KFC-saak: Net vier in hof

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017)

Die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het, het Woensdag weer in die hof verskyn.

Stephen Nel (39), Joshua Schultz (21), Dicky Junior van Rooyen (21) en Ockert Muller (20) het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot 9 November uitgestel is vir verdere ondersoek.

Die vyfde beskuldigde in die saak, Marius Harding (23), was nie in die hof nie en landdros Motlhoki Rapulanan het gehoor daar was “komplikasies” om hom voor die hof te bring. Harding het vroeër sy aansoek om borgtog laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal. Hy kon glo nie vandag se hofverskyning bywoon nie weens die uitstaande klag.

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Drie van die beskuldigdes wat aanvanklik op 30 Augustus borgtog geweier is, het intussen teen landdros Mothloki Rapulana se beslissing geappelleer. Die Pretoria-hooggeregshof het die appèlaansoek Maandag aangehoor en Dinsdag borgtog van R5 000 aan Nel, Schultz en Van Rooyen  toegestaan. Muller is reeds vroeër op borgtog vrygelaat.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leahim ·

Geen betogings nie ,borg toegestaan volgende week word die sake teruggetrek want daar is nie genoeg bewyse nie en so word belasting geld gemors

LMF ·

Jipeeeeeeeeeeeee at last nou ja die poging tot moord try ek nog oplos maar hulle is wit so ek weet nie so mooi nie

snoefie ·

dalk moet marius harding se mense gaan KYKJ wat die”komplikasies” was.

Hendrik ·

Hoe maklik word wit mense se handelinge opgeblaas en n maase kabaal word gemaak! Eintlik het daar niks hier gebeur nie, maar die tor het al laaaaaankal van die draad afgehel! So hy verstaan hom nêks!

MANIE ·

Die landros moet verskoon word van die saak want die regter het klaar gese wat se rassis hy/sy is. Hulle is al klaar skuldig bevind deur die rassiste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.