KFC-‘aanranding’: Drie borgtog geweier

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie het Sondag bevestig drie van die vier mans wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant in Pretoria is deur die Pretoria-landdroshof borgtog geweier.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het die mans as M Harding (23), O Muller (20), RJ Nel (39) en DJ van Rooyen (21) geïdentifiseer. Makhubela het gesê al vier het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van aanranding en die rig van ʼn vuurwapen.

Drie van die mans is egter borgtog geweier, terwyl die vierde wel op borgtog vrygelaat is. Volgens Makhubela het van die beskuldigdes valse adresse aan die polisie verskaf en is dit een van die redes hoekom hul borgtog geweier is.

“Die ander drie verdagtes sal hierdie komende Vrydag om borgtog aansoek doen,” het hy gesê. Makhubela het bevestig dat van die beskuldigdes nog aanklagte van aanranding teen hulle hangend het.

Hy het gesê die polisie is steeds op soek na nog twee verdagtes wat na bewering by die voorval betrokke was.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die voorval, wat by ʼn KFC-restaurant in Montana plaasgevind het, is die afgelope week wyd op sosiale media versprei. Die beeldmateriaal toon hoe ʼn groep van ses mans na bewering vir Jacob Sono en sy vrou aanval nadat die egpaar die mans gevra het om vorentoe te beweeg in die deurrybaan by die KFC-restaurant.

Die voorval is wyd veroordeel en deur verskeie individue en groepe as ʼn rasse-aanval bestempel. KFC het intussen ook die voorval veroordeel en gesê die restaurantgroep is gekant teen geweld van enige aard en “die beeldmateriaal is onverskoonbaar”. “Dankie aan Fikile Mbalula [minister van polisie] en sy SAPD-span vir hul vinnige optrede in die verband,” het KFC Sondag op hul amptelike Twitter-blad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Suez ·

Aggg nee,nou is die aanval weer andersom,name word bekend gemaak MaAAR DAAGLIKS GEBEUR SOORT GELYKE EN WREDER AANVAL,DAN GEEN MELDING OOIT GEMAAK OF NAME bekend gemaak nie!!ONREGVERDIG!!!!

Boerseun ·

Dit is MM vir jou. Beeld ens doen dieselfde, kan nie wag dat n witman iet verkeerd doen

Natashja ·

Snaaks dat n rasse voorval waar die swarte die benadeelde is soveel aandag geniet maar n boer n ou man wat wreed deur hulle vermoor word en geen haan kraai nie so gaan dit elke dag n swart man val my aan. Skel my en vloek my oor ek hom nie wil geld gee nie niemand se niks maar as ek terugbaklei is ek n rassis,we’ll my pa het my geleer baklei terug met wat jy gedeel word

Ester ·

Hoekom word blanke mense se name altyd vrygestel in die media as daar iets rasisties plaasgevind het maar nooit word daar ander kleuriges se name bekend gemaak nie…. Hoekom moet dit altyd in n rasistiese ding omskep word!!!! Selfs plaas moorde word die aanvallers se name nooit gese nie… En dis altyd blanke plaas aanvalle… Hoekom moet alles rassisties wees……

Mix ·

Wat het gelei tot die konfrontasie? Verseker kan dit nie nèt wees omdat een persoon ordentlik gevra het dat die ander persoon sy kar moet voorentoe trek nie? Dit klink weer na n spur ding… net die een kant van die storie word vertel

Deirdre zeelie ·

Hier le my simpatir by Jacob en sy vrou, lieg al klaar oor hul adres en vorige veroordelings teen hulle, in watter eeu leef hulle, hof moet. Maar hul tjank aftrap,vbombasties om die minste te se

Hanna ·

Wanneer gaan mense ooit leer? Blankes staan geen kans teen sogenaamde rassehaat-aanvalle nie. Ja, ons gaan getart word en opgewerk raak, maar ons het die keuse oor hoe ons gaan reageer. Stap eerder weg. Snaaks hoe daar altyd iemand regstaan met n kamera? Baie selektiewe beeldmateriaal soos gewoonlik…

