Kettingwinkel reageer ná wag glo tiener aanrand

Beserings wat die seun tydens die beweerde aanranding opgedoen het. Foto: Verskaf

Die hoofbestuurder van die kettingwinkel waar ʼn tienerseun van Lephalale (Ellisras) na bewering Donderdag deur ʼn veiligheidswag aangerand is, het met skok en afgryse op die voorval gereageer.

Herman Botha, die PNA-groep se hoofbestuurder, het Vrydag in reaksie op Maroela Media se vroeëre berig gesê die PNA-groep het verneem van die beweerde aanranding van die 16-jarige seun by een van sy konsessiewinkels in dié dorp.

“Die PNA-groep wil dit onomwonde stel dat ons hierdie optrede ten sterkste veroordeel,” het Botha gesê. “PNA onderneem om alles in sy vermoë te doen om agter die kap van die byl te kom. Ons het reeds ʼn skrywe aan die betrokke sentrumbestuur asook die sentrum se veiligheidsmaatskappy gerig waarin ons versoek dat die aangeleentheid onmiddellik ondersoek word en daar sonder voorbehoud opgetree sal word teen die veiligheidswag, of enige ander mense wat hulle wel skuldig gemaak het aan aanranding.”

Botha het gesê die maatskappy het ook ʼn interne ondersoek van stapel gestuur om die betrokkenheid van enige ander mense by hierdie “betreurenswaardige voorval” te ondersoek en hulle sodoende in staat te stel om ʼn behoorlike, ingeligte besluit te neem met betrekking tot toepaslike stappe waar nodig.

“PNA wil dit benadruk, die aanranding van enige mens, in enige omstandighede, hetsy skuldig aan ʼn misdaad of nie, is totaal onaanvaarbaar.”

Maroela Media het vroeër berig die seun moes Donderdagnag in die hospitaal deurbring.

Die seun se pa, wie se naam nie genoem mag word nie om die seun se identiteit te beskerm, het vroeër Vrydag aan Maroela Media gesê die seun is daarvan beskuldig dat hy Maandag ʼn geheuestokkie by die kettingwinkel gesteel het.

“My seun het gister [Donderdag] omstreeks 10:00 in die parkeergebied van die winkelsentrum geloop toe ʼn vrou wat by die winkel werk hom gesien het. Sy het ʼn veiligheidswag wat by die sentrum werk, geroep en hulle het my seun in die winkel ingesleep, die deure gesluit en hom in ʼn kamertjie toegesluit,” het die pa gesê.

Die veiligheidswag het die seun glo herhaaldelik “pimpel en pers” met sy knuppel en die plat hand geslaan. Die pa het foto’s van die beserings geneem en aan die media verskaf.

ʼn Werker by die winkel het intussen die polisie ontbied, waarna die polisie die seun in hegtenis geneem, geboei en agter in ʼn vangwa gesit het. Die polisie het sy ouers omstreeks 10:20 in kennis gestel dat hy in hegtenis geneem is op aanklag van diefstal. Toe hulle verneem van die beweerde aanranding het hulle daarop aangedring om hom na ʼn hospitaal te neem, waar hy opgeneem is vir waarneming.

Die ouers het ʼn klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen die veiligheidswag aanhangig gemaak en het reeds ʼn saaknommer. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ouers oorweeg dit ook om siviele stappe teen sekere partye te doen.

ʼn Saak van diefstal is teen die seun aanhangig gemaak. Die polisie het Vrydagmiddag die seun se verklaring afgeneem. Die ondersoeke duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

168 Kommentare

Norrie ·

Jip. Stem saam. Dit was andersom – onthou die ” coffin case” Kom ons kyk maar wat hier dan gebeur. Of dit ook die hoof nuusstroom gaan haal.

Anoniem ·

Die wag nog steeds nie gearresteer nie. Polisie moet glo eers ondersoek doen maar die arme kind is onmiddelik gevang en in ñ sel toegesluit. Waar is die regverdigheid!!!! Die bestuurder van die PNA is glo ñ oud polisie beampte, daarom sloer die saak en word hy beskerm terwyl die kind amper doodgeslaan is in opdrag van hom!

Hansie slim ·

Ek is baie bly PNA probeer nie die saak toesmeer nie. Kyk wat het met Spur gebeur toe hulle kant gekies het. Hulle het ‘n paar Rand verloor.

Dirkie ·

En toe Spur se special n maand of wat gelede aan was, kon jy nie eens in Spur kom nie. Die publiek het in toue gestaan om te eet. Ek dog almal wou Spur boikot. PNA is nie skuldig nie wel die individu wat die seun aangerand het.

Piet Snot ·

Jy’s reg. Hierdie winkel is minstens nie besig om ‘n Spur op homself te trek nie.

Yolie ·

Dit is skokend dat ‘n kind so behandel kan word deur groot mense. Hoekom het hulle nie die seun Maandag voor gekeer nie as hulle vemoed hy het iets gevat nie. Maar om hom Donderdag te wil voorkeer en hom aanrand? Swak. Hoop die betrokke groot mense word toe gesluit.

Apie ·

Dis poging tot moord, oordrewe geweld, afgesien van die rede. As dit my kind was, moes daardie wag al lankal begin hardloop het!!! Skobbejak!

PJC ·

As hierdie my seun of kleinseun was sou hierdie wag moes landuit vlug om te ontkom. Selfs die polisie sou hom nie kon beskerm nie want kry sou ek hom kry. Hierdie mense is totaal onopgelei en onbevoeg en hou ń groot gevaar vir die publiek in. Hulle skroom nie om weerloses aan te rand nie. Al wat hulle verstaan is meer geweld. Ek voel ń mens moet hulle van hulle eie medisyne gee met veelvuldige rente. Tien teen een is hy ń buitelanderwat onwettig in die land is.

Kaaiman ·

As ons dit nou in vergelyking bring met die doodskis voorval, is daar ‘n paar ooreenkomste. Beweerde diefstal, aanranding (ooglopend), twee rasse betrokke, ens. Ek vra vir Maroela Media om ons op hoogte te hou van hoe hierdie een afspeel…

Carel ·

Mag die polisie ‘n minderjarige boei en in hegtenis neem vir só ‘n klein beweerde oortreding?

