KFC-saak: Beskuldigde glo aangerand en besteel

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017)

Een van die vyf mans in die sogenaamde KFC-saak het Dinsdag in die Pretoria Noord-landdroshof gesê dat hy aangerand en beroof word in die Kgosi Mampuru-gevangenis.

Marius Harding (23) en die ander vier mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Harding is die enigste verdagte wat nog nie op borgtog vrygelaat is nie.

Nols Nolte, Harding se regsverteenwoordiger, het vir landdros Thabo Ramahanelo gesê sy kliënt is aangerand in die tronk en van sy besittings is van hom gesteel.

“Hy het die saak probeer aanmeld, maar hulle wil hom glad nie bystaan nie. Hy wil na ʼn enkelsel verskuif word,” het Nolte gesê.

Nolte het bevestig hy tref tans reëlings rakende ʼn borgtogaansoek vir Harding nadat hy dit vroeër laat vaar het.

Ockert Muller (20) is kort ná die voorval borgtog toegestaan en landdros Motlhoki Rapulana het sy borgtog van R5 000 verleng. Drie van die beskuldigdes wat aanvanklik op 30 Augustus borgtog geweier is, het teen landdros Rapulana se beslissing geappelleer. Die Pretoria-hooggeregshof het die appèlaansoek aangehoor en borgtog van R5 000 aan Nel, Schultz en Van Rooyen toegestaan.

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Die saak is tot 27 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bgj van der westhuizen ·

wel dan moet hy n saak maak teen oor die pesoone wat nie n saak wil oop gemaak het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.