Vrystaat ·

As ek kyk na al die nuus artikels kyk is dit net blankes se names wat genoem word. Kan almal dieselfde behandel word en alle name genoem word orals of geen genoem word nie. Dit word so duidelik dat alles eensydig gedoen word. Hof saak nog nie eens plaas gevind nie. As hulle skuldig bevind is deur N HOF ja skryf die name. Maar aarde in ander nuus artikels….. ja…

Bruno Stef ·

Eensydige beriggewing laat my die klaer se weergawe bevraagteken voeg dan polisie beoorvoordeling by. Die reaksie van die polisie was darem blitsvinnig wat ons onder normale omstandighede sou kon verwag het.Ek inteendeel skaam my vir die gedrag van sogenaamde jeug ( wit en swart) sonder om te veralgemeen wat nie respek vir enige gesag het nie daarom is Brand/Plundering /Roof /Moord/Aanranding vir sovele net die norm geword.

David ·

dit is dan jongmanne met hulle hele toekoms voor hulle.

ouers wat leer julle ons kinders.

Ouvrou ·

In hierdie land haat almal die anderskleurige. En dìs die ANC se skuld. Hulle hits dit aan. Ek beleef dit in my familie. Ek hoor aaneen die woord haat. Ma ek haat, en ma ek kan nie help nie , maar ek haat. Ek is n wees ouer. My kinders is die wereld vol. En dit oor al die haat. As net een ANC of DA net een keer opstaan vir ons blankes sal ons ook moed he.

Michael ·

@ouvrou niemand haat niemand ons haat die onregverdigheid wat die regering en media aanblaas met n passie

Jackie ·

Moenie jou moed in mense soek nie en beslis nie by die DA of ANC nie.

Michael ·

Ek glo hierdie saak sal die doodskis saak nou oorskadu maar die twee plaasaanvale van die naweek sal n stille dood sterf hou dop

"oop lippe" ·

Mense as hierdie optrede afstam van “apartheid” opvoeding, moet EK julle sê “apartheid” was ‘n besonderse GOEIE en SLEGTE ‘ding’, maar. … maar… dit het afgehang van watter kant van die draad staan jy. Oz gaan nog eeue leef met diegene wat kognitief apartheid georienteerd is. Wat sleg is, is diegene wat nie wil wraak neem wat ook daaronder ly. Ons het letterlik wrede onmenslikhede waargeneem.

Kobus ·

Dit kom maar terug na hoe ouers hul kinders grootmaak, geen liefde, geen betrokkenheid, almal is jonk behalwe een, so hul volg maar die ouer man se voorbeeld, want daar is geen ouers betrokke nie, dink maar aan die waterkloof kinders, selfs in die tronk is hul arrogant, skaam julle, en skaam die ouers !!

Piet Pompies ·

Daar is geen plek in die wereld vir mense wat so arrogant en geweldadig is wat dink hulle kan doen net wat hulle wil met hulle optrede. Ek het na die video op You Tube gekyk en ten spyte van versoeke deur omstanders om die aanval te staak het die persone daarmee voort gegaan. Die manne se tyd is geboek en hulle sal moet pa staan vir hulle optrede.

André ·

Hulle sal altyd sê dis ‘n blanke persoon wanneer iets verkeerd gedoen word teenoor ‘n nie-blanke, maar anderkant toe om sê hulle net verdagte. Alles wat ‘n blanke persoon verkeerd doen word aan die groot klok gehang.

pbotha ·

Lesers..beredeneer die punt: mense is aangeval deur skobbejakke by KFC. Vergeet ras – en lewer jou uitspraak…reg? of verkeerd? As jy in die skoene was van die slagoffers..wit OF swart..wat sou jy se? Wees n slag eerlik…vergeet plaasaanvalle en Spur en doodskiste in jou redenasies.. nie hier ter sprake nie. Wat gedoen is, is verkeerd. Dit jan net gecounter word as ons titale samelewing teen enige geweld en diskriminasie saamstaan. Sterkte…ek weet hierdie versoek is te moeilik vir baie lesers. Oog vir oog en tand vir tand? Moet dan nie kla as almal jou haat en op jou neerkyk nie. Ons afrikaners het presies dieselfde gedoen tydens apartheid. En ek is nie trots daarop nie. Reg is reg…maar verkeerd is verkeerd. Vanaand bid ek weer opreg vir ons land en al sy mense. DIT..is deel van my groter roeping in hierdie deurmekaar wereld

