KFC-saak: Aanklagte voorwaardelik teruggetrek

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof tydens ‘n vorige verskyning.

Alle aanklagte teen die vyf mans in die sogenaamde KFC-saak is Donderdag in die landdroshof in Pretoria-Noord voorwaardelik teruggetrek.

Marius Harding, Stefan Nel, Dicky Junior van Rooyen, Ockert Muller en Joshua Schultz is daarvan beskuldig dat hulle in Augustus 2017 ʼn egpaar, Jacob en Dudu Sono, by ʼn KFC-kitskoswinkel in Montana aangerand het.

Die vyf het aanvanklik tereggestaan op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die staat het egter later die aanklag van poging tot moord laat vaar en die aanklag van rig van ʼn vuurwapen is ook verander na die rig van ʼn lugpistool.

Volgens Nols Nolte, wat drie van die beskuldigdes verteenwoordig, het die staat Donderdag die aanklagte voorwaardelik teruggetrek weens uitstaande ondersoekwerk.

Nolte het gesê die Gautengse direkteur van openbare vervolging het die opdrag gegee. ʼn Brief van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is in dié verband ingedien.

“Hulle het reeds 21 maande terug vir ons gesê die ondersoek is afgehandel.”

Volgens Nolte is dit belaglik dat daar amper twee jaar later gesê word daar moet verdere ondersoek gedoen word. Hy het gesê hulle het reeds einde Maart vertoë gerig dat die saak teen die mans laat vaar moet word.

Volgens Nolte het hulle vroeër navraag gedoen oor hoeveel video’s van die voorval tydens die verhoor gebruik gaan word. Daar word nou aangevoer dat daar ander video’s is wat ondersoek word en dat ʼn gesigsdeskundige ook aangestel moet word.

“Daar is ook nog nie eens ʼn verslag van die dokter wat die egpaar ondersoek het nie. ʼn Mens sou dink al die goed is in plek as daar gesê word die ondersoek is afgehandel.”

Die mans is kort ná die voorval in hegtenis geneem en Muller is kort daarna op borgtog vrygelaat. Nel, Schultz en Van Rooyen is aanvanklik borgtog geweier, maar uiteindelik in Oktober 2017 op borgtog vrygelaat nadat hulle appèl aangeteken het. Harding is eers in April vanjaar op borgtog vrygelaat. Hy is aanvanklik borgtog geweier weens twee ander sake wat teen hom hangend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Dankie ·

Dit is amper to goed om waar te wees om vir ‘n verandering so iets te lees. As julle ouens weer lus is vir KFC, bel eerder vir aflewering dan is daar geen kans om weer in so onbenulligheid betrokke te raak nie. Voorspoed

Cherokee ·

Wors, miskien is dit voorlopig ten einde hulle te verhoed om ‘n eis in te stel, want indien hulle onskuldig bevind sou word, behoort hulle die klaers te kan hamer.

Andre ·

Swak. Dit is duidelik dat die ondersoekbeampte, sy bevelvoerder en die aanklaer geen idee het van die ondersoek van misdaad en die voorlegging van getuienis nie. Wat soek hulle in hulle poste. (Hul salaris?)

Isak ·

Nou net al die mense wat agter die deur staan en skuldig is aan een of ander iets n eiertjie te le. Haal die balk uit julle oog uit en los die manne uit. Dis nie hulle skuld dat die saak saak hanteer is nie.

Awie Opperman ·

Die saak is swak hanteer. Voltooi die idioom: ‘n Goeie begrip…

Gustav Venter ·

Jy is reg, want dink net daaraan, as jy KFC koop, en gedagtig daaraan dat daar honger kindertjies Noord van ons is, is jy onder verpligting om te eet wat jy gekoop het, en as dit KFC is, is dit ‘n straf. Koop liewers ‘n ou “Kook en Geniet” en eet ‘n blaai ‘n dag. Dit is goedkoper, sal langer hou, is meer voedsaam en beslis smaakliker as KFC.

Lee ·

Ag asseblief. Wat ‘n lot gemors. Dis net omdat hulle wit is. As die bordjies verhang was het die saak nie eers die hof gehaal nie. Wat wil hulle nou weer ondersoek. Soek madam en meneer seker geld. Hulle het skaars seergekry. Belaglik! Hulle moet ook aangekla word want ek glo nie vir 1 minuut dat hulle kamstig heeltemal onskuldig was nie. Hulle is daarop uit om die wittes uit te tart. SA se Regstelsel moet bykom en almal regverdig behandel!!!!

Al ·

Stem saam. Die regstelsel is bevooroordeeld en in ñ totale gemors.
Pleks van meer tyd bestee aan ondersoeke van skuldiges wat moor en verkrag.

