KFC-voorval: Drie bly nog agter tralies

Stephan Nel, Marius Harding, Ockert Muller, Dicky Junior van Rooyen en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Phillip Bruwer

Die borgtogaansoek van drie van die vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die sogenaamde KFC-aanranding van Jacob Sono en sy vrou, Dudu Sono, is Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof uitgestel.

Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) se borgtogaansoek is Woensdag weer in die hof hervat. Ockert Muller (20) is reeds vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat en Marius Harding (23) het sy aansoek om borgtog laat vaar weens ’n uitstaande lasbrief vir diefstal in ʼn onverwante saak in KwaZulu-Natal.

Die hof het voorleggings van Nel, Van Rooyen en Schultz se verdediging aangehoor, waarna die saak tot Vrydag uitgestel is vir slotbetoë van die staatsaanklaer, Ronnie Sibanda, wat die aansoek teenstaan.

Landdros Motlhoki Rapulana sal na verwagting daarna bekend maak wanneer sy uitspraak in die borgtogaansoek sal lewer. Sy het reeds aangedui dat sy die besluit goed moet deurdink. Die vier bly in aanhouding.

Konst. William Tladi, ondersoekbeampte van die Sinoville-polisie, het Woensdag in die hof getuig ʼn gewelddadige openbare oproer sal moontlik volg indien borgtog aan die mans toegestaan word.

Lede van die ANC Vroueliga het sedert die begin van die verhoorproses buite die hof betoog. Tydens Woensdag se verhoor was lede van die Black First Land First (BLF)-groep ook in die hof.

“Is hierdie mense hier om morele ondersteuning aan die beskuldigdes te bied? Sommige van hulle dra plakkate wat lees ‘geen borgtog’. Het jy hulle gesien?” het Sibanda ʼn vraag aan Tladi gestel. “Jy het gesien wat buite [die hof] gebeur. Wat dink jy sal gebeur as die beskuldigdes borgtog toegestaan word?”

Tladi het geantwoord: “Daar kan gevegte ontstaan.” Hy het ook bygevoeg dat die lewe van die beskuldigdes moontlik in gevaar kan wees.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vroeër Woensdag buite die Pretoria-Noordse landdroshof betoog teen sogenaamde dubbele standaarde waarmee die organisasie sê rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Die organisasie het gesê hy het besluit om na dié landdroshof op te ruk omdat “wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word”.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cheeky ·

Cheeky jip altyd mag die wittes nooit borg kry nie want almal die ander mag of dit nou moord of poging tot moord was of nog steeds is regtig hoor

Hans ·

Kan n dringende aansoek om borgtog by die hooggregshof ingedien word nie?

Michael ·

Die siviele eise teen die staat gaan astronomies wees die hof kan net op feite werk en nie die intimideering van n klomp werkloses wat niks anders het om te doen nie.

Org ·

Was hierdie ‘n omgekeerde voorvaal was die persone al lankal op vrye voet, ons regstelsel laat ons veels te wense.

Fred ·

Is die lyk van die lemoendief, wat glo by Mooinooi deur ‘n boer doodgeskiet is, al gevind??
Dieselfde barbaarse optrede kom nou voor by die Pretoria-Noord landdroshof. Die landdroste lewer dus nie meer ‘n uitspraak nie, maar wel die onopgevoede gepeupel.
Kan ek wed dat MM nie die een gaan plaas nie.

Henriette ·

Oo Dan moet ons ook mense kry om daar te staan met ons bortjies want lyk my dis al waar jy iewers kan kom . Dis tyd dat ons moet op staan vir wat ons sn is en veg vir wat ons wil he in die lewe. Ons moet erger op tree as hulle en Dit soo dramaties as moontlik maak .

Sw ·

Sien julle? Die ANC en BLF gebruik politieke druk in voorvalle waar wittes betrokke is. Ek glo dit sal n regter ook beïnvloed om swaarder vonnisse te gee.
Waar is die wat vir die plaasmoorde opstaan?
Niemand nie. Dis die wat plaasmoorde net ñ onderskriffie sal bly op nuuskanale.
Ek bly nie naby plaasmoord/aanval gebiede nie. Tog is dit ontstellend.

danie ·

Korrek, die wittes protesteer nie maar murmureer net vanuit hul leuenstoele in die gerief van hul sitkamers. Dit sal moet verander as hul ernstig opgeneem wil word.

CHRISTA ·

Waar was BLF met Dis-Grace se aanval op een van Suid-Afrika se landsburgers, of is dit nie vir hulle van belang nie? Staan BLF vir Bl___dy F___ls?

Hanna ·

Verstaan ek nou die saak reg: die woedende skare voor die hofgebou bepaal nou hierdie mans se lot? Wat van reg en geregtigheid? En dit terwyl die swart skieter van die jong blanke dame in Pta Noord nog nie n dag agter tralies deurgebring het nie… Wat n skande!

Sanette ·

Dit is ongelukkig so dat die “public protest” in ag geneem moet word en is EEN van die faktore wat bepaal of borgtog toegestaan moet word of nie. Ons wonderlike strafreg stelsel.

Toppie ·

KFC saak is ‘ n klug , ons almal weet die manne is nie engeltjies nie, maar net omdat hulle wit is kry hulle nie borg nie en is die storie ‘n hengse sensasie. Die weermag lid wat die wit vrou geskiet het , is nie in aanhouding nie en mens hoor niks van die saak nie, hoekom nie??

Moeg ·

Kan dit nie verstaan nie,hulle bly agter tralies maar n weermag man wat n vrou gesiek het is nog “voor die tralies” dis hoekom hulle se ons is toegesluit in ons huise maar die misdadigers loop buite rond lekker man lekker !!!!

Jacques ·

Dit is regtig belaglik . Die BLF het die mans gister in die openbaar gedreig met die dood en hy kom niks oor nie , hoekom nie? Hulle is seker bang die dorp word vernietig en af gebrand . Ek wonder of dit alles regtig die moeite werd is , is daar nie plaasaanvalle om te ondersoek wat meer belangrik is nie ??

Johan ·

Dis oor sulke nonsens dat ek nie meer in die land wil bly nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.