KFC-voorval: Appèl kom na 3 borgtog geweier word

tephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof. (Foto: Maroela Media)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die landdroshof in Pretoria-Noord se uitspraak verwelkom om borgtog te weier aan drie beskuldigdes in die sogenaamde KFC-voorval.

Die borgtogaansoek van Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) is Woensdag deur landdros Mothloki Rapulana van die hand gewys. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal. Nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), is vroeër reeds op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Rapulana het tydens haar drie uur lange uitspraak gesê dit is in belang van geregtigheid dat die mans nie op borgtog vrygelaat word nie. Sy het ook gesê die moontlikheid bestaan dat die mans moontlik met die ondersoek kan inmeng of ooggetuies kan intimideer.

Volgens Rapulana bestaan die moontlikheid ook dat die borgtoguitspraak openbare opslae kan wek, net soos wat gebeur het toe die video op sosiale media versprei is. Volgens haar sal die publiek vertroue in die regstelsel verloor indien die mans op borgtog vrygelaat sou word weens die rassistiese ondertoon van die voorval.

Sy het na hoorsê-getuienis van die ondersoekbeampte verwys waar Dudu beweer sy is as ʼn “bi***” en ʼn “swartgat” uitgekryt. Daar was egter geen melding op die aanklagstaat van rassisme of crimen injuria nie.

Rapulana het haar beslissing dat die openbare orde ontstig sal word, gegrond op “die reaksies van skok en ongeloof” wat op sosiale media uitgespreek is en getuienis dat ʼn handjie vol ANC-betogers op 18 Augustus buite die hof betoog het. Sy het egter niks genoem van ʼn groter groep betogers, gelei deur AfriForum, op 23 Augustus by dieselfde hof waar hulle teen dubbele standaarde betoog het nie.

Nel, Van Rooyen en Schultz se regspan was van mening dat die uitlatings oor die video wat op sosiale media gemaak is, op eensydige en ongegronde waarnemings gegrond was, wat onder meer deur polisieminister Fikile Mbalula se “hoogs onverantwoordelike” uitlatings op Twitter aangevuur is.

Die polisieminister het op 5 Augustus getwiet dat ʼn groep mans in die noorde van Pretoria “rondhardloop en swart mense aanval”.

Rapulana het in haar beslissing dat die beskuldigdes sal inmeng met die ondersoek verwys na ʼn vertroulike mediese dokument van Jacob se beserings wat verkry is om te bewys dit was nie so ernstig soos wat hy beweer het nie. “As sulke inligting in aanhouding verkry kon word, watter uitstaande bewysstukke kan daar nie verkry word as borgtog toegestaan word nie? Hulle weet ook wie die klaers is, want daar is ʼn video van die klaers se nommerplaat en gesigte. Hulle bly ook in dieselfde omgewing en kan teen mekaar vasloop en die beskuldigdes weet boonop ook waar ooggetuies [KFC-personeel] werk,” het sy gesê.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het ná die uitspraak gesê die hof se besluit bevestig die NVG se siening: As die beskuldigdes borgtog kry, sal dit tot openbare opslae lei weens die vermeende rassistiese ondertoon van die voorval.

Hy het gesê hulle het borgtog teengestaan, want daar was die moontlikheid dat die beskuldigdes hul verhoor sou ontduik en inmeng met die ondersoek en getuies.

“Die hof het dit bevestig en ons meen die uitspraak is in die belang van geregtigheid. Die feit dat die voorval rasgedrewe was, is deur die staat aangespreek om te verseker dat ons sosiale koalisie nie ontspoor nie,” het Mfaku gesê.

Hy sê voorts die feit dat die hof die erns van die saak en moontlikheid van openbare opslae in ag neem, stuur ʼn sterk boodskap aan ander moontlike aanvallers, hetsy ʼn voorval rasgedrewe is of nie. “Sulke voorvalle sal nie deur ons howe of die strafregstelsel geduld word nie.”

Mfaku het ook beklemtoon dat die publiek ingelig moet word dat die weiering van borgtog nie as ʼn straf beskou moet word nie. “Dit is nie ʼn skuldigbevinding nie. Die beginsel geld steeds dat die beskuldigdes onskuldig is totdat hulle skuldig bevind is.”

Die drie mans se regsverteenwoordigers het reeds aan Maroela Media bevestig dat hulle so gou moontlik appèl sal aanteken teen die borgtoguitspraak. Die saak is tot 14 September uitgestel vir nadere ondersoek.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kentucky ·

Daai kfc ete raak nou duur. Moes McDonalds gaan koop het .

Chris Ws ·

Eks bly hulle gaan appelleer!Hulle het nie moord gepleeg nie maar moet agter tralies bly?Waar het hulle daai sogenaamde regter uitgekrap??Die ding is ‘n groter rassis as die geskuldigdes!!

Karma ·

Dit is jammer dat ons nie, soos in Amerika, op ‘n jurie-stelsel werk nie. Of dat daar nie iets is soos die verkiesing van ‘n regbank en jurielede nie. Dan sou ons blankes mos kon kies dat ‘n blanke landdros of regter ons sake aanhoor. So sal ons immers verseker wees dat ras-bevooroordeeldheid nie ‘n rol in die uitsprake speel nie.