Andrea ·

Dankie vir die naam van die winkel. Dis seker nie PNA se skuld dat die wag die seun aangerand het nie, maar ek dink mens moet stelling inneem deur te wys dat ons sulke vergrype nie net gaan aanvaar nie. Iets wat ons kán doen is om nie ons geld daar te spandeer nie. Ek en my gesin sal dus nie weer die PNA ondersteun nie.

Vra ook ·

Die vraag wat niemand vra nie: In wie se diens is die sekuriteitswag?

Anoniem ·

Dit is PNA se skuld. Hul het die wag toegelaat om die kind in hul winkel in te sleep. Toe te sluit in ñ kamer en die bestuurder het aan die wag gesê “Do what you please with him”. So dit is baie beslis PNA se bestuurder en die sekuriteitswag se skuld.

Meraai ·

Elke PNA winkel in SA behoort aan privaat eienaars. So moet asseblief nie elke PNA aanvat nie. Om net te besluit ek koop nie meer daar of eet by daai plek oor wat by ‘n ander tak gebeur het is regtig kleinlik. Jy speel met mense se lewe en toekoms hier. Net ons het hulle ook ‘n familie om voor te sorg.

Onredelik ·

Nee nou is jy onredelik, toe hul hoofbestuur agterkom het hul dadelik reg opgetree, ek sal eers volg en as die personeellid afgedank word sowel as die sekuriteit toegesluit word, ondersteun ek my favorite craft shop PNA, dankie PNA om nie polities korrek te wees. Verder dink ek kry jul bas daar, dit klink of daar slegs n vermoedeis, gaan sien die seun se ouers en dra sy mediese koste.

Wie Dan? ·

Uit MM se eerste ebrig blyk die PNA bestuurder het aan die veiligheidswag gese^ om aan die kind te doen wat hy wil – daarom die aanranding. Hoe kan dit nie PNA se skuld wees nie?

Isabel ·

Liewe hemel die kind is verniel. Die wag het die wet in sy eie hande geneem. Die seun is 16 jaar oud, kom ons kyk of die wet dat ons nie meer kinders mag slae gee iets beteken. Maak nie saak wat die kind gedoen het nie, dis n saak tussen hom, sy ouers en die polisie. Baie beslis nie n vreemde se werk om die kind n les te leer nie. Jy moes hom terug gefoeter het my kind, dit lyk of jy op n plek was om jouself te beskerm. Help veel hulle wil kinders beskerm deur ouers te keer om slae te gee en ander mense verbeel hulle dat hulle die beroepe vul wat hulle die reg gee om hulle hande te lig teenoor jou kind nie, dit maak nie saak wie of wat jou kind is nie, daai seun is wreed geslaan. SIES MAN!!

marlene ·

Skielik weet hul nou daarvan! Waar was hulle toe dit gebeur het??? Sekerlik was daar ‘n moewiese geraas. Sies mense. ‘n Minderjarige kind! Is julle van jul sinne beroof? ?

Boet Fasie ·

Skande dat ‘n persoon so aangerand word deur ‘ n wag. Ek glo dat die wag sy mag misbruik het en aangekla moet word van poging tot moord. SIES

Ouman ·

Klink na ‘n goeie plan. Storie baie verdag. Beweerde diefstal Maandag en dan gryp hulle die seun op Donderdag. Die wag en personeel kort defnitief pak slae met ‘n goeie sambok. SAPS moet ook verduidelik hoekom hulle nie die seun onmiddelik vir mediese hulp gevat het nie asook hoekom die wag nog op vrye voet is. Ek sal nie verbaas wees as ras ‘n rol gespeel het nie

Martie le Grange ·

Liewe genade! Ek het nie woorde om te beskryf hoe geskok ek is nie. Maak die sekuriteitsmaatskappy se naam bekend. Ek sou nie rus om geregtigheid te laat seëvier as so iets met my of my gesin moes gebeur nie.

Andrè ·

Gesleep en in ‘n kamer toegesluit. Dis nou wel ‘ n kamer en nie ‘n doodskis nie maar lyk my as ‘ n werker nie die polisie gebel het nie sou hulle hom doodgemaak het. Miskien verdien die wag so 14 jaar vir poging tot moord en die vrou moontlik medepligtig en dalk so 10 jaar. Die diefstal dalk ‘n verskoning toe die poging tot moord onderbreek is en dus regsverydeling.’ n Voorbeeld moet gemaak word sodat hierdie rassisme kan stop.

Boerseun ·

Korrek Andre – as die doodskis-afskrikkers 15 jaar kon kry vir poging tot moord, dan sal hierdie wag en PNA-bestuurde sekerlik lewenslank moet kry vir poging tot moord. Kom ons wag en kyk. Ek is ookvan mening dat hierdie blanke seun vir die res van sy lewe op Clifton se strande kan gaan rond le nadat hy miljoene vir trauma an poging tot moord uit die PNA gemaak het. Hierdie voorval kan die PNA se deure toemaak!

Boerseun ·

Korrek Andre – as die doodskis-afskrikkers 15 jaar kon kry vir poging tot moord, dan sal hierdie wag en PNA-bestuurde sekerlik lewenslank moet kry vir poging tot moord. Kom ons wag en kyk. Ek is ookvan mening dat hierdie blanke seun vir die res van sy lewe op Clifton se strande kan gaan rond le nadat hy miljoene vir trauma an poging tot moord uit die PNA gemaak het. Hierdie voorval kan die PNA se deure toemaak!

Wonder ·

Mense het eenvoudig nie respek vir ander mense. Net te maklik om aan te rand. Is daar ‘n kamera in PNA om die beweerde misdaad af te neem? Die vrou het werklik ‘n goeie geheue om die seun te identifiseer. In die Kaap is die geheuestokkies by die betaalpunt, so hoe het die seun dit in die hande gekry? Klink weer na pot nonsens.

Wet toepassing ·

Nou ja daar is mos nou n nuwe wet in ons wettelose land dat n kind nie geslaan mag word nie. Pas dit nou asb ook sommer toe.

Veritas ·

Ek glo nie die veiligheidswag werk vir PNA nie. Hy is heel moontlik deur die winkelsentrum aangestel. As die mannetjie skuldig is aan diefstal, moet hy ‘n les geleer word maar hierdie aanranding kan geensins toegelaat wkrd nie.

