KFC-saak: Drie hoor oor borgtog na appèl

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Drie beskuldigdes in die sogenaamde KFC-saak wat aanvanklik borgtog geweier is, is Dinsdag borgtog toegestaan.

Stephen Nel (39), Joshua Schultz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) is in die hooggeregshof in Pretoria borgtog van R5 000 elk toegestaan. Die drie staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), is vroeër reeds op borgtog vrygelaat.

Sas du Plessis, Van Rooyen se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media bevestig die appèlaansoek is Maandag aangehoor waarna uitspraak voorbehou is en Dinsdag gelewer is. “Hul borgtogvoorwaardes is dat hulle nie mag kontak maak met enige getuies of klaers in die saak nie of mag inmeng in die ondersoek nie. Hulle mag ook nie die Kolonnade-winkelsentrum besoek nie.”

Nel, Schultz en Van Rooyen is op 30 Augustus in die Pretoria-Noord-landdroshof borgtog geweier. Landdros Mothloki Rapulana het gesê dit is in belang van geregtigheid dat die mans nie vrygelaat word nie. Sy het ook gesê die moontlikheid bestaan dat die mans moontlik die ondersoek kan verhinder of ooggetuies kan intimideer indien hulle op borgtog vrygelaat sou word.

Nel, Schultz, Van Rooyen en Muller verskyn weer môre in die Pretoria-Noord-landdroshof. Harding sal glo eers op 23 Oktober verskyn oor redes wat verband hou met die uitstaande klag teen hom.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nellie ·

Videos is wyd versprei maar GEEN aanranding kon gesien word nie. Wel die provokasie van die couple en hoe hulle agterna gelag het toe hulle weggeloop het. Dit is belaglik, dink julle regtig as 5 mans die WIL gehad het om ‘n paartjie te vermoor hulle dit nie sou kon doen nie? Hoekom dan net dreig? Die vrou het op die mans se kar geslaan en hulle getart, sy het hulle ook gevloek, behalwe dat sy heeltyd geskreeu het, I am a woman are you hurting me, kon absoluut GEEN houe wat geval het gesien word nie. Poging tot moord is belaglik, as dit aanranding was, ja .. maar moord? Regtig as hulle enigsins die intensie gehad het om te moor, was die paartjie nie meer lewendig nie. Maar so word alles verdraai in die nuwe SA. Weereens is dit opgeblaas en ‘n rassisme saak gemaak terwyl ek glo dat as dit ‘n wit paartjie was wat 5 jong mans so uitgetart het, hulle dieselfde behandeling gekry het.

Leeu ·

En die diefstal was seker ook iemand anders se skuld, die dat hulle verkeerde addresse gegee het ook seker? Nee wat, ons kort nie mense soos dié nie.

MANIE ·

Daardie rassistiese landros wat borg geweier het hoort nie in n hof

Andre ·

Hierdie is die belaglikste ding wat ek nog gehoor het – borg geweier deur Rapulana, en klagtes van MOORD! Dit kos die beskuldigdes nou derduisende om die hooggeregshof te nader vir borg. Die man wie die blanke vrou trompop geskiet het, is nie eens gearresteer nie. Blankes moet kennis neem van hierdie gebeure … en begin insien wat aan die gebeur is.

Leahim ·

So sal die rasistiese magsvertoon bietjie vir bietjie ontbloot word todat die manne onskuldig verklaar word en dan hoop ek hulle dagvaar die minister,landros ,en die polisie beamptes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.