hulle te “m**r”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frik ·

Stem saam met uitslag van Chili se besluit, meer sulke besluite moet in die toekoms geneem word om die wetteloosheid in die land stop te sit. Studente dink hulle kan net maak en breek soos hulle wil, wat dink hulle as hulle asblikke omgooi – besighede plunder en voertuie brand. Dit grens aan baarbaarsheid , so Bonginkosi is waar hy hoort.

Allak ·

Hy het nie geld vir universieteit nie maar wil hooggeregshof toe! Hoe werk dit?

Rabes ·

Die arme bloedjies is altyd onskuldig. Dit wil my voorkom volgens hulle die gereg altyd die verkeerde is net so ook in die jare sewentigs en tagtigs

CAV ·

En SPRINGSTOF in sy besit gehad – so hy het ernstige intensies gehad om the plunder, beseer, te moor………, en ons moet hom jammer kry omdat hy Kertyd after tralies moet sit –
En die EFF en sy ma ” geskok ” oor die uitspraak ? – -tjk tjk tjk

Anoniem ·

Was die ma ook geskok oor haar bloedjie se (wan)gedrag tydens die oproer? Was sy ook geskok oor die punte wat hy in sy studies behaal het?

jaco ·

n swart regter weier borg aan n swart beskuldigde. daardie regter beter vinnig ander werk begin soek…

Adam Boshoff ·

Die saak moet nou net n jaar lank sloer en hy moet binne bly

Sit boeta sit.. ·

As hy wil verwoes, moet hy sy kerskoek geniet waar hy hoort..

Pik ·

Hy kan mos nou gratis onderwys kry in die tronk dis wat hy wou he?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.