Staan Op! ·

As die manme van die kis-geval vir poging tot moord gevonnis is terwy diel “slagoffer” geen letsels kon toon nie, dan is hierdie beslis poging tot moord. Dieselfde met die KFC geval. EK WIL N BEROEP DOEN OP ALMAL OM OP TE STAAN en Afriforum wat kastig ons burgerregte beskermer is om ook hierdie saak te hanteer soos hulle doen met die model in die Grace Mugabe geval. Indie Afriforum weier – roep ons ‘n totale BOIKOT teen Afriforum uit. Ek gaan more die versoek aan Afrifirum rig.

Boerseun ·

@Staan op!: Jy slaan die spyker op sy kop! Afriforum voel vere vir hul eie volk maar verdedig eerder anderskleuriges! Ons blankes word verniel en verneder, maar Afriforum kyk ander pad!

Ja dit is ·

Blykbaar het die wag gedreig om die seun te skiet – dis poging tot moord.

Pop ·

Asb, groot asb wys ons wie is die vrou en wag. Kan ons asb ook toi toi om hulle bloed te eis soos wat daar gedoen is met die doodskis saak. Dìe 2 moet ook vir poging tot moord in hegtenis geneem word.

anoniem ·

As ek so na die kommentaar kyk is daar net een ding die opdrag is deur die eienaar aan die wag gegee hoekom het hy dit nie op ñ ander manier uitgesorteer nie hy is dan ñ ou polisie beampte die kind moes nie so geslaan geword het nie dit is net eenvoudig verkeerd

Staan Op! ·

As die manne in die kis-geval vir poging tot moord gevinnis is terwyl die “slagoffer” geen lestsels kon wys nie, dan is hierdie geval verseker poging tot moord! Dieselfde met die KFC geval. Ons optrede behoort teen Afriforum te wees indien hulle nie die geval oo versoek wil hanteer en die wag wil vervolg nie – soos met Grace Mugabe se geval. Ek gaan more hierdie versoek aan Afriforum rig. Indien hulle nie die saak neem nie sal daar ‘n SPUR ingestel wird.

Oom Piet ·

Was die minderjarige seun behoorlik bygestaan deur sy eie regsverteenwoordiger en was beide sy ouers ook teenwoordig vooraf en tydens die afleg opname van die minderjarige seun se geheel aparte verklarings deur die polisie, en was die seun en sy ouers vooraf gewaarsku aangaande al sy regte en veral oor sy reg tot stilswye, en dat enige beweerde bekentenis tydens die insleep, aanhouding, aanranding en skiet bedreiging van die kind ongeldig is en geensins deur die polisie ingesluit en/of in ag geneem mag word nie, in terme van sy deeurgaanse reg tot algehele stilswye. Aangerand omdat hy nie bieg nie ?

Bekommerd ·

MM. Julle gooi my kommentaar af omdat ek standpunt inneem. Dis reg! Ek sal julle ontbloot as ‘n tipiese Afrikaner organisasie wat nie ons Boerevolk se belange ondersteun nie.

SjN ·

Wag eers en verneem oor die aangeleentheid, neem dan n ingeligte besluit.

Martiens ·

Spur was totale ander omstandighede en het die situasie verkeerd hanteer. Ek is self n MD van maatskappye en n mens kan nie altyd elke werknemer se optrede bepaal nie. Wat wel belangrik is, is hoe n mens optree as iets gebeur. Mnr Herman Botha, jy het reg opgetree en daarom sal Jan publiek nie so kleinlik soos bostaande kommetaar van Andrea wees nie. Mens kan sien sy het nog baie om te leer in die lewe. ALS sal goed uitwerk vir PNA, want jul het dit reg hanteer !

Andrea ·

Gaan lees Anoniem hier onder se bydrae. Miskien moet mens minder agteroor-sit en hare kloof en meer reageer?

Rve ·

Goed gestel Martiens. PNA se bestuur hanteer die situasie soos dit hoort. Hulle ontken nie die voorval nie, hulle probeer dit nie verdedig of dood praat nie. Nee, hulle doen ‘n ondersoek om te bepaal wie betrokke was en ‘n ek glo hulle sal die betrokke mense tot verantwoording roep. Ek haal my hoed af vir hulle. Die werklike probleem hier is die wag se optrede, en of hy gestraf sal woord soos hy verdien. Hierdie geval moenie eers ras ingebring word nie. Ongeag die kleur van die partye, was dit ‘n oorreaksie, heel waarskynlik gedryf deur ‘n misplaaste sin van mag.

Mellivora ·

PNA sal dit eers reg hanteer het wanneer hulle self eerstens kriminele klagte gelê het teen die sekuriteitswag (wat ek aanvaar nie in PNA se diens is nie) en alle PNA personeel wat betrokke was/ toegekyk het hoe die seun mishandel is afgedank is en daar ook teen hulle kriminele klagte gelê is.

André ·

Sal graag wil sien wat hier met die wag gaan gebeur. Hierdie kan nou gemeet word aan die doodskissaak. Die vonnis is veronderstel om baie erger te wees aangesien hierdie man aangerand is. Sal seker nie eers die nuus haal nie. As blanke mense deur nie-blanke mense aangeval, vermoor of aangerand word, word dit net onder die mat ingevee en niemand hoor wat regtig gebeur nie. Ons blanke mense gaan altyd aan die kortste ent trek.

Eish ·

Dit is nou voorvalle soos hierdie wat my voortdurend herhinner ek bly in n helhool waar met oorgawe teen my soort gediskrimineer word. Dit het niks met opleiding te doen nie, maar die toestand van ons gees. Die arme seun, hetsy skuldig of nie, gaan n sielkundige letsel met hom saamdra die res van sy lewe. Ek sal graag reaksie van die PNA se konsessiehouer en sy winkelbestuurder wil hê. Ook dat PNA vinnig en ernstig optree. Ek is bevrees die besigheid kan maar toemaak. Wie is die betrokkenes? Vir wie werk die sekuriteitswag, die sentrum? Hierdie klas voorval maak dat gewone mense se bloed kook.

Oom Piet ·

Die minderjarige het sy reg to stilswye uitgeoefen en toe word hy so erg aangerand en gedreig om geskiet
te word as hy nie bieg nie. Verregaande vir kleingeid. Ontvoer, bedreiging en/of aanranding van vroue en kinders, onwettig en beswarend tronkstraf strafbaar.