Oosie ·

pbotha jy is 100% reg! Hierdie geval het sy eie meriete. Hierdie jongmense is onder die verkeerde invloed en hul gedrag het n negatiewe geskiedenis. Dit is hartseer wanneer jongmense hulle toekoms vernietig met sulke optrede en sodoende haat aanblaas. Boerboel moet maar weer jou kommentaar lees en n bietjie meer insig toon…

Mis-ek-iets ·

Die video hoor mens net die beskuldiges vloek en n histeriese vrou. Wie sê hul het haar aangerand? Op daai video kan mens geen uitlatings maak nie. Is daar erens meer bewyse?

Voin ·

Indien Maroela enigsinds hulle sout werd gewees het sou hulle joernalis agtergekom het dat daar bewerings is dat die swart vrou die ouens se kar beskadig het en iemand probeer aanrand het. Maar nee, hulle sal eerder die senasionele en eensydige fopnuus verder versprei. Swak!

pbotha ·

Ekke…jy maak terrible aannames…eintlik komies. Staaf jou opmerkings asb.

jaco ·

dis jammer eks nie swart nie, so ek sal nie opgang in die ANC maak nie. Sou ek egter in beheer kon wees, sou ek SA se grondwet herskryf en die volgende BAIE duidelik daarin laat opneem:
1. wit mense het minder regte as swartmense. hulle kan nie stem nie, hulle kan net sekere soorte werk doen, hulle bevordering in hulle werk het sekere plafonne en hulle mag nie landbougrond besit nie.
2. rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swart mense en die strawwe daarvoor is swaar en word duidelik in die grondwet uiteengesit
Hierdie voorstelle lyk erg, maar sommige daarvan is reeds die status quo of gaan vinnig die status quo word. Sodra dit egter formeel wet is, sal ons wit mense PRESIES weet wat van ons verwag word en want ons mag doen en wat nie. Op die langer duur sal ons dan wel oorleef.

Jakes ·

Gelukkig was die vrou nie verkrag nie en gelukkig is die swartman se hande nie vasgebind en toe kookwater in sy keel afgeooi nie en ook verkrag nie en toe in die kop geskiet voor die vrou nie, en gelukkig is haar keel nie afgesny nie, soos met die boere gebeur nie

Marlene Oosthuizen ·

En waar is Fakile Mbalula met die vrou wat in die rug geskiet het en die man wat vermoor is in Muldersdrift. Baie vinnig as swart mense wat te na gekom word (L.W. nie vermoor word), en ek sê nie wat die ses mans gedoen het, is reg nie, dit was verkeerd en hulle moet maar die gevolge van hulle dade dra maar hanteer alle aanvalle dieselfde en met dieselfde dingendheid. Gatvol daarvoor dat ons altyd as die rassiste uitgekryt word terwyl dit net mooi andersom is.

gerrie ·

Name kan bekendgemaak na die eerste hofverskyning – vir almal wat daaroor moan.

Student ·

Gerrie onthou die hulp anders gaan jou lewe later van tyd nie nice wees nie daar is hulp beskikbaar

Jay ·

Geen mens verloor hulle humeur so erg as iets nie voor dit gebeur het nie. Ek is amper seker die twee het kommentaar gemaak of iets gedoen dat hierdie mans so opgetree het. Maar mens kry mos maar altyd net die een kant van die storie en ons almal weet watter kant dit is. MM gaan seker weer my kommentaar block want vryheid van spraak is mos verbied in hierdie land.

Rina Vermeulen ·

Jay jy slaan die spyker op sy kop. Ja vryheid van spraak bestaan nie meer nie . Boikot al die media wat kommentaar so reguleer of net eensydige beriggewing gee of wat hul net wil publiseer.

