Kettingwinkels, restaurante versoek om vir listeriose te soek

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag die uitvoerende hoofde van elke groot kitskoskettingrestaurant en supermarkkettingwinkel in Suid-Afrika dringend versoek om sélf hul kos teen listeriose te toets voor dit aan verbruikers verkoop word.

Marcus Pawson, hoof van omgewingsake by AfriForum, het gesê dié stap volg nadat die departement van gesondheid ná meer as ʼn week ná die aankondiging van die ernstige listeriose-uitbreking steeds geen aksieplan bekend gemaak het nie, hoewel hulle besig is met ʼn ondersoek daarna.

“Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, sê dat die waarskynlikste oorsaak glo die besoedeling van kos by plase en voedselverwerkingsaanlegte is,” het Pawson gesê.

Dié lewensgevaarlike bakterie het reeds vanjaar die lewe van minstens 36 mense in Suid-Afrika geëis uit die sowat 557 laboratorium-bevestigde gevalle. Die syfer van 557 is oënskynlik agt keer hoër as die jaarlikse aantal bevestigde gevalle.

“Ons het die onderskeie kettingwinkels skriftelik versoek om dringend aksie te neem om verbruikers sover moontlik teen listeriose te beskerm. Listeriose kan behandel word mits dit vroegtydig by ’n persoon gediagnoseer word. Dit kan ook voorkom word indien voorsorgmaatreëls getref word. Kettingwinkels word verder versoek om verbruikers oor listeriose en voorkomingsmaatreëls ingelig te hou,” het Pawson bygevoeg.

Die skrywes wat aan die kitskoskettingrestaurante en supermarkkettingwinkels gestuur is, is ook aan Motsoaledi gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christi Rossouw ·

Moet ons, as verbruikers bekommerd wees? Voorstel: Was alle vrugte en groente en selfs vleis en vis met sterk asynwater af. Maak alles goed gaar, al verkies jy minder gaar steak… Bly weg van verwerkte vleise en vooraf-gaargemaakte voedsel.

Niki ·

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Listeriose waarskynlik iewers van groente (en/of vrugte?) af kom.

As ‘n man wat ‘n streng organiese ‘vegan’ leefstyl volg (wat GÉÉN dierprodukte insluit) van Listeriose sterf, dan maak dit mos makliker om te raai watse voedsel om te vermy – groente en/of vrugte.

Wat dit moeilik maak, is dat dit oor die land heen versprei is, so mens kan nie vinger wys na ‘n spesifieke groente en/of vrug nie. So dit moet amper iets alledaags wees soos aartappels, uie of blaarslaai, maar iets wat organies gekweek word, want voorgenoemde persoon het glo nét organies gekweekte produkte geëet.

Hoe gaan ons weet of winkels en kitskoswinkels wel hulle kosse vir Listeriose laat toets het? Dit gaan hulle natuurlik elke week ‘n paar rand kos om die toetse te laat doen op hulle voedsel wat inkom, en in die huidige ekonomiese toestand van die land sal hulle eerder elke sent wil spaar ipv uitgee op toetse wat heel moontlik negatief kan toets.

MissDemeanor ·

Die bakterium wat listeriose veroorsaak kom wyd verspreid voor in die grond, dit is dus nie so maklik om die bron van die siekte te bepaal nie.

Die Skim ·

En die mark lorries ry produkte van die Kaap tot in Messina.

Wat my ‘tickle’ is hoe min mense geaffekteer is… Waarskuwings ens volg. Is ons nie besig om met ‘goeie’ propaganda nie. Daar kan bv ondersoek gedoen word hoekom die meds en voorraade by klinieke so sporadies nie beskikbaar is/bly….. Insluitend sisteemiese middels soos hipertensie. Vir ‘n week??