Genoeg gesê ·

Ek verdedig nie die wag nie, maar elke voorval het twee kante. Mense is gou om te oordeel

ECB ·

Daar is nie twee kante as jy ‘n seun so slaan nie. Ek gee nie om wat hy gedoen het nie, jy het geen reg om sulke straf uit te deel nie, PUNT. En Maroela Media kan maar my kommentaar kanseleer want julle doen dit in elk geval altyd.

Jaco ·

Geen wag het die reg on n kind so aan the rand nie,hulle moes hom eenvoudig net aangehou het en Sy ouers en die polisie gebel het.

Ellisras ·

In Ellisras is ‘n groot deel van die diewe WIT. Nie swart nie WIT. Vra die besighede. Dit is ‘n groot probleem.

Piet ·

So wat jy eintlik wil se is jy keur die wag se optrede goed?

Anoniem ·

Die saak het 2 kante? Ja dalk maar gee dit die wag die reg om ñ kind so wreed aan te rand!!!! So jy gaan nie ñ probleem daarmee hê as dit met jou kind gebeur nie? Jy ken nie die kind en die omstandighede nie. Hy is onskuldig. Deur soveel trauma. Was 2 dae in die hospitaal. Die bestuurder vd PNA het die wag opdrag gegee om met die kind te maak wat hy wil. Die ergste is al die wit mense in die winkel het gestaan en toekyk en niks gedoen om die kind te help nie. Skokkend! En die wag nog steeds nie gearresteer nie!!!!

Bertram Vosloo ·

Wonder of die wag nie blank is of blank want maak nie saak nie hy sal voel wat pyn is as dit my seun was glo my, hul beter daai wag toesluit om hom te bewaar, en dan dit binne gevangenis bekend maak wat hy aan jong seuns doen

snoefie ·

die sekuriteitswag sou niks kon doen as die bestuurder by pna hom nie geroep het nie. plaas die blaam waar dit hoort. geer strafmaatreëls is teen die bestuurder ingestel nie. die sekuriteitswag is nie aangekla nie. wat weer goedkeuring deur sapd en nvg toon

Gawie ·

PNA……julle beter iets doen…….ons wil sien dat wag ge arresteer word…die vrou van die winkel en bestuurder gefire word…….
Indien niks gebeur weet ons wat om te doen……….vra vir spur

Pieta ·

Spur is deesdae propvol wit mense….LOL. Julle boikot werk nie eintlik nie.

Gus ·

Verstaan nie nou so mooi die landswet wat verlede maand bekragtig is dat jy Geensins kinders n pak mag gee vir welke redes… want dit sal Stafregtelike gevolge he. Wil net weet het die persoon wat dit aan die kind gedoen het gereken hy kleur ‘n prentjie in??? Of geld die wet nie vir almal? Want hierdie is duidelik nie net n drag slae maar Erge Aanranding, Poging tot Moord. So alle betrokke partye hetsy maatskappye en
Oog & Gehoor getuies moet aan aan die kaak gestel word en boete doen vir die gruweldaad.

Ansie ·

SWAK GEEN HART NIE !!!!! Rand hulle so aan ek stem as dit my kind of kleinkind was sal ek hule ook sleep en dat hy hulle so asnrand. My hart is stuklend vir die kind se part die verneedering wat hy moes deur gaan in winkel sentrum in gesleep en toe geslaan die vrou wat gestaan en kyk het is nes poppie. Se ma sterkte seun en vir die ouers

Winston ·

Aanranding m/o om ernstig te beseer
Onwettige arrestasie
Intimidasie
Ontvoering
Siviele eis teen die beampte en sy werkgewer. Sterkte oukie staan vas en wys hulle wat kom.

Fluit-fluit ·

En hier fluit die polisie toe nie?? Seker blind om te kon sien dat die seun beserings gehad het?? Dan staan hulle bekend as die sapDIENS? Se voet!!

G P ·

Sekerlik sal hier ook borg geweier word vir die blatante rassistiese aanval op n minderjarige, of sal dit weer ‘n geval wees waar die NVG nie konsekwent optree soos in die geval van die “doodskis” duo en “KFC” groep?

Christene ·

Hierdie woede aanval het net een kant. Kom by asseblief.

Nick ·

Die werknemer van PNA het die wag beveel om hom te vang en aanterand mag sy haar werk verloor.

Andrea ·

Sy is die oorsprong van hierdie ding. Sy moet ook aangekla word.

Tandor ·

Jammer maar PNA sien my nooit weer nie. Hul is net so skuldig aan kindermishandeling as hul die minderjarige seun aanhou en laat aanrand op hul perseel.

Anoniem ·

Die bestuurder van die PNA het die sekuriteitswag opdrag gegee om die kind so te slaan. En hy en sy personeel het gestaan en kyk!!!!! Walglike mense!!!!!

nannie ·

Hoekom word die sekuriteits en vrou se gesigte nie gewys nie? Hoekom is daar niks van op die nuus nie? Geen koerant voor blaad opskrifte nie? Geen DA of ANC of EFF toi-toi nie? Omdat dit n wit seun is.

Anoniem ·

Isabel, die wag het die gedreig om die kind te skiet toe hy homself probeer verdedig het. En dit wit bestuurder het gelag daaroor. Mag hy hel toe gaan!

Anoniem ·

Jy is reg Nannie, as dit ñ swart kind was het almal bymekaar gestaan. Voor die PNA gaan toi-toi en moontlik iets afgebrand. Maar wat doen ons wit mense! Veroordeel mekaar! Dit terwyl ñ kind se lewe verwoes is. Skande!

PNA vs SPUR ·

Mnr Botha.
Gaan le n poging tot moord klag soos per die “doodskis sage” teen die wag. Saamsweer tot die daad teen elke werknemer in u PNA winkeltjie. Dit sal die regte ding wees om re doen. Indien die PNA groep nou gaan stil raak gaan hulle definitief die volgende SPUR wees!! Ek spandeer BAIE geld by PNA op my dorp. En ek is meer as bereid om soos wat ek nog nie weer in die SPUR op my dorp was, dit teenoor PNA uit te oefen.

Andrea ·

Sy is die oorsprong van hierdie ding. Sy moet ook aangekla word.

Elsje ·

Gaan die wag ook 14 jaar tronkstraf kry soos die doodskis ouens.

