KFC-voorval: Drie in hof

Stephan Nel, Marius Harding, Ockert Muller, Dicky Junior van Rooyen en Joshua Schultz in die Pretoria-Noord-landdroshof (18 Augustus 2017). Foto: Phillip Bruwer

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend sal maak.

Staatsaanklaer Ronnie Sibanda voer aan die mans moet nie vrygelaat word nie, aangesien hul veiligheid nie gewaarborg is nie en ʼn gevoel van vrede in die gemeenskap ondermyn kan word. “Die aansoek om borgtog moet ook in die belang van die publiek wees, aangesien die voorval in die publieke arena plaasgevind het.”

Stephan Nel (39), Joshua Schultz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), se aansoek om borgtog is reeds goedgekeur.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou Dudu op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Konst. William Tladi, ʼn ondersoekbeampte in die saak, het vroeër tydens die aansoek om borgtog getuig en het aan die hof gesê Sono kon aan ʼn hartaanval gesterf het. Hy het gesê Sono se mond en ore het gebloei nadat hy by die kitskosrestaurant aangeval is. Hy was die tweede getuie om die borgtogaansoek van die mans teen te staan.

Tladi het aan die hof gesê beskuldigde nommer een, Stephan Nel, het by die toneel aangekom toe die bakleiery begin het, en hy het ʼn vuurwapen op Sono gerig voor hy hom saam met sy medebeskuldigdes geslaan het. “Dit is hoekom ek die borgtog teenstaan. ʼn Persoon kan sterf as jy hom teen die kop slaan.”

Adv. Francois Kriel, vir Schultz, voer aan Sono is vir ʼn knop op sy kop behandel en ʼn gebarste membraan in sy oor wat binne ʼn paar dae genees het. Hy hou vol die beserings was nie ernstig of lewensgevaarlik nie.

Tladi het aan die hof gesê die aanvallers het nie net die egpaar fisies aangeval nie, maar ook rassistiese uitlatings gemaak.

Daar is egter geen aanklagte wat met rassisme en crimen injuria verband hou op die klagstaat nie.

Nel se prokureur, Nols Nolte, het aan die hof gesê Tladi is nie vertroud met die besonderhede van die saak nie, en hy het net opdrag gekry om hof toe te kom en die borgtogaansoek teen te staan. Nolte wou weet waarom daar geen klag van crimen injuria is nie, indien Dudu Sono beledig is, aldus die polisie se weergawe.

Tladi het gesê hy het nie die klaers se verklarings geneem of die klagtes geformuleer nie. Hy het gesê hy het die dossier ontvang om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit wil my voorkom of dit die toekomstige patroon gaan wees MAW neem veral blanke mans in hegtenis en voeg dan addisionele bissare klagtes by.So duidelik soos daglig dat daar blanke mans in die beskuldige bank moet staan en dan word betogers aangery om druk op die hof te plaas en allerlei dreigemente te maak.Jacob Zuma het self al op n kol gese gedurende van sy vele verhore dat n mens nie skuldig is tot n hof jou skuldig bevind het nie.Dit is net jammer dat mede blankes so slapsakkig is en eerder saam veroordeel as om sy mede blanke te ondersteun veral as dit al uitgewys is dat dubbelstandaarde toegepas word .

Adam ·

Hoeveel keer is jy, of enigiemand in jou familie, al valslik van ‘n kriminele daad beskuldig of onregmatig in hegtenis geneem? Die antwoord is waarskynlik nul. Hoekom dink jy is dit so? Is julle bloot ‘n vredeliewende, wetsgehoorsame familie of is dit aan uitsonderlike geluk toeskryfbaar?

Spyker ·

Daar is baie erger dinge wat in die land aangaan en die hof het nog tyd om die nonsens aan te hoor . kom nou man word waķker.

Leahim ·

Die landros kan haar uitspraak gee of dit regverdig is of nie gedurende appêl sal net na feite gekyk word net soos met die 2 van middelburg en wat die polisie betref hoof van misdaadintelligensie het n vervalste matriek sertifikaat hoe lagwekkend en die werkloses wat betoog vir n verniet t hemp net so lagwekkend bemagtig jouself met kennis oor die wet hou daarby en saam gaan ons nog lekker lag vir die klomp

Eugene ·

Die probleem wat blanke mans in hierdie KFC voorval en Doodskis saak veroorsaak het is skadelik. Ons moet ophou om dit te probeer regverdig of om plaasmoorde in te bring. Plaasmoorde is n groot probleem op sy eie. Dit raak nou n hele rassehaat kwessie. Die groot probleem hier is n klomp rassiste wat heeltyd dit ontken dat hulle rassiste is .

Ronnie ·

Ons blankes moet aanvaar dat daar probeer om ond te isoleer. Ons moet eerder laag lê want daar is baie meer veraaiers onder ons eie mense

[email protected] ·

Hulle het geen skade berokken nie. Die skade wat berokken is, is die wat deur politikuste geuiter word. Al die armoede in die land word op wit mans geblameer en die massas glo dit. Die reaksie wat die sake uitlok is maar net die uitvloeisel van al die propaganda wat in die massas se ore geuiter word.

Houtoog ·

Volgens die berig is hy ‘Stephan’ of ‘Stephen’ dog naby genoeg soos ‘Winklespruit’ of ‘Winkelspruit’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.