KFC-saak: Beskuldigdes weer in hof

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017)

Die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het, verskyn Woensdag weer in die hof.

Tydens die beskuldigdes se vorige verskyning op 14 September in die Pretoria-Noord-landdroshof is die saak tot 18 Oktober uitgestel vir nadere ondersoek. Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Drie van die beskuldigdes wat aanvanklik op 30 Augustus borgtog geweier is, het intussen teen landdros Mothloki Rapulana se beslissing geappelleer. Die Pretoria-hooggeregshof het die appèlaansoek Maandag aangehoor en Dinsdag borgtog van R5 000 aan Stephen Nel (39), Joshua Schultz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) toegestaan.

Die regter het bevind dat Rapulana gefouteer het deur borgtog te weier.

Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), is vroeër reeds op borgtog vrygelaat.

Dit is nie duidelik of Harding, wat steeds in aanhouding is, Donderdag se verrigtinge gaan bywoon nie. Hy moet glo elders verskyn weens die uitstaande klag.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

Enige persoon kan foute maak, maar foute kos deesdae baie geld, wat gaan met Rapulana gebeur?

Pieter ·

Rapulana mag n fout maak hyt die regte van om basies te maak soos hy voel

Frikkie (Nie pienk) ·

Stem, Koos. Elke keer wanneer dit by borgtog vir blankes kom, word daar om een of ander rede fouteer.

MANIE ·

Die regter het nie dalk genoem dat die rassis in die saak die landros is?

Johann ·

Maak my de HOENDER in dat mags misbruik van sg landroste SO blatant raak! Die oomblik wat hulle blankes voor hulle sien klim die beginsel van regverdigheid van die wielikie af.

Hanna ·

Gaan daar enige gevolge wees vir landdros Rapulana? Hy het nie gefouteer nie, sy rassistiese onderrok het net bietjie uitgehang… Nou het 3 mans onnodig in die polisieselle gesit. Skande!

MM ·

Die Swart vrou het eerste begin maar waar is sy nou – kamtig die onregverdige person in die saak – SY is die een wat begin het maar duidelik kan sy dit wat sy begin het nie klaar maak nie Lafaard wat hulle almal is – maar almal kry hulle dag – sy sal ook.

susan ·

Hou jou hande tuis. Kyk in watter gemors sit julle nou. Was dit die moeite werd. En dit geld vir alle rasse volke en nasies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.