Dissie ·

Hoekom nie? Het PNA kant gekies soos Spur? Dis bietjie hals-oor-kop om nou uitspraak te maak voor daar opgetree is. Hulle ondersoek die saak! Gee kans. In my opinie is dit die regte optrede. Die mentaliteit wat jy openbaar is dieselfde van die gene wat sê dat alle Afrikaners rasiste is. Kom by.

Neil ·

Wat het die aanranding met PNA te doen? So al die veiligheidswagte by die Mall werk vir PNA?

Dissie ·

Ag ou snoefie… Pik by… Dit is die sekuriteits maatskappy… PNA kies nie kant nie. Hulle doen ‘n ondersoek na die voorval.

Boerseun ·

PNA se werknemers het reeds kant gekies toe hulle toegelaat het dat die wit kind gewelddadig aangerand word in hul stoorkamer. PNA must fall!!!

Dissie ·

Boerseun, insinueer jy dat ‘n werkgewer aanspreeklik gehou moet word vir werknemers se dade of is dit eintlik dan net my verantwoordelikheid as werkgewer om die werknemers aan te spreek/af te dank?

L Churr ·

Corporal punishment is illegal.
Where is the same media outrage that we saw with the coffin case?
Will the guard get the same ,media treatment and court punishment?

Petrus ·

Beweerde aanranding se gat, dit was aanranding finish en klaar,

Leahim ·

En wat van die polisie wat die minderjarige seun arresteer en aanhou sonder mediese hulp kon die doffels nie sien die wag moet gearresteer word hy het n misdaad gepleeg.

CB ·

Ag klim van jou perdjie af. Hierdie het niks met PNA se bestuur te doen. Soos dit vir my klink is hulle geskok en gewalg. Stop julle kinderagtige houding. Sluk jou bey bey en tree soos grootmense op. Genade. Gaan iets fout wil almal ‘ “bey bey” trek. Word groot. Gee PNA kans om hul kant te stel. Die werker van die winkel is skuldig en die wag. Maggies man!

Anoniem ·

Die kameras het geriefliksheidonthalwe nie gewerk nie. Hoe verklaar hul dit! Afgesit sodat niemand kan sien hoe word die kind geslaan nie

tekkie ·

Dit staan daar – Hy was in ‘n kamer toegesluit en aangerand, dis juis ‘n werker wat die SAP ontbied het. So hoeveel in daardie kamer was wat houe uitgedeel het weet niemand, daardie werker moet ook ondervra word.

Erick Vogel ·

Jou mentaliteit staan my ook beslis nie aan nie! Wat van die VROU in PNA se diens? Sy is oorspronklik die oorsaak van hierdie incident. Volgens Maroela Media het HULLE die kind in ‘n kamer ingesleep. Dit lyk my jy keur die aanranding goed!

Aitoggie ·

INdien die kind dit Maandag gedoen het, hoekom hom toe nie vasgetrek het nie?. Hy moet sy straf kry indien hy skuldig is, maar dit gee Niemand die reg om hom so te verniel nie. Hierdie wag het n wreedheid in hom. Jy kan amper se dis omdat dit n wit kind is, dis hoekom hy so opgetree het, sou hy dieselfde gedoen het aan n anderskleurige kind? Vra maar net.

gatiep ·

Oom Piet klink of jy se dis ok dat mans maar aangerand mag word maar nie vrouens en kinders nie.

Bruno Stef ·

Nou sal ons sien hoe onpartydig die NVG optree teenoor die hele aangeleentheid.Dit sal n “EYE OPENER” wees om te sien wie almal aangekla word ivm die brutale aanranding van n minderjarige en of daar nie n afwatering van die gebeure gaan wees nie. AS daar optrede van die blanke gemeenskap moet wees glo ek kan ons die wereld warm maak vir diegene wat betrokke is by die saak.

Henk ·

Ek stem. Kom ons kruisig nie PNA oor die voorval nie. Dit gaan oor individue wat die daad gepleeg het. Hierdie saak is baie erger as die doodskis saak, maar steeds is daar geen arrestasie gemaak nie en steeds het GEEN politikus, nie eens die DA, Solidariteit of Afriforum n woord hieroor gerep nie?

jax ·

Gee vir die man n huis en n bees!! Sy beserings is aansienlik erger as die kis video se man, miskien kan hy n kar ook kry

gatiep ·

Lyk vir my ook soos n doodkis geval die.
Ek wil weet wat van hulle gaan word.En ons moet van ons laat hoor as hulle wegkom.

Johann Burmeister ·

Die polisie mag onder geen omstandighede die seun geboei of agter in vangwa gelaai het nie. Daar het hul gefaal.

Liewe heksie ·

Ek stem dat PNA dalk nie indirek as naam hul vryskeld maar en ek sê maar die dame van PNA wat seun eers op donderdag herken in die parkeer area sy is van PNA en die persoon van PNA wat vir die wag gesê het maak met hom wat jy wil dit pla my dan is PNA nie so onskuldig nie

nossob ·

Brand huise af. steek bande aan die brand, maak plaKate wat lees “NO BAIL” steek n bus aan die brand en druig om iemand te vermoor. Nie? Hoekom nie? O ja ons is opgevoed.

Cherokee ·

Is jy ‘n bydraer tot die Afriforum fondse? Indien jy nie ‘n lid is nie, is daardie tipe vrae nie vir jou beskore nie. In ‘n ander forum sê jy dat jy nie eens VF+ stem nie maar dalk kan oorswaai. Dit klink asof van links na regs. Vreemde politieke uitkyk.

Cherokee ·

Ó Erick Vogel, nou is daardie vrou in ‘PNA se diens’! Ek hoor vir die eerste keer van PNA maar het die logiese afleiding gemaak dat sy vir ‘n satelietwinkel in die winkelgroep werk en dus onafhanklik van PNA. Blote logika en werklik nie moeilik nie.

Erick Vogel ·

Ketting winkel van PNA is nog steeds deel van PNA as ‘n franchise. DIT is MY logika.

Word Groot ·

anti PNA hoe vergelyk jy hierdie voorval enigsins met Spur? PNA het nie onverskoning gevra vir die wag nie maar dadelik begin ondersoek. Almal wil net boikot en dit kos goeie maatskappye en werknemers wat onskuldig is hulle besighede en hulle werke.

Woedend ·

As dit n Swart kind was was dit op elke nuus en koerant en tydskrifte. ..daai 2 Kan bly wees dis nie my kind nie. ..van wanneer mag n kind so aangerand word skuldig of nie. ..

