Kettingwinkel gekap oor Moedersdagveldtog

Een van die foto's wat deel vorm van Truworths se Moedersdagveldtog.

Een van die foto’s wat deel vorm van Truworths se Moedersdagveldtog.

ʼn Moedersdagveldtog van ʼn bekende klerekettingwinkel het talle moeders warm onder die kraag.

Truworths het vandeesweek op sosiale media deurgeloop oor sy Moedersdagveldtog wat ʼn reeks foto’s insluit van jong modelle wat in luukse onderklere poseer. Die foto’s is wyd op sosiale media gedeel met talle sosialemedia-gebruikers wat meen die klerewinkel stel ʼn onrealistiese beeld van ma’s voor en stuur die verkeerde boodskap oor ouerskap.

Baie vroue het gekla dat een van die modelle te jonk lyk om ʼn ma te wees, dat haar perfekte kurwes onrealisties en beledigend vir ma’s is en dat onderklere nie ʼn gepaste Moedersdaggeskenk is nie.

Truworths het op die vlaag kritiek gereageer deur te sê die model, wat glo in haar 20’s is, is gekies vir haar “glansryke voorkoms” en nie as ʼn voorstelling van al die winkel se kliënte wat ma’s is nie. “Ons het komplimente sowel as kritiek oor die veldtog ontvang en voel ons kliënte het die reg tot hul eie opinies oor ons veldtogte. Dit is ʼn realiteit dat onder- én slaapklere as geskenke op Moedersdag gegee word. Ons bedoeling was nooit om enigiemand aanstoot te gee nie, maar eerder om ʼn modieuse produk wat deur gepaste bemarking ondersteun word, ten toon te stel.”

Truworths het verder in die verklaring gesê hulle glo ma’s moet jeugdig en aantreklik kan voel as hulle graag wil, en dat hulle ma’s graag hiermee wil bystaan deur die verskaffing van modieuse klere, skoonheidsmiddels en parfuums. “Ons sal natuurlik die kommentaar op sosiale media in ag neem wanneer ons in die toekoms ʼn soortgelyke veldtog van stapel stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Jessica ·

The underwear is stunning, and these days sexy mother’s don’t mind underwear.

R ·

Ag foeitig! Mense kan darem maar op hol raak oor ‘n klomp twak.

Gesigggie ·

Ek stem saam, die advertensie is glad nie geskik vir moedersdag…ek dink regtig nie n Ma stel regtig belang in fansy onderklere vir Moedersdag,maar eerder, blomme, parfuum, of iets lekker soos n chocolade”’ glansryke voorkoms, ja ok… maar wat stel nou eintlik Moedersdag voor? elke Ma moet goed voel oor haar self, maar dit is nie nodig om dit uit te beeld met onderklere? En ja sy is 20” so duidelik te jonk om al n Ma te wees… sy is n model… Ek dink dat Truworths maar weer moet probeer…en aan iets beter moet dink… Aan al die Moeders daar buite… HAPPY MOTHERSDAY… MAG JUL DAG MET BLOMME BESAAI WORD…

Karolis ·

Sy is nie twintig soos wat jy lees nie, sy is in haar twintigs, 21 tot 29.
Die advertensie is gemik op die kopers – Pa en kinders.

uitdieooste ·

Gesiggie, wat is fout met die onderklere dit is sexy jong. Dit doen iets aan ons as mans. Moenie so outyds wees nie. Niks fout daarmee nie.

natasha ·

My ma was 20 toe sy my suster gehad het, ek is 23 toe ek my dogtertjie gehad het, maak dit nou nie van ons n ma nie? Enige een kan n ma wees, maar maak nie saak watter ouderdom nie, kan jy n moeder wees en alles vir jou kind wees.. Net omdat ek nou n kind het, beteken nie ek moet ouma panties en sportbras dra nie.

natasha ·

My ma was 20 toe sy my suster gehad het, ek is 23 toe ek my dogtertjie gehad het, maak dit nou nie van ons n ma nie? Enige een kan n ma wees, maar maak nie saak watter ouderdom nie, kan jy n moeder wees en alles vir jou kind wees..

JaNee ·

Karolis, Die advertensie is gemik op pa en kinders lol. om vir ma ń bra te koop. Asb.

JJ ·

Ek dink hul mag adverteer nes hul wil. Die fotos beeld niks eksplisiet nie. Dis net jaloesie.

tw ·

Ekskuus, omdat ek nou n ma is, moet ek nou skielik minder vroulik en vet wees? Nee regtig, ek is nog baie trots op my kurwes en is seker duisende ander ook. Buitendien, jy kan geronde kurwes he en nog steeds pragtig voel en lyk, veral met mooi onderklere aan.

KarooKlong ·

TW, laat weet my as jy single word.

JaNee, kinders is ook 35jaar oud met ‘n sexy ma van 55 en met die nodige liefde en bietjie humor kry ma nie net sexy onderklere nie ……………..

Edward James Shawe Snr ·

Nee regtig! Moeders moet gerespekteer word en met liefde beheen word. Moeders het die swaarkry gehad om haar kinders in die lewe te bring en met liefde groot te maak. Plaas dat hulle liewer moeders met hul kinders adverteer vir Moedersdag en nie in onsedelike drag nie. Ek reken ook dit is onvanpas.