Magda ·

Die was van die begin af n WOLHAARSTORIE – As alles op die ou einde laat vaar word, en ek glo dit sal hoop ek die ouens sit klagtes van Naamskending en wat ookal daarby saamgaan teen die paartjie in. Groot boete vir elkeen ook ASB.

Petro ·

Well done vir Nols Nolte……!!! 10/10 vir jou! En baie bly vir die manne se part!! Hoop hulle dagvaar nou al daai mense + KFC!

Marie ·

Die manne op die foto sal wel weet hoekom daar n saak gemaak is deur die man en vrou. Die feit dat hulle los kom sê niks oor wat rerig gebeur het nie. Ek is moeg vir sulke optrede wat veroorsaak dat wit mense gehaat word. Julle stel ons almal se lewens in gevaar.

Judge Dredd ·

Ek is moeg vir die libleke wat wil he ons moet alles prysgee – en dan agterna wonder hoe dit gebeur het.

Amelia ·

Marie wat jy einlik probeer se of die mans nou skuldig of onskuldig is moet almal net ja en amen Ons word in elk geval gehaat of ons stil bly of nie Hoekom word wittes gewoonlik skuldig bevind op klagtes soos moord maar met ander is dit aanranding Miskien moet jy meer maroela media lees en sien hoeveel mense word aangeval beroof ens

Wielspore ·

Hierdie saak kan die SAP duur te staan kom agv ‘n siviele eis.

Al ·

Stem saam. Die regstelsel is bevooroordeeld en in ñ totale gemors.
Pleks van meer tyd bestee aan ondersoeke van skuldiges wat moor en verkrag.

ES ·

Zumie, ek stem nou nie saam met jou oor die Penny Sparrow saak nie. Daardie vrou het bloot net ‘n slegte houding. Sy kan nie eers ‘n regspan behou nie omdat haar houding stink. Sy het gesoek daarvoor en ek het geen simpatie vir haar nie – sy hoort waar sy is.

Wat die manne betref – as jy 5 mans teen 2 mense is, hou maar net eerder jou humeur in toom, doen jou besigheid en gaan huis toe. Hierdie kon heeltemal verhoed gewees het as die manne net koelkop gebly het.

Ons almal weet dat ons met ‘n valk-oog dopgehou word, so moenie onnodig jouself in ‘n ongemaklike posisie plaas nie.

Oom Frik ·

Marie , die meerderheid van hulle ( + – 99.99 % nie almal nie ) haat ons in elk geval , dis duidelik dat die rassistiese owerhede , polisie en justisie alles in hulle vermoe gedoen het om die manne aan die pen te laat ry sonder genoegsame bewyse .

JG ·

ES…jy het die kat aan die stert beet…Vicky Momberg is die een wat jy in gedagte het…

RIP Penny Sparrow ·

ES Penny Sparrow is oorlede. Jy dink seker aan iemand anders wat nog lewe.

Hanna Hoekom ·

Ek het sommer geweet daar is nie n saak nie. Hulle wou maar net weereens n voorbeeld van die blankes maak. Soos gewoonlik. Ook het die publiek net die een kant van die storie gesien (video) en niemand kan presies bepaal wat aanleiding tot hierdie onderonsie gelei het nie. Net soos daardie ongskikte Spur-vrou en die van Damme DA vrou wat met allerhande rassistiese beskuldigings gekom het. Eier op die gesig! Hoop julle manne dagvaar die rook uit die Staat uit.

marous ·

Voorwaardelik teruggetrek na daar gepleit is en getuienis gelei is ? Dit is vervolging staking en hulle is geregtig op uitspraak .

Jr ·

Ek sê nou dit was ń klig storie. Dit was n allerdagse verskil tussen mense. Die feit dat dit eers poging tot moord en dan afgewater was. Eers ń kannon en toe ń masjien geweer en toe ń shotgun en en en tot n windbuks wys dit was al weer n opgeblaasde ” rassis ” storie. Iets wat gewone wit mense moet luister elke dag.

hercu ·

ek lag in my mou vir die twee “mensdommers” wat die saak aangemeld het

die SAPD gaan weer sleg tweede kom net ‘n groot siviele eis

sterkte manne, eet eerder Nando’s :-)

Grobler Steyn ·

Marie is reg hulle het gereageer op die pyn van die verlede toe dié lae apartheidsapologete@zinzi Mandela, nié nederig genoeg opgetree het nie dalk nie vinnig genoeg uit hul pad gekom nie dalk hul parkering gevat feit is black is the new right

Dries Moolman ·

Dis omdat die egpaar ‘n berg van ‘n molshoop gemaak het en besef hulle het net so groot aandeel in die voorval – halwe waarhede, selektiewe video materiaal, ens ens.

Gustav Heyman ·

Lieg vals getuies. Prokureers/advokate wT net geld jag. Regters en hoofregters wat geen regverdigheid ken nie. Hoe sweer iemand op die waarheid maar lieg. Geen integriteit geen reg. Sterkte julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.