Ek meen die landdros is vanweë haar velkleur ras-bevooroordeeld en het daarom nie borgtog toegestaan nie. Dit is sommer twak dat die aangeklaagdes ‘met die klaers en ooggetuies sal inmeng’ of dat die aangeklaagdes blootgestel sal wees aan die gemeenskap se wraak ens. ens. ens. ens. Of dat dit opslae sal veroorsaak as die aangeklaagdes borgtog kry – daardie is veronderstel om die laaste bekommernis op die landdros se skouers te wees – die Polisie is daar om onluste en opslae te hanteer; dit is nie haar mandaat nie. Sy is veronderstel om regverdige regspleging uit te voer en nie haar aan “hoor-sê” stories te steur – wat in elk geval nie toelaatbaar is as getuienis in enige hof nie.

Ons blankes het meer verstand as om ‘n “spanner in the wheels” te gooi en sodoende ons eie saak te benadeel. Die landdros kan ons dit maar gerus toegee.

marous ·

Onafhanklike regbank….maar die onbeheerbare publiek swaai die septer.

Lukas ·

@Karma , ons het jare gelede met n jury sisteem gewerk, en dit het nie goed gewerk nie, dis nie so maklik van kies en keur nie, onthou die advokate kan ook die jury begin opdeel tot albei gelukkig is, ons howe sal nog agter raak, en nog meer vertraag wees. Jury sisteme werk nie in 3de wereld lande nie.

Johan. H. ·

Chris jys reg die ding moet Siviel aangevat word,,,wonder wie is die Rasis hier

Eish ·

Trap maar versigtig hier ook. Die bevoordeling is klaar besig om te graviteer na huidig bevoordeeldes ook in die aangeleenthede.

Jordaan ·

Alweer “poging tot moord” tydens wat volgens die videos gelyk het na ‘n klein bietjie stame en stote tussen mense wat vies geraak het vir mekaar. As die NVG maar so gretig was om omgekeerde rassistiese sake, plaasmoorde en die korrupte Zuptas te vervolg …

Jacques Venter ·

Gelykberegtiging was nog nooit en sal nooit deel van die Suid Afrikaanse howe wees nie.

Pierre ·

Intussen loop ‘n Korporaal rond sonder borg of waarskuwing en niemand praat hier van poging tot moord nie, hy het bedoel om dood te skiet, die taxi bestuurders word niks vaan gehoor nie, man probeer vermink met ‘n baksteen, hulle loop rond asof niks fout is nie, poging tot moord. Jammer dat hierdie saak nou so moet uitrol.

bgj van der westhuizen ·

dit is belaglik aan randing en kan nie borg kry nie om dat dit mense sal onstel watter grap is die regter in sy kop gepla maar sy is swart en hulle sal geen regverdige verhoor kry nie maar die as sy wit is kan jy nie borg kry nie die misdaat wat nog moet bewys word is nie so groot nie maar toe die swart man die wit vrou skiet wat moord is het hy borg gekry daar is geen wet en order nie wand die wat dit toe pas is nie geskik om die werk te doen nie soos die regters , hofen sapd

Elsabie ·

Hoe kry n iemand wat verkrag borgtog en ander met minder ernstige klagtes word geweier ? Miskien moet ek nie wonder nie.

Leahim ·

Die landros laat haar intimideer deur skares werkloses wat niks anders het om te doen nie, pleks van nikssegende dinge te sê kom ons mobiliseer en betoog in ons duisende by die volgende hofsitting ons beset daai hofsaal en wys dat ons nou gatvol is vir die diskriminasie teen ons .

danie ·

Stem saam maar ek kan jou nou al sê die wittes dink te veel van hulself om te betoog in hul duisende. Net hulself te blameer, murmureer net, doen niks. Sal allerhande verskoninkies uitdink.

Willem ·

Die onreg wat hoogty vier. Dubbelle standaarde soos in animal farm. Chaos in die parlement ens ens. Alles berei die pad voor vir die ongekende voorspoed wat sal heers vir die Christen volk wanneer sy beurt sal aanbreek hier in Afrika. Ons hoop dis nader as wat ons dink.

danie ·

Daar is baie meer swart Christene in SA in Afrika as wit Christene.

Erika ·

Ek het op vorige kere ook kommentaar gelewer maar meeste van my goed word afgehaal. Wil net noem dat ek ‘n MA is van een van die KFC beskuldigdes en as die waarheid die dag uitkom gaan baie mense hulle opmerkings op vorige berigte swaar moet sluk. Dit is hartseer en dit wat ons nou deur gaan wens ek vir geen mens toe nie. Hierdie was beslis ‘n rasse voorval, mar swart teen wit rasse voorval. My kind is aangerand deur die sono’s en sy vriend het om die kar gehardloop om hom te kom help. HUlel is SELF polisisie stasie toe om ‘n saak te gaan maak van aanranding, maar die polisie beamptes, wie se name ek selfs vir julle sal gee, het net geskree LACES OUT AND EMPTY YOUR POCKETS. Geen verklaring van my kind of sy vriend. En bo alles was die vriend se ma, vir wie hulle gaan haal het om saam te gaan om ‘n saak te maak, ook by, so hierdie is nie net ‘n ma wat nie haar kind se foute raaksien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.