KarooKlong ·

EJSS
My ma stel voor dit is tyd dat jy met jou ma praat.

realis ·

Jy is van ABSOLUTE NEGATIWITEIT aanmekaar gesit …siestog !! Kyk more oggend na die OOSTE …Daar is ‘n son wat opkom…moet nie net WES kyk waar die son ondergaan nie

Lize ·

Winkelassistent: “Wie is die gelukkige dame wat die sexy onderklere kry?”
Seun: “My ma”
Winkelassistent: “…”

Cherokee ·

Lize…Lize…Lize… hierdie muntstuk het ook ‘n anderkant. Dìt lyk so:

Winkelassistent: “Wie’s die gelukkige dame wat die sexy onderklere kry?”
Man: “My vrou, die pragtige moeder van my kinders.”

Mossie ·

Winkel assestent ” is jou pa te skaam om dit te kom koop?”

KarooKlong ·

Winkel assistent:
Is jou pa getroud? Die vark, hy wou gister dit vir my koop, en hy wou nog laat ek dit dadelik aanpas ook…………

Veritas ·

Ja-nee die groen monster loop lekker rond. Ek sal nou nie so-iets vir my ma koop nie maar vir vroulief….uhm Mammie.

Natasha ·

Presies!! N man moet so iets kan koop vir sy vrou, duur onderklere sit maar net lekker, en laat voe n vrou sommer 120% sexier, as my man met n boks chocolate aan kom, gaan ek nadie tyd net soet en duk voel! En jine, daai onderklere hou lank, en as jou man jou size ken. Dan kan n vrou nie vir beter liefde vra nie.

Natasha ·

Ek lyk soos daai vrou in die add. En ek is n ma van n 22maande oue dogterjie, ek was Gelukkig om geen rekmerke te kry nie..
As my man met so geskenk bydie huis kom weet ek darm hy vind my nog aantreklik, en dan is nommer twee ook seker oppad.
Ongelukkig gebruik winkels mooi vrouens om adds te plaas, die produk gaan nie verkoop as hulle n oorgewig vrou met rekmerke opdie deure sit nie, dis Nou ongelukkig hoe die nuwe werêld werk, goed verkoop nie, as dit nie deur s’x illestrasies gedoen word nie..

jennefer ·

Ek dink nie ek sou te gelukkig voel as een van my kinders saam pa gaan onderklere koop vir moedersdag nie, maar ek dink moedersdag behoort n bederf dag te wees,dis nie eers nodig om geld daarop te spandeer nie.

E.K. ·

Valentynsdag goete die. Niks te doene met of jy goed of sleg lyk in dit, dis vir Valentyns wat my betref. Ek lyk nog goed maar sal vies wees vir so geskenk, ek soek lekker sjokolade en uiteet of manlief wat al die kos (slaai en alles as dit braai is!) maak en al die skottelgoed was.

Dawie ·

Ek weet nie waaroor kla julle nie maar as die pragtige dames net blomme aangehad het , het julle ook gekla want dan was als nie toe nie

gert ·

Is dit moedersdag of jongmensdag? Een of ander iemand wat die idee gekry het om moedersdag so te verkleineer weet duidelik nie wat moedersdag beteken nie.Dalk het die reklame dept. nie een n moeder nie? Anders sou hulle verstaan het waaroor dit gaan.Kry hulle jammer.

Diana ·

Nie alle Ma’s is vet en vol plooie nie……..my ma is wel, en ek LOVE haar!

Anoniem ·

Oh genade maar julle mense raak vinnig kwaad oor niks. Natuurlik gaan die kinders nie vir ma die onderklere koop nie, dis pa se werk daai. Julle kry omtrent die pipperellekoors oor niks. Sjoe.

Ben Prinsloo. ·

Op watter kanale is die advertensie? Ek wil dit ook graag sien.

Carmen ·

Ek dink ook nie die Truworths model vertolk baie oortuigend die rol van ‘n ma nie, maar die idee van mooi onderklere vir Moedersdag is 110 keer beter as die moedersdag “special” wat Makro laas jaar op WASMASJIENE die wêreld vol geadverteer het…!

Yvonne ·

Mens gaan tog nie ‘n bikini aantrek wanneer jy kerk toe gaan nie; so min as wat jy ‘n pak klere na die strand gaan dra! Daar is ‘n tyd en plek vir alles. Hou maar die ondergoedjies vir ander geleenthede. Kry tog ‘n bietjie goeie styl mense/Truworths!

alet ·

dis goed en wel hulle gebruik jong modelle,maar ek persoonlik dink vir moedersdag en vadersdag kan hulle eerder Mammas en Pappas gebruik vir hul klere reeks,ons sien te veel Modelle en dit raak afgesaag,of is hulle bang verkope daal as ouer gades gebruik word

mimi ·

Koop nie meer daar nie.Die winkel het my as n moeder n dwarsklap gegee. My kinders wat in hulle 20tigs is stem saam .My man stem ook saam en se daar is n tyd en plek vir alles.Moedersdag gaan oor die gesin se respek en waardering vir hul moeder.Jammer dat die reklame afdeling van die winkel dit nie kan begryp nie en ook nie party lesers nie.

