Kettingwinkel in Bethlehem beroof

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Bethlehem in die Vrystaat is op soek na vier verdagtes in verband met ʼn rooftog by ʼn gewilde kettingwinkel op die dorp.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is Woensdagoggend om 09:00 ontbied, waar die ooggetuie, ʼn assistent-bestuurder by die winkel, hulle ingewag het. Sy het beweer sy was by die deur om die winkel oop te maak toe sy deur ʼn man genader is wat ʼn vuurwapen op haar gerig het.

“Die verdagte het haar aangesê om na die stoorkamer te gaan en het daarop aangedring dat sy alle selfone aan hom oorhandig,” het Mpakane gesê. “Sy het vir hom gesê die stoorkamer se sleutels is voor in die winkel en hy is toe saam met haar om die sleutels te kry.”

Volgens die getuie het drie medepligtiges die winkel binnegedring en die ander werknemers met vuurwapens aangehou. Sy is toe saam met die eerste verdagte na die stoorkamer, waar sy gedwing is om al hul selfone in ʼn sak te gooi.

Die verdagtes het op vlug geslaan met ʼn aantal selfone, asook ʼn onbekende bedrag kontant.

ʼn Saak van sakeroof is by die Bethlehem-polisie aanhangig gemaak en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tc ·

Verdagte,verdagte noem die man op sy naam!!Hy is n ROWER want hy roof nie n verdagte wat roof nie,of n VERDAGTE wat moor of verkrag nie!!Of is dit nou die nuwe naam vir kleur die “VERDAGTE”

Willie ·

Dit gaan darem maar te lekker in die land, vat en roof.. Verdagtes worg gemonitor… wonder of dit faktor of gewone tor is? Menatliteit van vat, roof, verkrag, beset, besmet ets….

Swartluiperd ·

Laat my dink aan die WILDE WESTE verdagtes was volop net die verskil by ons is darm baksteengeboue en teerpaaie vol gate met motors. Ek dink ons moet maar help roof en plunder om gelykheid te verkry, want wat ons jare gevat het om op te bou word in oogwink tot niet gemaak.

Ouma mix ·

Ek stem sam Swartluiperd alles wat stof was sal truggaan tot stof

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.