KFC sê oor listeriose-bewerings

Argieffoto (Foto: KFC, Facebook)

KFC het reageer op bewerings en kommer op sosiale media dat dié kettinggroep se produkte moontlik met listeria besmet is.

“Ons hoender word plaaslik verkry van fasiliteite wat nie deur die listeriose-uitbreking geraak word nie. Ons kos word vars gekook net voor ons dit bedien, wat verder bydra tot die veiligheid daarvan. Ons en ons verskaffers sal voortgaan om aan die hoogste standaarde en veiligheidsmaatreëls te voldoen om vir jou die smaaklike hoender te verskaf wat jy ken en liefhet,” het KFC in reaksie op die bewerings gesê.

Dr. Juno Thomas van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en hoof van die listeriose-taakspan, het in ʼn onderhoud met Rian van Heerden op JacarandaFM gesê wanneer ʼn mens vleis – soos hoender – gaarmaak, vernietig dit listeria.

Sy het gesê dit geld ook vir byvoorbeeld polonie. “Indien jy polonie braai, kook of mikrogolf – solank dit oor 70 °C gaan, is dit nie ʼn probleem nie.”

‘n Mikroskopiese blik op listeriose.

Thomas sê die probleem is dat die verpakking ook gekontamineer kon wees en dit tot gevolg het dat die listeria na ander produkte versprei kan word deur dit te hanteer. Dit kan dus na produkte versprei het wat nie gaargemaak word nie en dan so oorgedra word.

Nios het intussen ook bekend gemaak dat daar nog 11 gevalle van listeriose aangemeld is en dat die totale hoeveelheid gevalle teen Donderdag op 978 gestaan het. Die dodetal staan steeds op 183.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevestig die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika is die grootste wat nog ter wêreld aangeteken is. Die bron van die uitbreking is intussen geïdentifiseer as die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane wat polonie, Weense worsies en kouevleissoorte vervaardig. Alle produksie is gestaak en alle Enterprise-produkte is onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Genieve ·

N mens kan soms nie dai hoender eet ni want die water tap nog daar uit en moenie van die pops praat dis net so tai. Ek maak maar weer my eie kfc by my huis want daar is nie eens n smaak in nie.

Ronel ·

Water? By ons drup dit sommer sulke strome olie uit. Of jy kry so olie, greaserige storie in jou boksie.

Alida ·

Hoekom voer hulle hoenders in? Ons het dan ons eie hoenderboere en baie ook.

Ekke ·

Julle!!! Hulle se dan in die berig dat SA se KFC se hoenders plaaslik verkry word. Word nie ingevoer nie.

zoom zoom ·

KFC is van die swakste plekke om wegneem etes by te koop. Die hoender en chips word al reeds om die oggend gemaak en dan deur die dag aangevul soos nodig. Die kos is vol olie en proe uiters bollie. KGC in Nylstroom is vuil en die kos wat hulle opdien is NIE FRESH nie. Kla jy daaroor weier hulle pm jou geld terug te gee. NOOIT WEER KFC en die im Cemturion is net so onbeskof en swak.

S POTGIETER ·

Twee aande terug die slegste wrap nog ooit by KFC gekoop…heel stukke wit vleis wat net so waterig was was in die wrap….ons het omtrent n jaar laas daar iets gekoop…nou nog minder sal ons hulle ondersteun

Marinda ·

Ook olierige KFC hier al gekry, was die laaste keer dat ek dit gekoop het. Selfs die twisters is waterig. Jammer, ek kook my eie kos. Dis veiliger, gesonder en ek weet wat daarin is.

E ·

En niemand hierbo of hieronder kan lekkerder hoender as hulle maak nie. Nou gaan ons hoor hoeveel beter sus so en so en broer so en so se hoender is……

LB S ·

Ek het JARE, baie jare gelede laas KFC geëet en nogal gedink om dit weer vir ‘n slag te probeer as ek weer ‘n wegneemete wil koop. Nou weet ek nie….. wie is nou reg en wie is verkeerd…. hier is darem BAIE negatiewe kommentaar oor KFC

CJ ·

Ek glimlag in my mou, want skielik moet ons meer op ons (outydse) kookvernuf staatmaak.

Gerrit ·

Mense moet begin hulle eie kos by die huis voorberei ten minste weet jy hoe en deur wie die kos voorberei word ons koop glad nie meer gemorskos nie want dit het geeskaleer na vuil besmette gemorskos.

Heleen ·

Ek eet laaaankal nie meer kfc of ander wegneem etes nie…dit gee my diarree…

Frans du Toit ·

Indien dit waar is gaan daar een van die dae baie vakatures ontstaan in die staatsdienste…

Alida ·

Wat het die staatsdiens nou met KFC te doen? Dit is in elk geval n waagstuk om enige wegneemkos te eet maar soms is dit baie lekker afhangende waar jy koop.

Ronel ·

Alida… KFC. staatsdiens se stapelvoedsel, listeriose…. Ag toemaar. Los dit eerder.

@Frans. Skerp!

Peet ·

Koop KFC by n tak in die old JHB road, altyd vars geurig nie bae olierig. Baie keer versoek hulle vriendelik jou om net 5 min te wag vir vars gaar gemaakte KFC. Meeste wegneem etes wat ons koop is van goeie gehalte. Tuis gekookte kos, vrouens kan nie meer kook en bak soos wat my ma en ouma kon doen. Mans kook deesdae. Ma se kos is partykeer van so n aard dat die kinders dit nie wil eet en selfs die hond trek sy neus op. Kits kos is hier om te bly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.