KFC-saak weer uitgestel

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017)

Die saak teen vyf mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn paartjie, Jacob Sono en sy vrou Dudu, by ʼn KFC in Montana aangerand het, is Donderdag uitgestel.

Die verdediging het die staat versoek om besonderhede, wat nog uitstaande is, te verskaf. Een van die items is ʼn selfoon wat aan een van die beskuldigdes behoort en vermoedelik nog in die polisie se aanhouding is.

Staatsaanklaer Lucri Shivambo het gesê kringtelevisiebeeldmateriaal van die beweerde aanranding is aan die verdediging oorhandig, maar inligting van ʼn selfoon is nog uitstaande.

Die saak sal op 28 Junie in die landdroshof in Pretoria-Noord aangehoor word.

Marius Harding, Stephan Nel, DJ van Rooyen, Ockert Muller en Joshua Scholtz staan tereg op aanklag van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstige te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Vier van die beskuldigdes is op borgtog vrygelaat, maar Harding se aansoek om borgtog is afgekeur.

Harding is in 2014 in hegtenis geneem op aanklag van aanranding en crimen injuria nadat hy glo drie vulstasiewerknemers aangerand en glo rassistiese uitlatings gemaak het by ʼn vulstasie in Petrus Steyn in die Vrystaat. Hy staan ook tereg op aanklag van bedrog in ʼn afsonderlike saak in KwaZulu-Natal.

Staatsgetuies, insluitend twee polisiebeamptes, het tydens die aansoek om borgtog getuig dat die vyf persone met dieselfde doel opgetree het en beweer die aanval was rassisties van aard. ʼn Video van die aanval is met ʼn selfoon opgeneem en die videogreep is wyd op sosiale media versprei.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ad ·

Wanneer begin die STEERS saak asb? Oja skies vergeet van dubbel standaarde nou weer…

Ne ·

En die ou wat die swanger vrou aangerand het is maar net geskors??? Nie eers toe gesluit nie. Maar wat verwag mens in vandag se wonderlike SA

Oom Kalahari ·

Nou wat van CEO Mnr Romeo Makhubela va Novare maatskappy wat ‘n swanger vrou aangerand het? Hy is dan nog nie ge-arresteer en toegesluit nie. Waar is die regverdigheid nou of is dit bloot rassisme hantering. Om ‘n swanger vrou so aan te rand is ook aanranding met die doel om ernstig te beseer en ook poging tot moord op Ma en ongebore baba. Hy het die Ma oor ‘n marmerblad tafel geslaan en as sy verkeerd geval het met haar kop kon dit albei se lewens geneem het. Hy is ‘n swakkeling en bullebak (vroueslaner) wat in tronk moet wees. Ook moet hy verban word van alle Steers kitskos plekke.

Callie ·

Ek verstaan net nie hoekom is die media nie totaal op die saak van die ceo Romeo nie. Hoekom is die video nie op die nuus nie. Komaan media, julle het doodskis en kfc en spur videos oor en oor gewys. Is daar in julle regverdigheid? Sal weet as berig geplaas word

Komaan ·

Vergelyk goed met die man Romeo wat die swanger vrou geklap en geslaan het .. wonder hoe gaan die dinge nou hanteer word deur die HOWE?? Ons wil graag sien dat hierdie twee sake ewe ‘regverdig’ hanteer word asb.

Willie ·

Ek eet nie KFC nooit ooit nie..sederdien! Steers ons wag op julle… Julle gaan ook ge_Spur en KFC word!

Erich ·

Wat het geword dat jy geregtig is op n vinnige verhoor en afhandeling van die saak. Aanhoudende uitstel?? Waar is die prokureur wat moet aandring op afhandeling?

Nettie ·

Maroela Media, verwys paragraaf 2 – “een van die items is ‘n selfoon wat aan een van die beskuldigdes behoort en wat vermoedelik nog in die polisie se aanhouding is”. Ho nou! Waarna word daar verwys – is die person vermoedelik nog in die polisie se aanhouding of is die selfoon nog vermoedelik in die polisie se BESIT???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.