KFC-afdankings was wettig

Foto: IOL

Foto: IOL

Die arbeidshof in Durban het bevind dat KFC volgens die wet opgetree het deur ʼn span werknemers af te dank nadat voorraad verdwyn het, het The star Dinsdag berig.

“Dit is voldoende dat die individu deel was van ʼn span mense wat nie hul pligte nagekom het nie; in hierdie geval was hul plig om seker te maak dat voorraad nie verdwyn nie,” het regter Piet Shai in sy uitspraak gesê.

Volgens die berig het 265 stukkies hoender, 63 kg aartappelskyfies, 424 blikkies koeldrank en 518 blikkies sap verdwyn. “Die werknemers het verskeie geleenthede gehad om met die sak patats vorendag te kom, maar hulle het dit nie gedoen nie,” het Shai gesê.

True Blue Foods (KFC) het ontdek dat die voorraad slegs verdwyn wanneer dieselfde groep mense werk, maar niemand het met inligting vorendag gekom nie.

Die span van 11 werknemers is afgedank en hulle het die saak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Die kommissie het beslis dat die afdanking onregverdig was, aangesien die maatskappy nie bewys het dat hulle aanspreeklik is vir die diefstal of geweet het wie die voorraad gesteel het nie. Die KVBA het die maatskappy beveel om ses maande se vergoeding aan elke werknemer te betaal. Die maatskappy het hierna die arbeidshof genader waar Shai die KVBA se beslissing tersyde gestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JZ Myburg ·

10 UIT 10 VIR REGTER PIET SHAI ,ONEERLIKE MENSE MOET NIE LOS KOM NIE.

scalla ·

Lekker, volg maar net hul leier se voorbeeld, dieselfde moet gebeur met die oneerlikes soos telkemale uitgewys!!

alet ·

Is nogal baie interessant hul kry dit reg om mense by KFC af te dank, waarmee ek 100% saamstem, toe dit met ons die geval was, het ons werknemer ingeroep volgens wet en regulasies, en hom toe afbetaal. Hy was arbeidshof toe en ons moes 3 maande se salaris betaal: HOEKOM: Die “mense” het gese hy kan gerehabiliteer word, ons het nie die reg gehad om hom af te betaal nie. Is net interessant hoe dinge kan verander.

Dave ·

KFC het hulself verdedig teen die KVBA se beslissing en dit omvergewerp, Alet. Het julle dit ook gedoen?

Hendrik ·

Hulle hulle het seker almal dieselfde tyd siek verlof geneem van die äf hoendertjies” dis toe dat hul vasgetrek is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.