Piet ·

Dit gaan nie oor of die kind blank of swart was nie. Hou asseblief jou rassisme vir jouself. ;)

Anti Zumpi. ·

Ons sien nou die uiterlikke letsels. En dis nie lekker nie. Hierdie saak moet met deernis en verstand hanteer word. Hierdie seun sal sterker anderkant uitkom indien daar ook na sy geestelikke letsels gekyk word. Ons moet hom nie nou as pion gebruik om van ons onderdrukte frustasies ontslae te raak nie. Net die outjie weet od hy skuldig is aan diefstal. So die aanranding was verkeerd. Die arrestasie was verkeerd. En dit is waarop ons moet fokus. Help die seun eers om oor sy trauma te kom. Ek hoop hy het berading ontvang. Sterkte jongman.

johan ·

weet .. almal wat daar bly asb laat daai plek toemaak ,,,, en moenie die security company vergeet nie almal wat met hulle besigheid doen ontrek van hulle af asb…. en die pa moet sorg dat daar meer klagtes kom … ontvoering ,poging tot moord. ens… as dit my kind was het ek aangedring dat die klagtes bygevoeg word .die hof sal beslis oor dit nie die polisie nie….. sterkte ou seun…

Ongelukkig ·

Stem saam dis n saak vir Afriforum. Hoe kon die ander assistente net staan en toe kyk. As die kind kleiner was het hy dit dalk nie oorleef nie. Dit was poging om ernstig te beseer en gedreig on hom te skiet nadat hy geen verweer gehad het nie. Dis onverskoonbaar die arme kind. Sal sien of geregtigheid ook vir hierdie gesin gaan geskied.

Maggie ·

Dis baie erg! Arme kind! Al die pyn wat daai kind moes verduur en steeds verduur hart verskeurend!!!! dis so onnodig! As dit my kind was sou daai wag moes vlug!!

Marinda ·

Ek stem saam Maggie. Die wag se eerste fout was om die kind te gaan haal en te sleep op die perseel.

Ampie ·

Lyk vir my na ‘n rassistiese aanval. Wonder waar’s die menseregte kommissie?

andrea van vuren ·

Menseregtekommissie? Wat is dit nou weer? Bestaan daar nog so iets?

Dissie ·

Liewe Heksie, dink julle regtig ‘n mens kan PNA verantwoordelik hou vir een van hulle werknemers se optrede? As die top bestuur kant kies soos Spur, ja.
Ek is ‘n besigheids eienaar. As een van my drywers ‘n ongeluk maak en onverskillig ry, moet ek toegesluit word? Nee, maar dit is wel my verantwoordelikheid om hom aan te spreek. Kom ons wag en kyk.

Nee wag eers en kyk na die feite ·

PNA is een van die min winkels wat Afrikaans en Christenskap nog ondersteun. Ek glo nie dat hulle skuldig is nie. Wag eers vir die feite.

johan ·

Soos ek kan aflui het dit in die PNA gebeur deur n sekurityds wag wat uitgekontrakteur is aan die winkel sentrum….eerstens sal ek PNA dagvaar dat hulle dit toegelaat het in hulle winkel dan sal ek die bestuur en die sekurityds firma dagvaar vir alle kostes medies en regs en n hoop skadevergoeding en ook vereis dat alle PNA personeel wat in die winkel was en die beampte aangekla word. Laastens sal ek die SAPD aanvat en dagvaar vir hulle optrede wat onwetig was. Al word dit bewys die seun is skuldig gaan en sal hy nie vervolg word aangesien hy onwetiglik gearesteer is. Kry n goeie prokereur maak nie saak hoe hierdie partye dit gaan wil laat verdwyn julle kan hulle finansieel verwoes.

Palmboom ·

Jy het nou net jou naam so deur die modder geslepe, wow hoe kan mens so stupid wees. PNA het niks met dit te doen nie, genade maar ons is onnosel verby, jy is dalk een van daai keyboard warriors

Van ·

Ek wonder of die wag dalk meer as 14 jaar tronk straf gaan kry – Daars ook waarskynlik 50 ooggetuies wat niks gesien het nie – soos gewoonlik. Die ander kant van die saak is dat die wag reg in eie hande geneem het of tel dit nie?

Jaco ·

Ek sit en wonder wat sou gebeur het as die laaitie handvas was en hy die wag n pakslae gegee het?? Ek dink die winkel se mense moes weet van die voorval. Hoekom noueers ondersoek, na paar dae? Lyk my niemand het omgegee tot die pa begin stof opskop het nie…??

Piet ·

Die klag moet gehanteer word soos die doodskis saak. Dit blyk of hulle die kind wou dood slaan. Veiligheidwag en bestuurder van winkel behoort toegesluit te word. Ek stem saam Boikot PNA asb.

Penellope Jones ·

Daar moes baie krag agter daardie houe gewees het, heelmoontlik met ‘n aggressiewe houding.
En hoekom het die dame by die winkel en die sekuriteitswag gedink dit is vir hulle om sommer gereg in eie hande te neem?
Mens kan nie vir ‘n geheuestokkie wat sou geneem was, so aangerand word nie deur die persoon wat dit gedoen het nie.

Anoniem ·

Die ouers is besig met sake. Hul gaan dit beslis nie daar laat nie. Die bestuurder van PNA ( ñ man) het die sekuriteitswag van Scorpion Security opdrag gegee om met die kind te doen wat hy wil binne in PNA se stoor. Klante in die winkel het net gestaan en kyk hoe gil die kind. Daarna is die minderjarige deur die polisie geboei, hardhandig agter in ñ vangwa gegooi en in ñ sel toegesluit. Toe eers is die ouers laat weet. Hul moet maar vat wat nou na hul kant toe kom. Dit is onaanvaarbaar. Die kind se niere het amper ingegee in die hospitaal. En nie eers om te praat van die geestelike skade nie. Die mense moet boet. Dit is barbaars!!!

PJC ·

Mense moet besef dat hierdie veiligheidswagte asook ń baie groot deel van die polisie asook metropolisie ń baie groot gevaar vir die publiek inhou en vermy moet word. Bejeen almal met agterdog totdat jt weet wie vertrou kan word.