ronel ·

Dit is jammer dat die winkel bewys dat hulle nie moeders eer nie.Ek sal beslis sleg voel indien my man of my groot kinders met so iets by die huis aankom.Gelukkig sal hulle nie want hulle respekteer my as moeder.

ann ·

Die tipe moedersdag uitbeelding getuig van swak smaak.Dit is baie oneerbiedig teenoor moeders. Gebruik dit vir Valentynsdag.Moenie moeders my inkluis so verneder nie.

adelle ·

Ek sal nooit weer my voete in daardie winkelgroep insit nie weens hulle onbegrip en geen respek vir my as moeder nie.

Oupa Hen ·

Ek gaan ook nooit weer vir my of my vrou daar onderklere koop nie. Hoe durf hulle!!

Koos ·

Ag nee oupa, ek is al 43 jaar getroud en my vrou is nog net so mooi soos sy was, sy kan maar die goetjies dra.

JaNee ·

hehehe. ek klink nou soos Zuma wat lag. Sjoe jul mense is snaaks, ek lag lekker v jul kommentaar. Die advertensie met die vrou met ń bra aan is ongewens. Punt.

Tollies ·

Ja baie interresant solank elkeen met sy keusse vir n bederf by die huis aankom
ek dink ook meerderheid moeders wil bederf wees + sy hoef niks te doen vir die dag
want elke ander dag is sy n moeder en vrou met liefde Is moeders dag dan nie ven die
kinders se kant af nie . ? die klere kan ek inelkgeval nie onderskei op straat as bo of onderklere nie so wie dit adverteer maak nie saak party trek dit onder aan vir iemand spesiaal en omdat n mens onderklere dra ander het net een stel nodig Ha Ha

Jaycee ·

Mooi so Truworths. Volpunte vir hierdie een. Indien daar vrouens en mans is wat beswaard voel oor hierdie saak moet hulle liefs na hulleself kyk. Feit is daar is te veel mense vandag wat oorgewig is en dit omdat hulle te veel vreet en drink en die verkeerde goed eet. [Ek sluit egte siekte-toestande uit]. ‘n Man of vrou, hoe oud ook al, behoort waarderend te kyk na mense met wel-gevormde liggame. Moenie dat dit ‘n pynsteek wees na jou eie “issues” nie. Moedersdag het sekerlik betrekking op die rol, maar ook die voorkoms, van ‘n moeder. Hoekom moet net op die een aspek gefokus word?
Aan al die moeders, jonk, oud, dik, skraal en wat nog: Geniet Moedersdag en onthou al wys ons mans [en die kinders] dit nie altyd nie, ons waardeer wat julle vir ons beteken.

GWB ·

Haha, daardie is die nuwe mamma van jou kinders as jy nie ophou moan nie.

Delani ·

In watter jaar leef die meeste mamma’s? Ek is ‘n ma van 28 met twee pragtige dogtertjies, en ek sal gladnie omgee as my man en kinders vir my sexy onderkleure koop vir moerdersdag nie. Vir my kinders gaan dit oor die idee, en dan weet ek dat my man my nog onweerstaanbaar vind.
Niks fout daarmee nie, maak nie saak wat jou “size” is nie.

Rehette ·

REGTIG BELAGLIK OM DAAI MOOI ONDERKLERE TE KLA EK IS 56 EN DRA NOG STEED SEXY UNDERWARE VIR MY MAN OM TE SIEN
MOOI TRUWORTHS DINK EK MOET KLERE DAAR KOM KOOP

kerneels ·

Moet ek vir my moeder van 85 dit koopRehette?Moet ek dit vir my skoonmoeder koop?Hulle is oud maar nog steeds moeders.Wat stel jy voor?Wat moet ek by Tworths gaankoop wat geadverteer word vir moedersdag?

naam ·

Aaaaaaaaag. Stel nie belang aan die DAE nie. Dis net besighede se manier om van jou geld in die hande te kry.

Johnny ·

Ek sien absoluut niks daarmee verkeerd nie…. hou jou aandag by die huis !!

Harlekyn ·

Ai as jy nie vir jou ma dit vir moedersdag wil koop nie moet nie. Waar ek vandaan kom gee mans vir hulle vrouens ook moedersdag persente om haar te eer vir die moeder wat sy vir hulle kinders is,waar onderklere beslis ‘n geskikte persent is. Hulle adverteer onderklere vir valentynsdag ook dit beteken nie dit is geskik vir jou tiener seun op skool om dit vir sy meisie tekoop nie. Maar ‘n man vir sy vrou beslis. Jy kan nie elke winkel aanval oor alles wat hulle adverteer nie vir jou is nie. Ek is seker hulle het ‘n serpie ook wat jy vir jou moeder kan koop.

Rooikop ·

Ja koop al jare nie meer by die winkel nie. Hulle misken die vroue met bietjie meer kurwes. Stel net belang in die plankies. Sleg baie sleg van hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.