KFC-saak: Verhoor begin dán

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017)

Die datum van die verhoor van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die egpaar Jacob en Dudu Sono in Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana in noorde van Pretoria aangerand het, is Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof vasgestel.

Landdros Motlhoki Rapulana het die saak tot 21 Februarie 2018 uitgestel en dit na die streekshof oorgeplaas.

Die hof het ook gehoor dat Marius Harding (23), die enigste van die beskuldigdes wat nog nie op borgtog vrygelaat is nie, in die tussentyd om borgtog gaan aansoek doen. Harding het ná sy inhegtenisneming sy borgtogaansoek laat vaar.

Ockert Muller (20) is kort ná die voorval, op 3 Augustus, borgtog toegestaan. Drie van die beskuldigdes wat aanvanklik op 30 Augustus deur Rapulana borgtog geweier is, het teen haar beslissing geappelleer. Die Pretoria-hooggeregshof het die appèlaansoek aangehoor en op 17 Oktober borgtog van R5 000 elk aan Stephen Nel (39), Joshua Schultz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) toegestaan.

Die vyf mans staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Rapulana het Maandag die vier mans se borgtog op dieselfde voorwaardes verleng.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

christa ·

is die langdradige storie nou omdat die manne wit is. Ek wonder of die ander party onskuldig was.

Pieter ·

Die belaglike aard van die aanklagte dui alreeds op uitkoms. Ek het geen vertroue in ons regspraak op daardie vlak nie.

gatiep ·

Ek het ook geen vertroue in regstelsel nie.
Hoekom moet ek nog n wetsgehoorsaame burger wees.

Andre Marx ·

Ek hoop die hof stuur n duidelike en kragtige boodskap uit. Soos bv die doodskissaak. Hulle staan daar in die hof asof botter nie in hulle mond sal smelt nie. Dit is sulke optredes wat ons Afrikaners in n uiters swak lig stel.

Domvraag ·

Andre jy vind hulle sommer skuldig. Dit word beweer dat hulle nie die moeilikheid begin het nie en dat Jacob selfs met die sekuriteit probleme gehad het.? Nou word die rassekaart gespeel ?
As ek een van die beskuldigdes was sou ek versoek dat n ander landdros die saak aanhoor want Rapulana het klaar gefouteer en dit laat jou wonder hoe onpartydig sy is?

PJC ·

Kom ons hoop die voorsittende beampte in die streekhof is meer bevoeg en onpartydig anders eindig dit ook soos die doodskis saak.

Manie ·

Mense waar kommentaar lewer moet nie praat asof hulle namens alle Afrikaners praat. Praat vir jouself en ek sal namens myself praat

Piet ·

As mens wil weet of dit ‘n BEE regter is of nie moet jy sien of borgtog toegestaan word of nie (wanneer blankes aangekla word). Regters wat dan teen hulle beterwete verkeerd beslis behoort verantwoordelik gehou te word vir die kostes in die apelhof. As ons apelhof deur dieselfde onbevoegdheid verlam word wat reeds in die laer howe n kanker geword het, dan hoop ek sowaar ek wen n eerigting kaartjie na mars!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.