KFC-voorval: Beskuldigdes bly in aanhouding

tephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof. (Foto: Maroela Media)

Vier van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het, het Donderdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Landdros Motlhoki Rapulana het opdrag gegee dat Stephen Nel (39), Joshua Schultz (21), Dicky Junior van Rooyen (21) en Marius Harding (23) weer op 18 Oktober in die hof verskyn.

Harding het sy aansoek om borgtog vroeër laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal. Muller is vroeër reeds op borgtog van R5 000 vrygelaat. Muller sal volgende keer weer saam met sy medebeskuldigdes verskyn.

Die staat het Donderdag die uitstel versoek. Hulle het uitstaande verslae van sekere getuies en die ballistiese ondersoek as redes vir die uitstel voorgehou.

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Twee polisiebeamptes wat as staatsgetuies optree, het vroeër getuig die vyf het met ʼn gemene doel voor oë opgetree en dat die aanval rasgedrewe was. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Nel, Van Rooyen en Schultz se borgtogaansoek is op 30 Augustus deur landdros Mothloki Rapulana van die hand gewys.

Lede van die ANC-vroueliga was Donderdag in die hof teenwoordig.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Zumie ·

Nog ‘n “rassisme show trial” (skou verhoor) vir propaganda doeleindes

Johan ·

Daardie een ou behoort tronk toe te gaan net oor sy haarstyl.

Cherokee ·

Johan, die kommentare sal vir jou sê wie se hare lyk net so.

Se net ·

Johan jou aanmerking is ongevraag. Dan moet die mense met “ou manne haarstyl” ook maar tronk toe gaan aangesien nie almal van die ou manne haarstyle hou nie. Miskien moet jy ook maar ‘n meer modern haarstyl kry dalk sal jy klas bykry. Ek het drie ordentlike tiener seuns en my eie seun het ook ‘n moderne haarstyl en lyk stylvol, dit is ten alle tye in styl gesny. Hul sou jou en geen ander persoon volgens jou haarstyl as krimineer wat in ‘n tronk hoort, so blatant aangeval het nie. Hul het geleer om ander met respek te hanteer en om nie iemand aan sy voorkoms veroordeel nie. Hul is beslis goed opgevoede kinders dit is meer wat ek van jou kan se. Dink weer voor jy so oordeel uitspreek. Kry jou arme kinders, broers kinders en kleinkinders baie jammer. Leef en laat leef dit is hulle en my leuse.

Cherokee ·

Nou wonder niemand meer hoe jou haarstyl lyk nie, Derek.

Andre ·

Hierdie KFC storie raak al hoe meer absurd. Klagtes van poging tot moord, die blanke beskuldigdes wat nie borg kry nie, ens. Moordenaars van blankes en/of die voorval waar die sekuriteitswag die blanke dame tromp-op in die bors geskiet het, word op waarskuwing vrygelaat of kry borg. Die skrif is aan die muur, so duidelik soos daglig.

Toppie ·

G’n wonder die land het ‘n rommel status nie, blank , wit en afrikaans geld nie meer hier nie , en die grootste grap is dat ons eie landgenote ons in rug steek – sies

Wors ·

Dit kon ek vir jou al 20 jaar terug gese het. Ons almal het geweet dat hierdie tyd sal kom, my oupa het op sy sterfte bed vir my gese dat hy bly is hy gaan dood en hy kry ons jonges baie jammer want hy sou nie nog 10 jaar in hierdie omstandighede kon hou nie.

Zumie ·

Let op hoe die weerhouding van borg deesdae as ‘n straf gebruik word om persone voor skuldigbevinding al te begin straf.

Peet J ·

Is dit nou genoegsame rede om die mense se borgtog te weier omrede die ondersoekbeamptes
(staat) op uitstaande verslae van getuies , sowel as op die ballistiese verslag, wag.
Op grond waarvan beweer die twee polisiebeamptes, wat as staatsgetuies optree dat dit ‘n rasgedrewe aanval was, wonder of hulle enige opleiding ondergaan het met betrekking tot rasseverhoudings. ‘n Verdediging kan baie maklik verwar word met ‘n aanval.

Petro ·

Wonder of die manne goeie prokureurs het. Lyk nie so nie. Is die manne ‘n bedryging vir die samelewing…. nee. Is iemand dood in die geval …. nee. So hoekom kan hulle nie ook R500 borgtog kry soos andere wat moord gepleeg , verkrag, gesteel ens het nie? Dis belaglik die verskonings wat gebruik word. Sterkte vir die manne en hulle families want ek glo hulle is die broodwinners en omdat hulle in aanhouding is, is daar sekerlik geen inkomste vir die families nie.

SjN ·

Is die persoon op die punt met die sement pens ook n aangeklaagde?

Toppie ·

Julle verstaan verkeerd, die ANC regering sal alles in hulle vermoe doen om die blankes en veral wit mans toe te sluit sodat hulle kan voel hoe voel dit in die tronk. Blanke mans gaan vir enige ding toegesluit word en borg gaan geweier word, dit noem jy nou siek vergelding vir die verlede waarvoor die apartheidsregering verantwoordelik was.

Toppie ·

Blankes se stem word stil gemaak op alle platforms en ons is te ruggraatloos om saam te staan

phillip ·

Nou vrae ek hoekom het die Poliesie dan nie in getree soos hulle moes nie dan moet hulle aangeklae word vir nalaatig heid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.