Ronell ·

Niemand mag enige iemand so aanrand vir watter rede ookal nie. As jy aan my KIND of enige van my mense raak, al het hy of hulle wat ookal gedoen gaan jy moeilikheid kry. As hy iets verkeerd doen, kom se my, arresteer hom, maak a saak, maar jy vat nie aan hom nie, ek sal hom uitsorteer. PNA jy sien my nooit weer nie.

Regverdigheid ·

Ek stem saam dat hierdie saak soos die “doodskis” saak gesien moet word. Die seun moet ook ‘n huis kry.. en ‘n kar met die beste laptop. En daai wag en betrokke mense kan maar 16 jr tronkstraf kry.. Of die doodskis skuldiges kan vry gelaat word..

Johan Fourie ·

Beste is kry al die persoone van wag die vrou en poliesie by mekaar en van daar af moet die pa van n kant af begin hof toe sleep maak hulle by mekaar,maak seker hulle verloor hulle werk dag vaar vir geld en maak seker almal weet wie hulle is,vat die mense aan wie dit toe kom wat die dade gepleeg het.

Piet Pompies ·

PNA is ‘n winkel wat goedere verkoop, sekerheid is nie hulle werk. ‘n Werker van PNA het gebruik gemaak van die amptelike sekerheids maatskappy op die perseel. Hierdie mense is opgelei in die uitvoering van hul pligte en het hul eie verantwoordeliksheids struktuur. In die geval is die aanranding gepleeg deur die sekerheids persoon en die optrede is die vetantwoordelikheid van die sekerheids maatskappy.

Anoniem ·

Regtig Piet Pompies!!! Is die aanranding van kinders deel van sekuriteits maatskappye se pligte?? En vir jou informasie die bestuurder het die wag opdrag gegee om die kant aan te rand binne in die PNA se stoorkamer!!!! Gaaj lees die wet. As ñ minderjarige verdink word van so iets moet die ouers heel eerste gekontak word. Selfs voor die polisie. Die feit dat die SAPS hom geboeie en agter in die vangwa gegooi het is nog ñ regstap wat die ouers gaan neem!

Boet Fasie ·

Tyd dat die blankes van Suid Afrika sien dat daar teen hulle ge-diskrimineer gaan word oor hulle kleur en dat hulle op enige wyse gestraf gaan word al is die oortreding ook hoe gering . Al mag wat ons tans het is om nie besighede te ondersteun wat teen ons diskrimineer of ons swak diens gee as gevolg van ons kleur nie. Kan ‘n gevoelige slag wees vir ‘n besigheid en kan lei tot werksverlies van die persoon wat teen ons diskrimineer.

Linda Olivier ·

‘n Bepaling in die siviele reg lees o m dat die werkgewer altyd aanspreeklik bly vir die werknemer se dade!

Hendrik van George ·

Gewoonlik 3 kante aan n storie! Ek glo nie dat die seun onskuldig is nie.

smurfie ·

Wat ek wil weet is dit; waar was die bestuurder van PNA toe dit als gebeur het. Hoekom het hy nie in gegryp nie. Of was hy te “besig” met “ander” dinge Eks seker iemand moes die outjie hoor skree het van pyn toe die houe val. Hoekom het niemand ingetree en die deur probeer oop breek nie?

Anoniem ·

Smurfie, die bestuurder was in die winkel. Hy het die wag opdrag gegee om die kind te slaan. Al die patetiese mense in die winkel het net gestaan en niks doen terwyl die kind geskree het. Ek hoop dieselfde gebeur eendag met hul kinders!

Tammy ·

Mnr Herman Botha jou winkelassistent wat so fluks gehelp het om die seun terug in die winkel te kry moet dissipliner aangekla word en ontslaan word. Sy werk vir PNA en is nie n opgeleide sekuriteitsbeampte nie???????? Sy het ook jou besigheid in n swak lig gestel wat honderd present ontslag regverdig.

Han ·

Sommige van hierdie kommentators is kinderagtig! Omdat die polisie nie hul werk na behore gedoen het nie, blameer julle Afriforum! Laasgenoemde doen uitstekende werk. Mense, DINK voor julle beskuldigings uitdeel!

Boerseun ·

Wat het Ariforum die laaste jaar vir witmense gedoen wat aan die ontvangkant van rassistiese aanslae was? Die Spur-geval, die KFC-geval, die PNA-geval? Daar is dosyne ander. Wat van die vrou wat deur die weermaglid geskiet is? Afriforum is te bang en polities-korrek om sy eie mense te verdedig. Hulle verdedig eerder swartes (Zuma-geval) en kleurlinge (Mugabe-geval). Dis feite!

Boet Fasie ·

Meneer volgens wet is jy aanspreeklik wat met die seun gebeur het op jou perseel, hoop die ouers se siviele eis gaan vir jou en ander winkel eienaars ‘n les wees. Ek ondersteun jou winkel nie weer nie.

Ben ·

Sover ek weet is ‘n mens eers skuldig as jy deur ‘n hof skuldig bevind is. Hierdie is AANRANDING!!!!!! op groot skaal. Die skuldige persone moet ‘n voorbeeld gemaak word van. Sulke optrede is totaal en al onaanvaarbaar. PNA ons as publiek verwag baie baie streng oprede van julle kant af teenoor die Veiligheidmaatskappy en betrokke persone. Die Fokus lig is nou op julle.

Marisa ·

Ouers mag nie eens hulle kinders meer slaan nie, nie eers met die plathand nie dan word jy aangekla en in hegtenis geneem en dis groot stories! Hoekom is die sekuriteits beampte nog op vrye voet na so n ernstige aanranding? Die wet is korrup!

Cherokee ·

Boet Fasie, dit wat jy sê klink interessant. Kwoteer asseblief daardie wet en verduidelik sommer aan die oningeligtes water artikel van watter wet van watter jaar. En terwyl jy dit nou doen, maak dit duidelik aan die oningeligtes om watter rede jy so redeneer an sommer ook wie die meneer is met wie jy praat. As jy dit nie doen nie gaan die mense dink jy maak net of jy die wet ken. Wys hulle Boet Fasie, dat jy weet waarvan jy praat.

Grace Mugabe ·

As daardie mannetjie skuldig is aan diefstal en dit was my seun sou hy wens hy was nie gebore nie. As hy nie skuldig is nie…… Dan moet die betrokkenes maar aan hulle sakk evoel hoe pynlik so ‘n fout kan raak.

Thinus ·

Mnr Botha,

U is by PNA Hoofkantoor. Dus is U verantwoordelik wat by enige PNA gebeur.

