KFC-saak wéér uitgestel

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof op ‘n vorige geleentheid. (Foto: Maroela Media)

Die saak teen vyf mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle verlede jaar ʼn egpaar by KFC aangerand het, is Dinsdag weer in die landdroshof in Pretoria-Noord uitgestel.

Adv. Nolse Nolte, vir drie van die beskuldigdes, het aan die hof gesê dat hy steeds wag op verdere besonderhede van die staat. Nolte het reeds tydens die beskuldigdes se vorige verskyning gesê hy het die dossier ontvang, maar dat daar vrae is wat nog nie beantwoord is nie.

ʼn Selfoonvideo van die voorval is wyd op sosiale media versprei en wys hoe die vyf beskuldigdes op 3 Augustus 2017 die egpaar Jacob en Dudu Sono verbaal en fisiek buite ʼn KFC in Montana aanrand.

Marius Harding, Stephan Nel, DJ van Rooyen, Ockert Muller en Joshua Schultz staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Vier van die beskuldigdes is op borgtog vrygelaat.

Harding bly in aanhouding. Hy is in 2014 in hegtenis geneem op aanklag van aanranding en crimen injuria nadat hy glo drie pompjoggies by ʼn vulstasie in Petrus Steyn in die Vrystaat aangerand en hulle verbaal geteister het. Hy staan ook tereg op aanklag van bedrog in ʼn afsonderlike saak in KwaZulu-Natal.

Die saak teen die vyf beskuldigdes is tot 23 Oktober uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jane ·

Daar was geen aanranding nie en die saak is opgeblaas. Die paartjie het die mans uitgelok in ‘n rasse voorval. Die regstelsel is siek.

Dit help nie om wat verkeerd is te probeer goedpraat nie.Hoe gouer die hofsaak afgehandel,en die vyf boelies agter tralies sit,hoe beter. ·

dit doen geen goed om wat verkeerd is te probeer goedpraat nie.hoe gouer die hofsaak afgehandel,en die vyf boelies agter tralies toegesluit is,hoe beter.

Abe ·

Jane en christa,
As ek die berigte oor die saak lees, lyk dit nie vir my of jy kan se daar was geen aanranding nie, trouens, dit lyk vir my of die saak teen die beskuldigdes baie ernstig is. Daar is selfs sprake van die rig van n vuurwapen. Nou wil julle voorgee dit is sommer niks!

christa ·

hoekom nie die saak afstel nie. Dit kos onnodige geld elke keer se uitstel. Dis in elkgeval Dit was van die begin af onnodig om enige saak te maak, kleinlikheid. Grootmense sorter die saak uit op hul eie.

Boland ·

Sodra n wit persoon betokke is dan kom poging tot moord ter sprake.Maar plaasaanval is net diefstal.

Domvraag ·

Volgens die selfoonvideo kan nie gesien word wie rand vir wie aan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.