KFC-saak: Beskuldigde glo in hospitaal

Dicky Junior van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die hof (6 Maart 2018). Foto: Phillip Bruwer

Net vier van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar verlede jaar in ʼn KFC-deurrybaan in Montana in die noorde van Pretoria aangerand het, het Dinsdag in die Pretoria-streekshof verskyn.

Dicky Junior van Rooyen (21), Marius Harding (23), Ockert Muller (20) en Joshua Schultz (21) was Dinsdag in die beskuldigdebank. Die vyfde beskuldigde, Stephan Nel (39), het nie in die hof verskyn nie omdat hy glo in die hospitaal behandel word. Meer besonderhede oor Nel se toestand of waarom hy in die hospitaal opgeneem is, is nie aan die hof voorgehou nie.

Die vyf mans staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Dit volg nadat hulle na bewering in Augustus verlede jaar vir Jacob en Dudu Sono in die KFC-deurrybaan aangerand het. ʼn Gedeelte van dié onderonsie is op video vasgevang en op sosiale media versprei.

Die hof het Dinsdag gehoor dat die beskuldigdes se regspanne nog nie gereed is om met die verhoor voort te gaan nie omdat hulle nog nie ʼn afskrif van al die nodige dokumente van die staat af ontvang het nie. Die staatsaanklaer het om verskoning gevra hiervoor en onderneem om al die nodige afskrifte aan die verdediging te voorsien voor die beskuldigdes se volgende hofverskyning.

Die saak is daarna tot April uitgestel.

Van Rooyen, Muller, Schultz en Nel (in sy afwesigheid) se borgtog is verleng tot hulle volgende verskyning op dieselfde borgtogvoorwaardes. Harding is steeds in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ja wohl ·

Dit is in elk geval belaglik, daar word altyd voorbeelde gemaak van blanke wat durf waag om nadat hulle uitgelok is hulleself te probeer verdedig, maar wrede plaasmoorde kry STEEDS geen aandag nie. Ek het GEEN vertroue in die regstelsel nie .. weet nie hoe slaap daardie mense in die aande nie, of is dit ook deel van MALEMA se plan?

Gerhard ·

Ten minste weet jy waar jy met Malema staan, jy het geen idee wat Ramaphosa vir jou beplan nie.

@ GERHARD ·

Jys reg Gerhard, as hy ‘n “gedugte span ondehandelaars” en FW en ROELF ore kon aansit wat die land op daardie stadium nog in hulle hande gehad het, kan hy ENIGIETS nou doen. Ek vertrou hom so ver soos ek hom kan gooi.

Irene ·

Erg wat van kinders wat mekaar dood steek in skool hoor niks daarvan nie

Jannie ·

Ag nee GERHARD dit wil voorkom asof jy van mening is dat FW en Roelf intelligente mense is.
Hulle het geweet wat kom maar het ander agendas gehad.

PJC ·

Ek kan nie verstaan dat mense in onderonsies in die openbaar betrokke raak en dink hulle gaan wegkom daarmee nie. Orals is deesdae kameras of iemand met ń selfoon wat dit kan opneem en die blanke gaan altyd 2de kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.