Hopenlik word daar ‘n siviele eis teen PNA ingestel.

Net Ekke ·

15+ jaar vir die sekuruteits wag asb. Dis poging tot moord en erger as die doodskus saak

Boet Fasie ·

Of die kind iets gevat het of nie – hy verdien nie om so geslaan te word nie , hier is ‘n lekker groot siviele eis ter sprake teen die sekuriteits firma sowel as PNA wat dit toegelaat het op hulle perseel .

Johan. H. ·

EN NOU,, Het die ooraktiewe dof doodskis regtertjie vir hom n lat gepluk , Jy het die bar hooggestel, kom ond kyk of hierdie aanrander onder dieselfde kamp geskeer gaan word,, As dit nie,,, Hoop ek van harte die regtertjie se dag kom,,, Gmf …

Getuie ·

Ek was in die winkel toe die seun “gevang” was. Daar was geen sekuriteits wag gewees nie. Slegs personeel van winkel. Almal net dames. Geen manspersoon eers nie. Hulle het die seun na bestuurder se kantoor geneem om te wag op polisie. Kan die poliesie wel bevestig dat die seun wel so geslaan was toe hulle by PNA opdaag?

Litisha ·

Werker van pna nou jok sy oor die gebeure ,Die wag het die seun aangerand in opdrag van n werker van PNA die bestuurder en eienaar was glo by die bank ten tye van die aanranding boikot gaan ons julle boikot en dit is n feit.

Anoniem ·

Die foto’s vd seun se beserings is in die polisiestasie geneem en hul het hom hospitaal toe verwys. Maar dankie dat jy bevestig het jy is ñ getuie. Die speurder sal jou wel opspoor en jy sal gedagvaar word om onder eed in die hof te getuig. Dreig die oud polisieman jou om so te lieg of word jy betaal? Die feit dat jy hom en die wag beskerm wys iets is nie pluis nie en maak van jou ook medepligtig aan kindermishandeling!

Johan lewer kommentaar ·

Die insidentjie gaan nog groot ripples in die oseaan veroorsaak. Mark my words.

Leser ·

Heng waarheen is SA oppad ? Geen menslikheid tenoor niks en niemand nie. Alles is geweld op geweld. Die bietjie wat probeer opstaan vir regverdigheid word blatant vervolg.

Mick ·

Goeie genade! Daar is nou so baie stertjies? Was helfte van die dorp saam met die klompie in die stoorkamer?

‘n Gewone sekuriteitswag wat ‘n plek soos PNA oppas, mag nie ‘n vuurwapen dra nie. So die hele storie dat hy gedreig het om die kind te skiet, is snot.

Jy het mos die wetlike reg om jouself te verdedig met dieselfde hoeveelheid geweld as wat jy mee bedreig word?

En voordat iemand nou weer ‘n aar in die voorkop bars, onthou maar net waar ons bly. Ja, geweld op die verkeerde plek en tyd kan dinge erger maak, maar daar is ook tye waarin dit baie, baie handig en selfs lewensreddend is.

En ja, die kind is net 16. Nes my Oupa en baie ander soos hy ook net 16 was toe hulle in 1939 tassies gepak het en oorlog toe was.

Nie op een plek lees ek van ‘n vet lip, ‘n seer oor of ‘n blou oog aan die man met die knuppel of die bestuurder se kan nie?

Al wat ek persoonlik, wat nie daar was nie, kan sê is dat ek nogals uitsien na die dag wat ‘n Rent-a-Cop my met ‘n knuppel probeer slaan. En dat daai Rent-a-Cop ‘n goeie proktoloog sal kry om daarna die knuppel te verwyder…

Anoniem ·

Mick hou jou ons kommentaar vir jou self as jy nie die feite ken nie. Die wag het wel die gedreig om die kind te skiet. Dit is op rekord en sal in die hof bewys hou. So hou op has k stellings te maak en die PNA en wag te verdedig.

Thinus ·

Begin om PNA te boikot, dan sien ons hoe vinnig treet hulle op.
Dank die winkel assistent en sekuriteitswag dadelik af en begin met siviele saak teen PNA( dit het op hul perseel begin)

Anoniem ·

“Getuie” is besig om die PNA bestuurder te beskerm. Wonder of sy dalk iets met hom aan die gang het……

Chris Neveling ·

Ouers, begin onmiddelik net ‘n siviele eis teen die wag en die polisie.

Daniel ·

As die kind minderjarig is mag hy nie geboei en in ‘n vangwa gegooi word nie!

Sêmaarnet ·

Wel, as hierdie saak dieselfde as vorige soortgelyke sake hanteer word, moet die kind en sy ouers nou ‘n nuwe huis persent kry, al sy verdere studies moet betaal word en die prez moet hulle aan huis besoek. Ons is mos almal burgers van Suid Afrika.

smurfie ·

Wonderlik. Nou kan hulle jou mos roep as getuie.(sarkasties bedoel)Hoop net jy weet; dis nie n man se maat om onder kruis verhoor geneem te word nie. Hoop nie jou kommetaar gaan jou lewe nou omkrap nie.

tjaart ·

Iets wat my opval is dat almal aanneem dat die veiligheidswag swart is.Die ou se ras word nie vermeld in die artikel nie.Persoonlik dink ek die geval van die doodskis is n heksejag van die
staat op wit mense.Maar kom ons wag vir meer inligting voor ons weer n spur ding begin..
Hierdie winkels in in privaat besit en om al die winkels te boikot oor een voorval is belaglik.
Die bestuur het onmiddelik gereageer en niks probeer wegsteek nie,Nog iets wat my opval
is hoe presies daardie merke op sy rug is.En dit op n ongelyke oppervlak.Iets lyk nie reg nie.

Anoniem ·

Tjaart die wag is swart. Dit sal jy sien sodra hy gearresteer is. Hy het die kind op sy maag laat lê en hom geslaan terwyl hy vir elke hou wat hy gegee het die name vd ander winkels in die sentrum genoem het met die elke slag. Hy moet hel toe. Sou hy ñ swart kind so geslaan het! Nee! Die kind sou niks oorkom. Die was ñ rasse aanval. Die waarheid gaan uitkom in die hof dan sal elke liewe persoon wat die kind veroordeel en die PNA en wag se dade goedkeur hul woorde moet sluk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.