KFC-voorval: Beskuldigdes weer in hof

Stephan Nel, Dicky Junior Van Rooyen, Marius Harding, Ockert Muller en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Jonisayi W. Maromo/ANA

Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar by ʼn KFC in Pretoria aangerand het sal Donderdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21), Joshua Schultz (21), Marius Harding (23) en Ockert Muller (20) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Nel, Van Rooyen en Schultz se borgtogaansoek is op 30 Augustus deur landdros Mothloki Rapulana van die hand gewys. Harding het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ʼn uitstaande klag van diefstal in KwaZulu-Natal. Muller is vroeër reeds op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Twee polisiebeamptes wat as staatsgetuies optree het vroeër getuig die vyf het met ʼn gemene doel voor oë opgetree en dat die aanval rasgedrewe was.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

EtienneM ·

Maar die swart man wat gister oggend ;n Pa oor die kop geslaan het en sy seuntjie deur die arm geskiet het in hulle huis word aangekla vir huisbraak????

nee wag laat ek eerder ophou nuus lees…..

Se net ·

Ek sien nie Afriforum of Solidariteit daar nie wat gaan aan? Dit is belaglik ……….. help asseblief ons mense wat geteiken word deur “…….” want hul kom weg met alles. Kom mense asseblief jul wat daar naby is begin ook asseblief eise stel vir die belaglikheid en vir geregtigheid ons volk moet saamstaansaamstaan. As ons boerevolk nie begin saamstaan nie gaan almal in die tronk beland. En hul kan net se en doen wat hul wil want ek sien nie dat die ander party aangekla is van aanhitsing nie. Groot bekke want hul weet hul kom weg met watookal hul doen. Moord en doodslag raak hul kleur nie!!

Adriaan ·

Die storie is belangrik omdat dit in essensie daaroor gaan dat wit mense anders deur die behandel word as swart mense. As jy nie belang stel nie, beweeg aan.

karen ·

Grap, ek is seker as dit jy of iemand na aan jou sou jy ook verwag die twee wonderlike organisasies wat so gedurig voort veg vir wat reg is, sou darem iets gese het. O nee so besig met statistieke en skaam kry vir eie mense. Dis n klug en skande ! Doen jouself guns en gaan sien hoeveel van wie maak groot geraas voor in hof wan een van wie lieg deur sy tande maar hulle staan steeds by die persoon. Bid eerder dit gebeur nie met jou om in die hande van die regstelsel te val en pasop elkeen van ons het baie groen koring op die lande Want al wil jy hoe graag aanbeweeg en in denial leef dit is en bly onregverdig !!!! plaasmoord bail R500 ne ? dis seker vir jou regverdig ……

Regter ·

As ons witmense deur n wit regters bereg word en swart mense deur swart regters bereg word , regters kom dan op vir hul eie mense en word geen reg meer uitgespreek nie.

christa ·

wat soek die “ou” man saam met die jongmanne? vra maar net

LB ·

Christa as 39 ‘n ou man is, sien ek vir jou swarigheid in jou “ou dae”. sal seker na 40 op die stoep bly sit en noem seker almal oom en tannie…

Johan Mynhardt ·

Die adjunk minister van Onderwys wat 3 vrouens aangerand het in ‘n nagklub loop op vrye voet. Die kinders sit al ‘n maand en ‘n half in die tronk omdat hulle uitgelok is, en so terloops hoe neem jy ‘n verklaring van een party wat onder die invloed is en nie van die ander ?

vissie ·

Is jy seker? Daar was gisteraand ‘n berig op die Afrikaanse TV nuus. Hy het skuldig gepleit en hulle het ook gewys hoe hy met boeie aan deur die polisie weggelei word.

Frikkie (Nie pienk) ·

Die knape is nie die skerpste potlode in die pakkie nie, want toe hul hoor dat hul 20 minute sou wag vir hul hamburgers, kon hul darem seker dink dat hul moet aanbeweeg, om die voertuie agter hul ‘n kans te gee om hul bestellings te kry. Maar Rapulana is ook nie skerp nie, en het hul borgtog geweier bloot omdat hy self ‘n rassis is. Waarom het die polisie , wat nou staatsgetuies is, nie tussenbeide getree om die poging tot moord te verhoed nie??

Jacques Venter ·

Gelyk beregtiging was nog nooit en sal nooit deel van ons regstelsel wees nie.
In die apartheid jare het n swart lewe geen betekenis gehad nie.
In die huidige opset het n wit lewe geen waarde en waarborg nie

jackie ·

Hierdie ouens het ‘n uiters dom ding aangevang!! Hoe rand jy iemand so fisies aan omdat hul jou tart?? Nee wat, as mense nou nog nie besef dis maar soms beter om op jou tong te byt en tot tien te tel moet hul dit maar voel. Ek het geen simpatie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.