Hanna ·

Julle as ouers nog steeds sulke goed aanvang moet hulle maar die gevolge DRA. Ek voel jammer vir hulle familie lede wat nou ook hierdie pad saam met hulle sal móét stap.
Daar is nie meer plek in Suid Afrika vir sulke gedrag nie.
Ons ander wat onskuldig is word nou ook geblameer vir rassisme. Ek distansieer myself van sulke mense.
Natuurlik kry jy sulke mense wat nie dink voor hulle doen nie.

pbotha ·

Boerboel my kind…ek kon self ja stem. Dalk ouer as jy ??Dreigend ne? Antwoord die vraag wat ek gestel het. Beredeneer die onderwerp man. Maar soos sedert die sestigs was jy deel van n oogklappende minderheid wat nie kan redeneer sonder geskiedenis nie..ne? Antwoord opreg die vrae wat ek gevra het sonder om te dreig.

pbotha ·

jammer Boerboel…ekt nie jou vraag beantwoord nie. Plaasmoordenaars is baie erger as skobbejakke…hulle is wat hul naam se: moordenaars. En verdien die ergste straf denkbaar. Niemand praat dit goed nie. ook nie ek of Pik nie. Mag ons maar vir die boere en die moordenaars bid…ek glo dit kan ons land verander

Stella ·

Selfrespek ontbreek agv swak dissipline, dis die jongmense wat skole, ouers én die land grootmaak.

Andre van der bank. ·

KFC het niks met die voorval te doen nie. Hulle het slegs hul mening daarna gelug, wat totaal aanvaarbaar is. Die blanke rampokkers was verkeerd in hul optrede, hetsy uitgedaag of nie. Die Polisie of Minister, of wie ookal was verkeerd om dit as n rasvoorval te beskryf alvoorens n skulderkenning, hofgeding ens. Wat wel n feit is, en dit is so duidelik soos sonopkoms, dat die sonopkoms vir blanke Suid-Afrika al jare gelede nie meer bestaan. Daar bestaan geen reenboog nasie, geen vooruitgang, geen vryheid van spraak, aan beide kante van die grote spektrum. Die top van die ysberg is nog lankal nie bereik. Dit gaan egter nog kom, en vir die minderheid in die Land, ek bid vir julle, dit gaan afgryslik wees om die minste te se.

Fanus ·

In vergelyke met plaas moorde en aanrandings is hierdie iets klein wat opgeblaas word alhoewel dit ook onaanvaarbaar is. Van nou af eis ek dat elke gru daad wat teen blankes gepleeg word ook n ophef van gemaak op elke media gebied die nuus kanale insluitend!

jaco ·

Ek sien gereeld die uitdrukking “omgekeerde rassisme” wanneer swart mense lelik is met wit mense. Dit skep die indruk dat rassisme oorspronklik en eintlik ‘n wit aksie teen swartes is. Dis verkeerd. Rassisme is bloot rassisme. Geen ras doen dit meer of minder as ander nie. Onthou Duitsland 80 jaar gelede: wit Duitsers lelik met wit Jode. Kyk na Rwanda en Burundi: swart Hutu’s en swart Tutsi’s teen mekaar. Of SA: swart regstellende aksie wette wat vir kleurlinge sê “sorry no job as you are not black enough”.

jack daniel ·

Hkm Name! Borgtog geweier omdat daar ‘n wapen gerig is. Vinnige optrede v d polisie n DA kommentaar. MAAR wat v d 3 plaasmoorde/aanvalle. Hulle het ook wapens gerig en gevuur. Snaaks genoeg die polisie soek altyd die aanvallers. Gryp enige een langs die pad en WOW soveel is gevang en miljoene kom weg en nooit op gespoor. Die polisie is afgetip v d senario en dai twee is op gestook om dit te doen. Dink maar net.

jack daniel ·

Ons hele familie ondersteun al vir jare nie KFC nie. R2 van jou aankope gaan vir swart weeshuise.

stem saam ·

Ons hele familie ondersteun al vir jare nie meer KFC nie. ‘n bedrag van jou aankope gaan vir swart wees huise.

Witbooi ·

Geluk Fekile, goeie werk. Hierdie manne is nou uit die pad uit. Haastig nou Muldersdrift, Tzaneen en Groblersdal toe. Jou uitmuntende diens is nou daar nodig. Maak gou asseblief, dit gaan sleg daar.

Marc ·

Mag name Bekend gemaak word as die saak nog nie eers in die hof verskyn het nie ,? Stel dit nie die mense in gevaar nie? Hoe seker is julle van julle feite dan weet julle ooit of daar n saak is van albei Kante ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.