Munisipale water?. Weet julle gebottelde water is niks anders as munisipale water deur osmose filter? Die proses kan tot 10 Liter water om gebruik om 1 Liter skoon water te lewer. Dus drink 1 liter bottelwater en jy het ongeveer 9 liter ‘waste’ in die drein laat afloop. Dis nou nie dat ons teveel water het nie. Hoeveel mense word hierdeur affekteer en wat van diegene wat bottelwater gewoon nie kan bekostig nie. Hoeveel siekte toestande sal nie outomaties nie by klinieke opeindig nie.

Ek dink die gevolge wat bg stel is meer mense graffekteer en meer ‘gevaarlik’. Net n klip in die bos…

Veronica ·

Dis kommerwekkend dat dit juis nou oor Kerstyd gebeur en dit laat my wonder . . . hoe kan mens ” platters ” vertrou wat by soveel kantoor funksies die norm is ???
Platters loop oor van ” soft chees ” en ” verwerkte vleise ”
Ek dink dis sover die beste plan om Winkels te dwing om self en eers toetse te doen om kos veilig te verklaar van besmetting. . .
En dan , die Woord praat van ” pessiektes ” in laaste dae wat gaan toeneem . . . ek sê maar net

Grassie ·

Ek wonder hoe gaan die winkels landwyd hul produkte getoets kry. Ek dink nie dit is moontlik nie. Christi Rossouw hier bo se kommentaar klink vir my die beste oplossing.
Miskien het munisipaliteite se onvermoë om hul rioolplase behoorlik te bestuur iets met hierdie plaag te doen. Ons eens skoon riviere en spruite word nou met riool besmet en die water word daarna gebruik om groentelanderye te besproei. Om jou eie groentetuintjie in die agterplaas aan te lê klink na ‘n al beter opsie.

Die Skim ·

Ons dorp is reeds ‘n week sonder water. vandag 15 Desember 2017…. Sporadiese tekorte… periodes sonder water. ons kan nie groente afspoel nie. Nie water nie, hier is nie water nie.

E.K. die eerste ·

Ons het op ‘n baie goeie Amerikaanse webtuiste wat allerhande siektes bespreek en identifiseer ens gelees dat ‘n GROOT skuldige van verspreiding van die sikete blykbaar kaas en melkprodukte kan wees. Veral as dit nie gepasteuriseer is nie so mense wees BAIE versigtig as julle by bv markte en sulke plekke tuisgemaakte kase koop. Dit MOET gepasteuriseerd wees en een kaas wat hul nogal uitsonder is Brie en ander sagte kase. Die word glo van rou melk gemaak. Ek noem dit net en hoop dis van hulp

E.K. die eerste ·

Ek wou nog byvoeg by my vorige opmerking dat juis ‘n man van die Oos Kaap mos oorlede is nadat hy melk of kaas van ‘n plaas êrens geëet het, hy was ‘n vegetariër – die berig is elders in Maroela en na ek die Amerikaanse webwerf besoek het maak dit nogals sin.

Hettie ·

So kan nie vir plase beskuldig nie en boere het hard gewerk – kan nie was nie anders dit sal vrot, ens. So ander winkels/kafee, ens moet goed was voor op rake opsit vir mense beskerm!

Anoniem ·

Hulle raai nou al die restaurant en ketting winkels aan om toetse te doen maar die grootste probleem le by die straat verkopers. Duisende mense koop by die straat verkopers en die straat verkoper wat sy kos gaarmaak en verkoop vanaf sy karavaan of koswaentjie het geen toegang tot vars water of toilet geriewe. Nou vra ek hoe was daai person sy hande, waar doen hy/sy no1 en no2 dan koop mense daai kos en word siek maar die gesondheids department of ander instansies doen niks daaraan. Meeste straat verkopers het nie handels lisensie nie maar gaan maak jy n winkel oop en dryf handel sonder lisensie dan sien jy wat gebeur. Jy doen als volgens boek, lisensie in die hand, belasting word betaal maar passop vervolging staar jou in die oe as jy een misstap doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.