KFC-aanrandingsaak uitgestel

Vier van die vyf beskuldigdes in die Pretoria-Noord-landdroshof op ‘n vorige geleentheid. (Foto: Maroela Media)

Die saak teen vyf mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle verlede jaar ʼn egpaar by KFC aangerand het, is Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord uitgestel.

Adv. Nolse Nolte, vir drie van die beskuldigdes, het verdere besonderhede versoek van die staat en gesê alhoewel hy die dossier ontvang het, is daar nog vrae wat nie beantwoord is nie.

ʼn Selfoonvideo van die voorval is wyd op sosiale media versprei en wys hoe die vyf beskuldigdes die egpaar Jacob en Dudu Sono op 3 Augustus 2017 verbaal en fisies aanrand, buite ʼn KFC in Montana.

Marius Harding, Stephan Nel, DJ van Rooyen, Ockert Muller en Joshua Schultz staan tereg op aanklag van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Vier van die beskuldigdes is vrygelaat op borgtog.

Harding bly in aanhouding. Hy is in 2014 in hegtenis geneem op aanklag van aanranding en crimen injuria nadat hy glo drie pompjoggies by ʼn vulstasie in Petrus Steyn in die Vrystaat aangerand en hulle verbaal geteister het. Hy staan ook tereg op aanklag van bedrog in ʼn afsonderlike saak in KwaZulu-Natal.

Die saak teen die vyf beskuldigdes is tot 3 September uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

Weer uitgestel, maar wat het van die STEERS saak geword? Oja skies dubbel standaarde

Ad ·

Poging tot moord? Maar skop n swanger vrou in STEERS en wees die regte kleur dan is saak verby…….

Houtoog ·

Kom ek kyk verder: Ek sien vier op foto en nie vyf aangeklaagdes. Ook lees ek Schultz in die foto se onderskrif maar Scholtz (par.4) in die berig.

Willie ·

Hulle is onskuldig, sou hulle deur die hof onskuldig bevind word, moet hulle n siviele eis teen die staat en die kamtige kwesbares instel wat skrik vir niks!

Johan ·

Stem – staat het waarskynlik nie ‘n sterk saak nie. So die logiese is om die aangeklaagdes te frustreer en hulle lewe bloot te ontwrig. Hof laat dit gedwee toe.

Weereens skryf ek : Die regstelsel is op sy beste vol dubbele standaarde en op sy slegste is die regstelsel pateties. Elke mens het die reg om vinnig verhoor te word sodat die saal afgehandel kan word. Die regstelsel en howe in ons land, ken nie die Grondwet nie.

Ja mens moenie oorhaastig wees nie. Regverdigheid moet tog wen. Maar hierdie uitstel en uitstel en uitstel ………….. jammer onaanvaarbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.